Dowry, Provinxiale Minister van Landbou in die Wes-Kaap
23 November 2007
Dit is amper asof die geskiedenis homself herhaal op dag en datum. Verlede
jaar het ek op 24 November 2006 in amper soortgelyke projek in 'n ander deel
van die provinsie, naamlik Op die Berg naby Piketberg, 'n behuisingsprojek aan
56 gesinne oorhandig. Wat nog meer merkwaardig is, is dat die twee projekte
feitlik dieselfde naam het. Die ander projek staan bekend as die Oak View
Village.
By daardie geleentheid het ek onder andere gesê, en ek haal aan: "Die
afgelope twee weke was werklik waar 'n tydperk van hoogtepunte en laagtepunte
vir ons in landbou. Twee Saterdae gelede het ons 'n wonderlike ervaring gehad
waar ons nie minder as agt bemagtigingsprojekte aan plaaswerkers oorhandig het
waar hulle nou ook volwaardig deel sal hê aan dieselfde boerdery-aktiwiteite
waar hulle tot nou toe net werkers was.
"Die Maandagoggend is ons almal geruk deur die grusame ongeluk waarin
plaaswerkers hulle lewe verloor het op pad werk toe. In die twee weke tot nou
toe het ons as provinsie en landbougemeenskap gewys dat elkeen vir ons
belangrik is in hierdie groter familie. Die regering van die Wes-Kaap, private
ondernemings, die breë gemeenskap en die landbougemeenskap het onmiddellik
gereageer om die groot verlies vir die agtergeblewenes sowel as die
geaffekteerde persone so lig as moontlik te maak."
U weet almal van die twee padongelukke wat die lewens van plaaswerkers die
afgelope twee weke geeis het. Hierdie gebeure het ook weer eens die lot van
plaaswerkers onder die soeklig gebring, en mense wat nie weet nie vra vir ons
wat doen julle om plaaswerkers se omstandighede te verbeter.
Ek haal graag vir u aan uit my begrotingstoespraak op 14 Junie hierdie jaar
waar ek gesê het: "As a housing solution for farm workers, agri villages seems
to be the right option. We will need the full cooperation of all departments
and spheres of government to succeed. Farm workers will gain access to full
title of a property in this way."
As much as we acknowledge the contribution of the majority of farmers to
improve the circumstances of their workers, there are still to many reports of
incidents of maltreatment of workers and the non-compliance to the minimum wage
structure and health and safety regulations. It is high time that other
departments such as the Department of Labour assist us with the regulating of
labour issues on farms.
Nog 'n belangrike fokus vir hierdie jaar sal die heropleiding van werklose
uitgesette plaaswerkers wees. Hierdie groep is regtig kwesbaar en al is die
bestuur of beheer van uitsettings nie ons mandaat nie, lê die verknorsing
waarbinne hulle hul dikwels bevind, my na aan die hart. Vir hierdie rede gaan
ons poog om aan hierdie groep mense nuwe vaardighede soos sweiswerk, basiese
konstruksiewerk en instandhouding van besproeiingstelsels, te bied. Ook het ons
vroeër hierdie week 'n uiters suksesvolle konferensie vir sowat 300
plaaswerkers, produsente en kundiges aangebied oor alkoholmisbruik onder
plaaswerkers en die moontlike voorkoming daarvan. Ons help alreeds vir
FASfacts, 'n nie-regeringsorganisasie wat op fetale alkoholsindroom fokus, 'n
bydrae van R738 928 gegee om opleiding aan leerders sowel as volwassenes te
bied. Hierdie is 'n vierjaar projek.
Een van die plaaswerker-ontwikkelingsinisiatiewe waarop ek geweldig trots
is, is ferm gebou op vennootskappe. Die idee is om die lewensomstandighede van
plaaswerkerkinders in die Aan De Doorns-omgewing te verbeter en die groot
behoefte aan 'n veeldoelige gemeenskapsaal, 'n addisionele klaskamer, 'n crèche
en sportfasiliteite aan te spreek. Die grond langs die Aan De Doorns Primêre
Skool is deur die plaaslike boer, Steven Hugo, beskikbaar geste.
In die Wes-Kaap wil ons hê dat die woorde; "Waardigheid, Billikheid en
Welvaart nie net dooie woorde sal wees nie, maar dat 'n lewende werklikheid vir
elke inwoner van hierdie provinsie sal wees in ons strewe om 'n tuiste vir
almal in die Wes-Kaap te skep. Binne in hierdie proses is dit egter so dat ons
as Regering dit nie alles alleen kan doen nie, maar het ons almal se
samewerking nodig om die ongeregtighede van die verlede aan te spreek en die
regering se planne tot uitvoer te bring. Een van daardie doelwitte is om aan
mense die reg te gee tot toegang tot huisvesting.
Hierdie tuiste wat die regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons
projekte soos hierdie waarby u betrokke is in ons gemeenskappe wil vestig om u
deel te laat hê aan welvaart wat ons in die Provinsie wil skep. Dit beteken ook
dat elkeen 'n blyplek van sy eie sal hê waarop hy of sy trots kan wees. Dit
beteken ook dat baie van u wat u lewe hier deurgebring het nie hiervandaan hoef
pad te gee nie.
As Minister van Landbou in die Wes-Kaap is ek bekommerd oor die bewerings
dat daar toenemende voorvalle rondom uitsettings en die hele kwessie van
verblyfreg is. Nie net bring dit onsekerheid by u as mense wat lank op 'n
sekere plek gewerk het nie, maar bring dit ook spanning mee binne die
landbousektor en meng dit in met die hooftaak van landbou, naamlik om toe te
sien dat daar kos op die tafel van die mense van hierdie land is. Dit kan ook
'n verkeerde beeld skep by die mense in die buiteland waarna ons, ons produkte
uitvoer en hulle mag net besluit dat hulle nie meer ons produkte wil koop nie.
Die gevolg hiervan is dat daar 'n vermindering aan inkomste is wat daartoe kan
ly dat mense afgedank word en hulle inkomste verloor.
Dit is vir ons aangenaam om te weet dat dit nie net die regering is wat by
projekte betrokke is om die ongelykhede van die verlede uit te wis nie, maar
dat kommersiële boere en georganiseerde landbou en privaat instansies, almal
betrokke is om seker te maak dat ons 'n vennootskap het wat werk en wat toesien
dat bemagtiging in Landbou in die Wes-Kaap behoorlik plaasvind. Hierdie projek
is 'n sprekende voorbeeld hiervan.
Hoekom is ons saam met u bly oor wat vandag hier gebeur?
Vandag word die titelaktes van 107 huise aan inwoners oorhandig tesame met
'n ouetehuis met agt wooneenhede vir egpare. Daar is nog een bewoonbare eenheid
wat nie vandag oorhandig gaan word nie.
Daar is ook ander geboue en fasiliteite wat aan die Oaks Village Korporasie
oorgedra word.
* a primary school, government run, with three extra teachers funded by the
Molteno Brothers Trust; 145 children from grades 1 to 7 attend the school and
they are all from the Oaks Village
* a library and after school care centre with resource facility and computer
centre, run by a librarian and two after school carers, approximately 180
children attend after school care
* youth centre and youth cycle shed that is in the process of being upgraded
with ben, which stands for bicycling empowerment network and i understand that
you will get about 150 bicycles
* two swimming pools
* club house with cricket and rugby fields with netball court
* recreational hall that can accommodate 250 people with a stage
* crèche for farm children, approximately 80 children in season with 11
professional and support staff
* church for the use by various denominations; and a
* graveyard that is used by the community.
The employees and pensioner residents have access to the Molteno Brothers
clinic, serviced by a fulltime sister and assistant with a doctor that visits
three times a week, and the farm has a fulltime social worker.
Programdirekteur, ek wil afsluit deur vir u te sê dat met die oorhandiging
van hierdie 107 huise en ander fasiliteite wys ons vir u wat gedoen kan word
wanneer ons mekaar se hande vat. Hierdie is 'n gebeurtenis wat deur die
regering saam met produsente geskep is om aan u te sê dat ons ernstig is om die
ongelykhede van die verlede uit te wis. Ons wil hê dat u moet voel soos ware
huisgenote in die tuiste vir almal wat deur die ANC regering in die Wes-Kaap
gevestig word.
Ek wil my dank aan al die Molteno Broers Trust betuig vir die toewyding aan
die projek, nie omdat u gedwing voel nie, maar omdat u glo dat dit die regte
ding is om te doen deur ook aan ander die geleentheid te bied wat vir baie jare
van hulle ontneem is. Ek wil ook my dank aan die amptenare van die Departement
van Grondsake oordra vir die werk wat u ingesit het om die projek tot op
hierdie stadium te bring. Ek wil ook in dieselfde asem vir die begunstigdes vra
om hierdie bates wat julle nou bekom het, op te pas en te versorg sodat julle
kinders en hulle kinders ook voordeel daaruit kan trek.
Issued by: Ministry of Agriculture, Western Cape Provincial Government
23 November 2007