Meld ’n bedryfsiekte by die Vergoedingsfonds aan

Jy moet die Vergoedingsfonds in kennis stel wanneer ’n werknemer ’n siekte opdoen of sterf ná blootstelling aan ’n gesondheidsgevaar by die werkplek.

Bedryfsiektes is siektes wat veroorsaak word deur middels of toestande waaraan die werker by die werkplek blootgestel is.

Jy moet bedryfsiektes binne 12 maande vanaf die besering, diagnose van ’n siekte of die datum van afsterwe aanmeld.

Vind meer uit oor hoe om ’n bedryfsiekte by die Vergoedingsfonds aan te meld of kontak die Vergoedingsfonds.

 

Share this page