Aansoek om chemikalieë in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ‘n aansoek om chemikalieë in te voer

Om sekere chemikalieë na Suid-Afrika in te voer moet jy toestemming van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) kry. ITAC sal besluit of dit in die beste belang van die publiek is om die chemikalieë in te voer.

Chemikalieë word beheer om te voldoen aan die bepalings van die Montreal-protokol en die 1988 Verenigde Nasies se Konvensie teen Onwettige Dwelmhandel. Hierdie is internasionale pogings om onderskeidelik die osoonlaag te beskerm en internasionale dwelmhandel te beveg.

Wanneer jy aansoek doen vir ‘n permit om gelyste chemikalieë in te voer moet jy ‘n aanbevelingsbrief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) of die Departement van Omgewingsake kry.

Wat om te doen

  1. Voltooi die volgende aansoekvorms:
  2. Dien die volgende in:
    • ‘n afskrif van jou BTW-sertifikaat
    • ‘n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument indien jy nie in besit van ‘n BTW-sertifikaat is nie
    • aanbevelings van die SAPD in die geval van chemikalieë wat gelys is in die 1988 Konvensie teen Onwettige Dwelmhandel
    • aanbevelings van die Departement van Omgewingsake indien die chemikalieë in die Montreal-protokol gelys is.

Tydsduur

Dit kan tot drie dae neem vir ‘n invoerpermit om toegestaan te word.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis, maar jy moet doeaneregte aan SARS betaal. Doeaneregte word bereken as persentasie van die waarde van die goedere soos uiteengesit in die Wet op Doeane en Aksyns. Jy kan meer inligting kry op die SARS webwerf.

Vorms om in te vul

Wie om te kontak

 

ITAC national office - Import and Export Control

Tel: 0861 834 384, 012 394 3590, 012 394 3591
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X753 Pretoria, 0001
Web address: http://www.itac.org.za

Share this page