Akwakultuurontwikkeling- en -verbeteringsprogram (AOVP)

Die Akwakultuurontwikkeling- en –verbeteringsprogram (AOVP) is ‘n aansporingsprogram vir Suid-Afrikaans geregistreerde entiteite wat betrokke is by primêre, sekondêre en aanvullende akwakultuuraktiwiteite. Dit is gemik op beide mariene en varswater (visbroeierye en visplase) en op die produksie, verwerking en preservering van akwakultuurvis. Die toelaag word direk toegestaan aan goedgekeurde aansoeke vir nuwe, opgraderings- of uitbreidingsprojekte.

Die program bied ‘n terugbetaalbare kostedelingstoelaag tot ‘n maksimum van R40 miljoen kwalifiserende koste in masjinerie en toerusting, grootmaatinfrastruktuur, grond en/of geboue, huurverbeterings, en aktiwiteite wat mededinging verbeter soos uiteengesit in artikel 8 van die AOVP-riglyne.

Vind meer uit omtrent die program by die Departement van Handel en Nywerheid.

the dti Customer Contact Centre
Tel: 0861 843 384

 

Share this page