Agriculture and Rural Development Budget Vote 2013 delivered by Western Cape Minister Gerrit van Rensburg

Speaker, Premier, lede van die Huis en alle landbouvriende:

Dankie vir die geleentheid om vandag die Wes-Kaapse Departement van Landbou se 2013/14 begroting aan u bekend te maak.

Landbou is onlosmaakbaar deel van die tye waarin ons leef: Landbouers (produsente en werkers) is ewe blootgestel aan die algemene stand van die wêreld ekonomie; ons plaaslike ekonomie; sosiale kwessies; behoeftes van basiese dienslewering, en ook die doodnormale menslike behoefte om te streef na `n beter toekoms vir jouself en jou familie. Hierdie integrasie van landbouers in die wêreld het duidelik na vore gekom tydens die onlangse landbou protes aksies wat ons aan die einde van 2012 en begin 2013 ervaar het.  

The one common theme that emerged from the protests was that South Africa has become a country of high hopes and equally high frustrations.

Speaker: We have become a country where people have lost faith in their ability to turn dreams into reality. We have thus become a country where we voice our dissatisfaction and sense of disempowerment with violent protests.

Speaker: when focusing on the agricultural sector, there are several factors we must take note of:

  • Produsente ervaar tans ongelooflike kostedruk. Elektrisiteit, brandstof, kunsmis en arbeid is alles insette wat vinniger gestyg het as wat plaasinkomste toegeneem het.
  • Die swak wêreldekonomie veroorsaak dat ons tradisionele markte nie meer die sterk vraag na ons produkte het nie. Kompeterende lande uit veral die Suidelike Halfrond soek almal nuwe afsetpunte. Die kompetisie is straf, aangesien baie van die lande waarmee ons kompeteer ook afhanklik geraak het van uitvoere om hul landbousektore te ontwikkel.
  • Sake word bemoeilik vir Suid Afrikaanse produsente as gevolg van die onsekerheid wat tans heers oor verskeie van ons tradisionele uitvoerprodukte: Ons kan steeds nie rooivleis uitvoer nie. Dit is weens die Bek-en Klouseer uitbraak twee jaar gelede. Ons kan steeds nie volstruisvleis uitvoer nie, alhoewel die laaste positiewe geval van voëlgriep in November 2011 aangemeld is. Ons kon sedert 2010 nie perde uitvoer as gevolg van Afrika perdesiekte. Ons sitrusbedryf loop tans die gevaar om sy swartvlek-vrye status te verloor.
  • Weak market demand is pushing the price producers get for their produce down. Thus we have higher input costs together with lower product prices. This means less profit on the farm. Recent statistics show that table grape producers in the Berg River region currently farm at a loss of R17 000 per hectare.
  • When labour brokers operate outside the ambit of our Labour Law, the opportunities for worker exploitation are numerous.
  • The high level of unemployment in South Africa is making competition for work very fierce. This is even more so in the unskilled labour market. Agriculture remains one of the few sectors in our economy which can absorb unschooled labour to some extent. Therefore we see each year how thousands of hopeful jobseekers flock to the Western Cape. And as the Premier noted in her State of the Provence address: It is a bitter irony that job seekers are coming from the most fertile areas in South Africa and Southern Africa to seek employment on the rocky mountain slopes of De Doorns in the Western Cape.

Speaker, hierdie kompeterende belange het  druk opgebou om die perfekte teelaarde te skep vir die orkestrering van die protesaksie wat in November 2012 uitgebreek het. Die vlakke van geweld en saakbeskadiging was van `n ongekende omvang, en hopelik iets wat ons Provinsie nooit weer sal sien nie.

Speaker, ek wil dit baie duidelik maak dat geen politieke gewin die dood van mense of die beskadiging van eiendom regverdig nie. Ek wil my dank teenoor die Suid Afrikaanse Polisiediens uitspreek vir hul harde werk onder moeilike omstandighede tydens die protesaksie.

Speaker: As a responsible government, we must do everything in our power to prevent similar violent episodes. We need to investigate and drill down to the very bottom of all the factors and conditions which created the environment for these violent protests.

Speaker: We must create the conditions for ordinary South Africans to regain trust in their dreams again. We must create the enabling environment for people to pursue their dreams.

It is within this context that I am presenting the 2013/14 budget today. We have been allocated a budget of R610 million. How can we best use these funds in order to restore hope for the future? How can we, as government, create the space for farmers and farm workers to dream again?

Speaker: en laat ek dit ook onomwonde stel: Ons kliente, die landbou gemeenskap van die Wes-Kaap, verdien net die beste, want hulle is die beste. Hierdie feit word elke jaar herbevestig wanner die SA Boer van die Jaar uit die Wes-Kaap kom. Dit word elke jaar bevestig met die aankondiging van die Wes-Kaapse Plaaswerker van die Jaar. Dit word bevestig deur die feit dat ons boere `n landbousurplus vir die uitvoermark kan verbou in een van die 30 droogste lande ter wêreld.

Speaker, allow me to thank the team from the Department of Agriculture, and in particular Joyene Isaacs, my Head of Department. This Department has performed very well over the past 4 years. It has been crowned as the South African Department with the best Annual Report for two consecutive years. It has been acknowledged as the Best Research Department in South Africa. It has been acknowledged as the most female empowered department in South Africa.

And a special word of congratulation to Dudley Adolph. He has come through the ranks at the Department of Agriculture, and has now been appointed as Acting Deputy Director-General.

Speaker, die landbougemeenskap kan vertrou dat hierdie span mense ook die 2013/14 begroting op dieselfde hoë standaard sal hanteer as waaraan ons gewoond geraak het. Ons gaan ons uiterste bes doen om toe te sien dat die maksimum voordeel vir die Wes-Kaapse landbousektor ontgin word deur die aanwending van ons begroting. Dankie aan Floris Huysamer. Dit is jou werk om toe te sien dat die geld reg gespandeer word.

Hier is dan die 2013/14 Landbou en Landelike Ontwikkeling begroting soos per program binne ons departement:

Sustainable Resource Management: R47.6 million. Water is the lifeblood of farming in South Africa It is also a very scares and precious resource. We want to increase agricultural production with 10% over the next 10 years, and this is directly linked to our ability to use water more effectively. Water management is therefore a strategic priority for this Programme; this Department, and ultimately for the agricultural sector.

Ons sateliet en internet besproeiingsprogram het sedert 2009 bewys dat dit `n waardevolle instrument vir besproeiingsboere is. Sateliet beelde word ingespan om aan boere wetenskaplike besproeiingsdata te verskaf. Ons gaan hierdie projek onderhou en ook uitbrei om meer gewasse en areas in te sluit.

Ons het reeds 35km se indringerplantegroei aan die oewers van die Bergrivier verwyder en die oewers met inheemse plantegroei hervestig. Hierdie werk is uiters duur, tydrowend en arbeidsintensief. Ons beoog om vanjaar nog 10km te rehabiliteer. Indien ons die totale loop van die Bergrivier, 260km lank, kan hervestig met inheemse plantegroei, sal ons genoeg water spaar om 1500 hektaar onder besproeiingsgewasse te vestig.

Veels geluk aan Andre Roux en sy span vir die werk wat hulle doen om ons kosbare hulpbronne te bewaar en doeltreffend te benut. Hul harde werk is verlede jaar erken met drie Landcare toekenning: Twee goue medaljes vir bewaringsprojekte by Suurbraak en Genadendal, asook `n bronsmedalje vir die werk van Dirk van Papendorp as mentor vir die Suurbraak bemagtigings inisiatief.

Speaker: Goeie heinings maak goeie bure. Hierdie gesegde is baie waar wanneer dit by roofdierbeheer kom. Alle roofdierbeheerstratigieë berus daarop dat heinings in stand gehou moet word, sodat dierebewegings beheer kan word. Ons het dus verlede jaar met Landcare-fondse met `n heiningprojek in die Beaufort Wes omgewing begin. Daar is reeds 80km se roofdierheining gespan, en indien daar weer fondse in die toekoms beskikbaar gestel word, sal ons met hierdie werk voortgaan.

The frequency of natural disasters in our province over the past six years is an indication of what we can expect in future times as climate change take effect. We are expecting more extreme climatic events. More intense droughts and floods might occur more frequently. This department has managed R127 million for disaster relief since 2009.

We have therefore now established a new sub-programme, Disaster Risk Management. This programme will provide our clients with technical assistance and support them in developing risk mitigation and prevention strategies.

Farmer Support and Development R227.9 million

Hierdie Program ontvang die leeue aandeel van ons begroting, en dit is waar ons pogings om nuwe boere te vestig en te ondersteun gekonsentreer word. Dit bly `n prioriteit van die Wes-Kaapse Landbou Departement, maar ook van die Provinsiale Regering, dat grondhervorming en bemagtiging in landbou suksesvol moet wees.

Ons het verlede jaar `n interne opname onder projekte gedoen wat aangedui het dat 70% van ons nuwe boere marktoegang vir hul produkte het; goeie boekhouding toepas, en volgens `n besigheidsplan werk. Maar slegs 38% van ons nuwe boere voldoen aan die basiese vereistes van Arbeidswetgewing en slegs 50% kom belastingverpligtinge na.

Ons gaan dus vanjaar finansiële en arbeidswetgewing opleiding aanbied om ons nuwe boere ook op hierdie terreine te ondersteun.

Ons interne opname word ook vanjaar verder geneem deurdat ons `n onafhanklike en eksterne oudit van al ons bemagtigingsprojekte gaan doen. Hierdie inligting sal ons help met beplanning en dienslewering. Dit sal ook onafhanklike perspektief verskaf ten opsigte van hoe suksesvol ons intervensies sedert 2009 was.

We will continue our commodity approach with empowerment projects. We have created expert panels for each commodity, consisting of government and private sector experts. This ensures the very best support for our empowerment beneficiaries. A total of 60 new projects, worth R135 million, will be initiated and funded through our conditional grant allocation in this financial year:
Speaker, this means that since 2009 the Department has supported a total of 252 projects through the commodity approach to the value of R 410 m. This has covered all 10 commodities currently involved across the entire province. In addition, through our ‘Boompie’ project a total of 438 ha have been planted in collaboration with HORTGRO.

Thank you to Mogale Sebopetsa for your commitment towards this programme.

Speaker, allow me also to mention and welcome Casidra here today. Casidra has been appointed as the sole implementation agent for the Western Cape Department of Agriculture, in an attempt to further enhance the efficiency with which we deliver projects and services on the ground. Welcome and good luck to Stefan Conradie, the newly appointed Chief Executive Officer.

Speaker, die Wes-Kaapse Regering bly verbind tot aandeelhoudingskemas as `n model vir landboubemagtiging, transformasie en grondhervorming. Ons glo dat 95% van projekte suksesvol is. Ons glo nie, soos die ANC regering, dat hierdie skemas afgeskiet moet word as gevolg van 5% mislukkings nie. Ons stem nie saam dat 5% genoeg gronde is om nie nuwe projekte van hierdie aard te finansier nie.

Ek verwys skeptici graag na projekte soos Bronaar van die Van der Merwe’s; of Crispy, van die Du Toit Groep; of Denou van die Goosen Familie. Ek daag enige persoon uit om hierdie projekte te besoek en dan vol te hou dat aandeelhoudingskemas nie werk nie

Ek wil elke onderneming wat die geleentheid aangegryp het, toe dit bestaan het, om `n aandeelhoudingskema te begin, van harte bedank. U het `n daadwerklike vennnootskap met u werkers gestig. Ons land se geskiedenis sal reflekteer dat u die mees suksesvolle en blywende transformasie en bemagtiging in die eerste 20 jaar van ons land se demokrasie te weeg gebring het. Dankie vir u positiewe gesindheid.

Speaker, Food security projects are of vital importance in especially impoverished communities. We will spend close to R10 million on the establishment of 1 036 home food gardens as well as 85 community gardens.

We will also initiate a “Fly-over” project of the Province, costing R8 million this year. The aim of this project is to use aerial photography in order to create a map of all crops in the Province. This map will provide us with valuable information in order to direct policy for the future.

Veeartsenydienste: R64.7, `n 19% verhoging vanaf 2012/13.

Die veeartsenydienste personeel van ons departement skarrel sedert 2009 rond van die een krises na die volgende een: Slenkdalkoors in 2009; Afrikaperdesiekte in 2010; Voëlgriep in 2011, wat veroorsaak dat 48 000 diere van kant gemaak word en kompensasie van R62 miljoen uitbetaal  moet word aan produsente.

Die bestuur van hierdie uitbrake het ons personeel onder ongelooflike werksdruk geplaas, aangesien hul roetinewerk nie agterweë kon bly nie. Ek bedank dus graag vir Dr Gininda Msiza en sy span vir harde en moeilike werk die afgelope paar jaar.

Speaker, the demand for export control and certification of animal products from the Western Cape is increasing. Animal disease management, together with the withdrawal of the national department from rendering export certification services, has stretched our veterinarian component to the limit. We are therefore pleased to announce an additional R7.5 million received to fund 3 new state veterinarian positions.

The programme will also be able to assist producers with the procurement of vaccines such as for Rift Valley fever, rabies, brucellosis, anthrax, African horse sickness and Newcastle disease. My Department does between 50 000 and 70 000 rabies vaccinations per year, and this year will be no exception.

Speaker, daar is ook goeie nuus. Ek het vroeër verwys na Afrikaperdesiekte en die verbod op perde uitvoere. Ons is positief oor die moontlikheid om hierdie aangeleentheid teen die middel van vanjaar opgelos te hê. Dit is `n feit dat dieresiekte-uitbrake onmoontlik is om te voorkom, maar ons kan steeds als in ons vermoë doen om dit so veel as moontlik te beperk

Navorsing en Tegnologie Ontwikkelings Dienste: R95 million, `n 7% verhoging vanaf 2012/13.

Navorsing bly `n prioriteit van hierdie Departement. Ons hou die fokus op basisnavorsing wat poog om met minder insette beter uitsette te verkry. Daar sal ook `n klem op “klimaatslim” tegnologie ontwikkeling wees.

Navorsing in bewaringsboerdery metodes, soos geen bewerking en minimum bewerking, word voortgesit. Bewarings navorsing word gekoordineer deur die Wes-Kaap Bewarings Landbou innisiatief. My Departement ondersteun hierdie beweging.

The sustainability of our research farms will be a focus point in this financial year. We will seek innovative ways in which to utilise agricultural water; farm generated waste products, and on farm renewable energy generation. This year will see the inauguration of our pilot biogas plant at the Outeniqua Research farm in George. We will be converting manure into biogas and electricity. This project, in conjunction with public works, will serve as a research model to encourage the private sector to adopt new and novel energy models.

Die onlangse Voëlgriep uitbraak het ook die departement se waardevolle volstruis navorsingskudde geraak. Ons het gevolglik `n biosekuriteitsplan onwikkel en suksesvol geimplimenteer op ons Oudtshoorn navorsingsplaas. Ons is ook bly om aan te kondig dat ons jaarlikse volstruisveiling weer vanjaar sal plaasvind, nadat dit verlede jaar onmoontlik was as gevolg van die virus uitbraak.
Die Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsprogram is verantwoordelik vir die koordinering van die Wes-Kaapse Landbou Navorsing Forum. Hierdie Forum koördineer alle navorsing vanuit die verskillende instansies om duplisering te voorkom en uiteindelik die maksimum voordeel vir die navorsingsgemeenskap te bewerkstellig.

Dr Ilse Trautmann: Dankie vir die passie waarmee jy met jou werk omgaan.

Agricultural Economic Services: R17.8 million, an 18%increase from 2012/13. The world economy has not recovered from the global financial crises in 2009. As such, our traditional export markets in the EU cannot be relied on as sole destination for our produce. New markets in India, China and Africa need to be developed. We need to invest in market research, marketing and branding activities in order to create the suitable environments for our producers to do business.

This year will see us hosting an Africa information day where we will create the platform for business and government to investigate new opportunities on the African continent. We will once again take part in the Yantai International Wine Festival, which has over the past three years become an important event on our export wine business agenda.

Through the hard work of this programme, we have since 2009 been able to support 91 companies in overseas marketing visits and exhibitions. Thank you to Bongiswa Matoti for being willing to spend so much time away from your family while abroad, supporting our exporters.

Die boek wat julle vandag ontvang is ons tweede boek in `n reeks oor Departementele suksesverhale. Hierdie uitgawe fokus op ons marktoegangsprogram. Ek hoop dat u geïnspireerd sal wees wanneer u dit lees.

Die Agribesigheidsbeleggingseenheid, wat in 2009 by Wesgro begin is, het R278,2 miljoen gewerf vir beleggings in landbou in die Provinsie. Ek wil my dank betuig aan die Eenheid vir hulle harde werk, maar ook aan elke belegger wat moeite maak met ons landbou ekonomie. Julle finansiële insette in ons landbou bedryf genereer meer werksgeleenthede as enige ander bedryf in ons ekonomie.

Internasionale handel word al hoe meer beïnvloed deur sosiale en omgewings-verantwoordelikheids kwessies. Suid-Afrika is op die Verenigde State se hoë risiko lys met betrekking tot sosiale kwessies. Dit is uiters belangrik dat Suid-Afrika hierdie situasie verbeter.

Die vrugte- en wynbedrywe is besig om pro-aktief aan verskeie etiese handelsinisiatiewe deelteneem om hierdie uitdaging aan te spreek. Ons wynbedryf is die wêreldleier met Fair-trade akkreditasie. Beide die wyn- en vrugtebedryf het ook etiese kodes gevestig wat nie net aan internasionale norme en standaarde vir etiese handel voldoen nie, maar dit oortref.

Die Wes-Kaapse regering is trots op julle vir hierdie werk. My departement sal R2 miljoen van die begroting aanwend om die Wynbedryf se Inisiatief vir Etiese Handel (Wieta), en die vrugte bedryf se Volhoubare Inisiatief vir Suid-Africa (Siza) te ondersteun. Hierdie is nog ‘n goeie voorbeeld van hoe die Regering met die privaatsektor saamwerk om wen-wen situasies te bewerkstellig.

Met hierdie geleentheid wil ek ook elke produsent bedank wat deelneem aan hierdie etiese inisiatiewe. Robertson Wyne was die eerste koöperasie om al 43 primêre verskaffers vir Wieta te registreer. Julle stel `n voorbeeld wat ander kan volg.

Structured Agricultural Education and Training: R48.4 million.

Speaker, our hope lies in the future and the future belongs to our children. It is today’s youth who will have to carry us into tomorrow. It is also the youth that will dictate whether South Africa’s social transformation is progressing in the right direction.

Speaker, but of more importance is the fact that agriculture needs skilled professionals and skilled workers equipped for the changing needs within the sector.

It has come to my attention that there is a need for specialised training on modern agricultural machinery. We will in conjunction with the private sector, facilitate this need.

Ek is opgewonde oor die 438 studente wat ingeskryf is in ons verskeie Hoër Onderwys en Opleidingsprogramme. Hierdie jaar is 117 Hoër Onderwysstudente en 72  Leerderskapstudente ingeneem in die onderskeie programme.      

Ons het 14 nuwe beurse in 2012 toegeken en 23 is hernu, teen ‘n koste van R1,4 miljoen. ‘n Verdere 47 beurse was verkry van skenkers van buite, wat ook altesaam R1,4 miljoen uitmaak.

A further 1 600 people benefitted from non-formal skills training programmes. We finalised an extensive Cellar upgrade at Elsenburg last year. The Cellar is now once again fully operational and has been accredited for environmental sensitive processes. I am confident that we will be able to deliver the calibre of wine makers that the industry is searching for.

I want to thank Marius Paulse and his management team for ensuring that Elsenburg continues to be the top agricultural college in South Africa.
Landelikeontwikkelings koordinasie: R22 miljoen, wat ‘n 35% styging op 2012/2013 verteenwoordig. Speaker, die verhoging in die toekenning aan hierdie Program is ‘n bewys van die Provinsiale Regering se verbintenis om maniere te ondersoek en oplossings te vind vir die onrus wat ons die afgelope somer ervaar het.

Landbou is een van die hoekstene van ons Provinsie se ekonomie. Plaaswerkers help om dit moontlik te maak en word om hierdie rede erken vir die onmisbare rol wat hulle in ons ekonomie speel. Daar is sowat 190 000 plaaswerkers in die Wes-Kaap. Dit is 24% van al die plaaswerkers in Suid-Afrika. Alhoewel permanente plaaswerkers in die Wes-Kaap 34% beter vergoed word as op enige ander plek in die land, is ons bewus daarvan dat daar nog uitdagings is.

Ons Plaaswerker-ontwikkelingsprogram, wat onder Landelike-ontwikkeling val, sal R17.4 miljoen ontvang van die 2013/14 begroting.

Fokus areas sluit in:

  • Sosiale opheffing en lewensvaardigheid orientasie
  • Alkohol-en dwelmmisbruik
  • Plaaswerker opleiding en loopbaan ontwikkeling
  • Toegang tot informasie.

Ons jaarlikse Plaaswerker van die Jaar kompetisie raak elke jaar meer gewild en die Gala aand in November 2012 by die Kaapse Konferensie Sentrum was weereens ‘n hoogtepunt van ons kalender. Baie geluk aan Willem (Wimpie) Paulse, ons 2012 wenner. Hierdie kompetisie gee erkenning vir die waardevolle bydra wat plaaswerkers in ons Provinsie se ekonomie maak. Dit skep ook rolmodelle en wys dat daar baie geleenthede en loopbane binne landbou is waarna gestreef kan word.

Ek bedank graag vir Shoprite vir hulle vennootskap met ons as amptelike borg. Julle R750 000 borgskap help om die beeld van die geleentheid en plaaswerkers verder te verbeter.

In direkte reaksie op die stakings, het ons die voltooiing van ‘n basislyn opname oor plaaswerkers in die Provinsie geprioritiseer. Dit sal ons help om die sosiale behoeftes van plaaswerker te identifiseer en te moniteer sodat ons met toepaslike beleid kan reageer op die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Speaker, the development of our rural areas can play a significant role towards the alleviation of poverty in our province. The main focus of our Rural Development Programme is therefore to coordinate various government institutions and departments in strategic investments in our rural areas. We are also establishing social structures which will make these communities more accessible for investments from outside.

Since its inception in 2009, we have made good progress. I can today report that a total of 11 rural nodes have been established. We have coordinated the listing of 229 development projects worth R305.6 million until 2014. This has resulted in 1660 temporary employment opportunities and 3285 people received training in the process. Thank You to Tony Xaba, our new Acting Chief Director: Rural Development Coordination. You are managing large flows of money with a relatively small budget, but your work will leave a long term legacy behind.

Dan wil ek ook graag vir Johan Coetzee en almal in my kantoor bedank. Dankie ook aan Christa vir jou ondersteuning.

Speaker, ek sluit af:
Namens die Premier en die Wes-Kaapse Regering wil ek vir elke landbouer dankie sê vir u positiewe bydraes die afgelope jaar. U sorg dat ons elke dag genoeg voedsel op ons tafels het en dat daar steeds genoeg vir uitvoere ook is. U is belangrik vir die Wes-Kaap. Mag die Vader u seën as landbouers, maar ook u arbeid.

Province

Share this page

Similar categories to explore