C Dowry: Cape Institute for Agricultural Training Diploma event
(Afrikaans)

Toespraak deur Cobus Dowry, Minister van Landbou in die
Wes-Kaap by die diplomaplegtigheid, Kaapse Instituut vir
Landbou-opleiding

12 Desember 2006

Aan die studente wil ek dankie sê dat u juis Elsenburg gekies het om u
verder te bekwaam om in die toekoms 'n betekenisvolle bydrae tot landbou te
lewer. Ook baie geluk aan u wat vandag hier u diplomas en toekennings ontvang.
Ek hoop u gaan van tyd tot in u lewe terugkyk na die ervarings en wedervaringe
wat u hier op Elsenburg gehad het, en dan vir uself sê dat dit “goed” was.

Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en dan meer spesifiek,
hier by die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding glo dat opleiding in al sy
fasette 'n belangrike rol speel in ons strewe om die volhoubaarheid van landbou
te verseker, deur gespesialiseerde landbou-opleiding en die ontwikkeling van
persone wat by landbou betrokke is.

One of the realities of the changing global world that we live in is that
agriculture has also developed into a highly competitive and technologically
demanding business with many new challenges. In this regard human capital
development remains a key development area within the agricultural sector. The
human capital development model maintains that as people receive more
education, they become more productive and can more easily adapt to changing
circumstances and technology than those people who did not receive any further
education. Human capital development can therefore make a significant
contribution to the goals of the Ikapa Elihlumayo strategy.

The agricultural profile in the country has for too long reflected the
sector as being slow and even reluctant to transform. There are several reasons
for the slow pace in transformation, namely:
* ignorance regarding careers in agriculture
* distorted perceptions based on historically discriminatory policies and
relationships
* limited access to agricultural land with a high risk factor and large
financial input requirements.
* imbalance between market value and production cost.
* slow land reform and a low success rate with a high national outcry for
successful and sustainable new farmers.
* agriculture is now highly technologically driven
* mentorship transfer of skills from existing farmers to land reform
beneficiaries has been slow.
* inadequate preparation of new entrants into agriculture resulting in the
inability to manage agricultural challenges and demands resulting in ultimate
failure.

Ownership of a piece of land and the desire to farm is simply not enough to
ensure success. Human capital development and support are therefore key drivers
towards transforming farm work to a profession, and agriculture as a sector
that will grow the economy.

Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is daarop ingestel om gelyke
toegang tot landbou te verseker en seker te maak dat elkeen wat by landbou
betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste
bydrae te maak. Die groot vennoot in hierdie proses is hierdie instelling waar
u nou u kwalifikasie behaal het.

Die Departement van Landbou is baie ernstig oor ons bydrae om die Wes-Kaap
'n tuiste vir almal te maak. Soos wat die regering van ons verwag, sien ons dit
as ons plig om aan al ons mense 'n geleentheid te bied om hulle self verder te
bekwaam en ons wil veral die klem lê op mense uit die voorheen benadeelde
gemeenskappe, sodat hulle ook hulle regmatige plek in die Landbousektor kan
inneem. Ons doen dit omdat ons uit ons oortuiging glo dat ons met elke
moontlike middel tot ons beskikking, daaraan moet werk om die ongeregtighede
van die verlede uit te wis.

Net soos in elke ander beroep is dit waar dat 'n mens baie verder kom as jy
kan bewys dat jy ook formele opleiding ondergaan het. Sonder gefokusde
opleiding is dit nie moontlik nie. Ons glo dat pasgemaakte en behoefte-gedrewe
opleiding steeds een van die belangrikste hoekstene tot die bevordering van
volhoubare landboubeoefening is. Meer nog, dit is een van die kragtigste
instrumente om gelyke toegang tot die landbou te verseker.

Landbou-opleiding beklee 'n belangrike plek in die diensleweringsketting aan
begunstigdes van die regering se grondhervormingsprogram. Ons is trots op die
Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding wat, onder die vleuels van die
Departement, die voorste verskaffer van kwaliteit landbou-opleiding in die
provinsie is.

Hierdie instelling bestaan reeds vir meer as 100 jaar en het met die tye
verander om tred te hou met die behoeftes van die landboubedryf.

Die filosofie van lewenslange leer en uitkomsgebaseerde onderrig vorm die
hoeksteen van die opleiding wat in 'n verskeidendheid vorme aangebied word. Dit
is dan ook om hierdie rede dat ons probeer om opleiding so na as moontlik aan
die mense te bring deur middel van ons satelliet-opleidingsfasiliteite op
George, Oudtshoorn, Clanwilliam en in die Overberg.

Opleidingskursusse aan hulpbronarm boere en plaaswerkers in 'n hele aantal
vakgebiede soos diereproduksie, landbou-ingenieurswese, plantproduksie,
finansiële bestuur, lewensvaardighede, wingerdbou en pomologie word in die vorm
van kortkursusse op 'n gedesentraliseerde basis aangebied. Ons glo dat die
kursusinhoud ook aangepas moet word volgens die behoeftes van kursusgangers,
sodat elke kursusganger pasgemaakte opleiding ontvang.

Ons is ingestel daarop om landbou-opleiding aan studente uit voorheen
benadeelde groepe van die samelewing beskikbaar te maak, maar die kostefaktor
is nog altyd een van die groot struikelblokke. Daar is weer eens vanjaar
miljoene rande deur middel van die nasionale finansiële hulpskema vir studente
aan tersiêre instellings beskikbaar gestel. Dit is egter ontstellend om te weet
dat studente wat aan landboukolleges studeer van hierdie hulpskema uitgesluit
word. Die tragedie hiervan word eers besef as dit in aanmerking geneem word dat
opleiding aan landboukolleges veral gemik is op die behoeftes van landelike
gemeenskappe en die ekonomie van landelike gebiede. Ons by die Departement van
Landbou in die Wes-Kaap stel al vir 'n tyd lank met groot sukses beurse aan
studente beskikbaar en is voortdurend op soek na moontlike befondsingsmetodes
om aan die behoefte te voorsien.

Daar is vir baie jare baie min gedoen vir die suksesvolle ontwikkeling en
kapasiteitsbou van plaaswerkers. Ons het hierdie jaar op verskeie terreine
geleenthede aan plaaswerkers gebied om selfs oorsee opleiding te ontvang.

As deel van ons ooreenkoms met die streeksregering van Boergondië het ons
weer hierdie jaar 10 plaaswerkers gestuur om opleiding in die maak van wyn te
ontvang. Ons het in terme van dieselfde ooreenkoms vyf aspirant kaasmakers na
Beaune gestuur asook vyf persone wat opleiding in wynbediening ontvang het.

As deel van die vaardigheidsontwikkelingsprogram van die Instituut het ons
in samewerking met die wynbedryf aan vyf persone in die wynbedryf geleentheid
gebied om internasionale ondervinding op te doen met betrekking tot die bestuur
en instandhouding van vate, met die klem op die invloed van hout (vate) op
wynkwaliteit.

Die studente het vanaf 13 tot 25 November 2006, Beaune, Frankryk besoek. Aan
die einde van die kursus het die studente 'n sertifikaat van Beaune CFPPA
(Centre de Formation Professionnelle et de Promotion Agricole) ontvang.

Ons is trots op ons internasionale verbintenis met die Universiteit van
Wageningen wat ons in staat stel om deur middel van die NUFFIC Projek vyf MSc
en twee PhD studente van Elsenburg vir verdere studie oorsee te stuur.

Ek kan nie nalaat om ook die studente wat daartoe bygedra het om Elsenburg
se naam hoog te hou op die rugbyveld te bedank nie. Ons het hierdie jaar vir
die 30ste keer as die kampioenspan van die veld gestap by die PANNAR Rugbyweek
vir Landboukolleges. Nie alleen het ons die trofeë vir die wenner van die
toernooi, die meeste drieë en die mees konstruktiewe rugby gespeel, verower
nie, maar het ons ook nege spelers in die SA Landboukolleges span gehad. Die
agterspeler van die toernooi kom ook uit ons span uit.

Ek wil graag my dank uitspreek teenoor elke personeellid wat daartoe bydra
om van hierdie Instituut 'n uitstaande akademiese instelling te maak, wat reeds
sy stempel afgedruk het binne die totale transformasie van die landbousektor in
die Wes-Kaap. Dankie vir u visie en u toegewydheid om van landbou 'n ware
tuiste vir almal te maak.

Weer eens geluk aan diegene wat vandag hier diplomas ontvang het. U moet
trots wees op uself net soos wat ons trots is op u. Ek glo dat die opleiding
wat u hier op Elsenburg voltooi het, die begin van 'n nuwe era vir u elkeen sal
wees en dat die kennis wat u hier opgedoen het waarde sal toevoeg tot u eie
volkome mens wees en dat u dit sal terugploeg om ons in staat te stel om
landbou, veral in die Wes-Kaap, nog sterker te maak.

Navrae: Alie van Jaarsveld
Cell: 084 604 6701

Issued by: Western Cape Provincial Government
12 December 2006

Share this page

Similar categories to explore