GHLO-toekenning

Hoe om aansoek te doen vir 'n toekenning ingevolge die program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO)

Die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO)-sub-program is ontwerp om voorheen benadeelde burgers, dit wil sê swart, bruin en Indiër-burgers, te help om grond vir landboudoeleindes te bekom, of om grond wat reeds verkry is, beter te benut.

Om te kwalifiseer moet jy:

  • 'n lid van 'n voorheen benadeelde groep wees (swart, bruin of Indiër)
  • 18 jaar of ouer wees
  • voornemens wees om die grond slegs vir landboudoeleindes te gebruik
  • van plan wees om voltyds te boer
  • nie enige pos in die staat beklee nie
  • bereid wees om deel te neem aan 'n opleidingsprogram nadat jy die grond bekom het
  • in 'n posisie wees om jou eie bydrae te maak
  • 'n georganiseerde entiteit wees indien jy as 'n groep aansoek doen
  • 'n bankrekening hê.

Suksesvolle boere wat graag hul bedrywighede wil uitbrei, kan vir verdere toekennings aansoek doen, maar die totaal van HGLO-toekennings aan een aansoeker mag nie meer as R430 000 857 100 beloop nie. ’n Mens noem dit progressie waar 'n mens van kleinskaalse boerdery tot kommersiële boerdery vorder.

Aansoekers kan verdere kapitaal, wat nodig mag wees om 'n boerderyprojek te begin of uit te brei, indien die toekenning nie genoeg is daarvoor nie, by die bank bekom. 'n HGLO-subsidie is nie terugbetaalbaar nie aangesien dit nie 'n lening is nie.

'n Formule word gebruik om te bepaal hoeveel 'n aansoeker moet kry. ’n Mens noem hierdie formule 'n glyskaal – 'n mens gee 'n klein bydrae en kry 'n groot toekenning, en later gee ’n mens meer en kry minder. Om vir 'n toekenning van R11 115 220 000 te kwalifiseer moet jy R513 000 bydra. Die inset hoef nie in kontant te wees nie, dit kan ook in die vorm van boerderytoerusting, vee en ander landboubates, selfs arbeid, wees.

Wat om te doen

  1. Identifiseer die grond wat jy wil koop. Die provinsiale grondhervormingskantoor of die distrikskantoor naby jou sal vir jou inligting oor die beskikbare grond kan gee. Hulle het selfs inligting oor grond wat deur die gebiedgebaseerde beplanningsproses geoormerk is. Alternatiewelik, het jy dalk reeds grond tot jou beskikking, soos kommunale grond.
  2. Nader die provinsiale grondhervormingskantoor of die distrikskantoor naby jou om vir ’n toekenning aansoek te doen.
  3. Die volgende moet jou aansoek vergesel:
    • 'n Grondgebruikvoorstel of plaasplan (projekvoorstel) indien daar een is. Indien nie, sal die grondhervormingskantoor help om een te genereer.
    • 'n Opsie om te verkoop teen 'n ooreengekome prys, indien met die opsie om te koop verhuur is.
    • 'n Lys van lede van die huishouding of lede van die groep en hul identifikasies, indien die voorstel vir 'n groep is.
    • 'n Waardasieverslag indien daar een is. Indien nie, sal die provinsiale grondhervormingskantoor of distriksgrondhervormingskantoor help om een te genereer.

Hoe lank neem dit?

Onder normale omstandighede neem dit 'n minimum van vier maande, maar dit kan langer neem, afhangende van die kompleksiteit van die projek.

Hoeveel kos dit?

'n Minimum bedrag van R11 115 220 000 vereis 'n minimum eie bydrae (kontant of in goedere) van R135 000. 'n Maksimum bedrag van R143 085 700 000 vereis 'n maksimum eie bydrae van R5 400 000. Tussen die minimum en maksimum bedrae is daar 'n kontinuum van toekenningsbedrae, afhangende van eie bydrae van die aansoeker.

Vorms om te voltooi

Jy sal by die provinsiale kantoor van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming of die plaaslike landbou-uitbreidingskantoor 'n vorm kry om te voltooi.

Wie om te kontak

Share this page