- besoek Elim Melkeryprojek
5 March 2009
Geagte programdirekteur, verskeie verteenwoordigers van organisasies wat
betrokke is by die projek, begunstigdes van die projek, senior amptenare van
die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, dames en here.
Soos altyd is dit vir my 'n voorreg om op plekke te kom waar die Departement
van Landbou in die Wes-Kaap intens betrokke is by ons mense wat voorheen nie
deel was van landbou anders as om net maar gewone werkers te wees en nie die
hoop gehad het om eendag ook as volwaardige boere 'n lewe te maak uit landbou
nie.
Dit is nog lekkerder as ek weet dat dit nie net die regering is wat by
projekte betrokke is om die ongelykhede van die verlede uit te wis nie, maar
dat kommersiële boere en georganiseerde landbou en privaat instansies, almal
betrokke is om seker te maak dat ons 'n vennootskap het wat werk en wat toesien
dat bemagtiging in landbou in die Wes-Kaap volhoubaar plaasvind.
Ek is absoluut oortuig daarvan dat hierdie projek 'n sprekende voorbeeld
hiervan is.
Die Elim Melkeryprojek het sy ontstaan te danke aan die Elim-gemeenskap se
behoefte om natuurlike hulpbronne tot hul beskikking optimaal te benut. So is
daar ses jaar gelede 'n melkery op Elim geïdentifiseer en is die Departement
van Landbou in die Wes-Kaap genader om met die beplanning van die melkery te
begin. Daarna moes die skep van die nodige infrastruktuur kom en uiteindelik
moes die produksie-eenheid behoorlik in werking gestel word.
Soos dit soms maar gaan het skepping van die infrastruktuur langer as die
beplande skedule geneem en is daar besluit om na strategiese vennote te soek om
te help met die inwerkingstelling van die produksie-eenheid.
Die vennootskap wat uit hierdie behoefte gebore is, bestaan uit 'n groot
verskeidenheid van rolspelers naamlik:
* Elim gemeenskap
* Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, met verskeie van ons programme
en amptenare van die Departement
* Agri Mega in 'n fasiliterende hoedanigheid
* Overberg Distrikslandbouvereniging wat kommersiële boere in Overberg
verteenwoordig
* Melkprodusente-organisasie (MPO) - CENDEL - Beskikbaarstelling van mentor
asook befondsing van Melk Suid Afrika
* Insetkosteverskaffers wat bestaan uit Overberg Agri-Landbou Besigheid, die
veevoermaatskappy mMeadow, die chemiese maatskappy Terrason, kunsmisverskaffer
Omnia, Erasmus Petroleum wat brandstof voorsien en die maatskappy wat drade en
pale verskaf, Cape Gate. So u sien dat daar 'n groot aantal rolspelers is wat
100 persent aan die projek verbind is.
Ek glo die projek bevat al die elemente om 'n sukses te maak. Dit het al die
bestanddele van 'n suksesvolle boerdery.
Daar is 'n behoorlike opgedateerde besigheidsplan saamgestel waarmee aansoek
gedoen is vir befondsing vanuit die Departement se omvattende
landbou-ondersteunongsprogram (Comprehensive Agricultural Support Programme -
CASP).
Die oogmerk was om met 40 koeie te begin en die projek so uit te bou dat dit
as 'n volwaardige besigheidseenheid kan opereer.
Daar is twee besigheidsentiteite geskep. Een waarin die melkery gesetel sal
wees en tweede waarin koeie wat ingehuur sal word, opgeneem sal word. Albei
gevalle met volwaardige direksies.
Ons glo dat die projek homself daartoe leen vir uitstekende toepassing van
swart ekonomiese bemagtigingsprojek (SEB) binne landbou en spesifiek ten
opsigte van die fasilitering van spesiaal gestruktureerde lenings deur banke
waardeur die opkomende gemeenskap melkkoeie kan aankoop. Hierdeur kry die
gemeenskap die geleentheid om volwaardig tot landbou toe te tree soos enige
kommersiële boer.
Suiwel sal as gesonde voedsel direk in opkomende markte se huise ingedra
word deurdat hulle eienaarskap opgeneem het en op die manier kan suiwel deel
wees van die regering se strewe om deur middel van sy Accelerated and Shared
Growth Initiative for South Africa (AsgiSA)-program ses persent groei in die
ekonomie te laat plaasvind.
Kommersiële suiwelprodusente kan volgens die unieke konsep ook koeie verhuur
aan die projek en daardeur punte op hul SEB-telkaart kan verwerf. Werkers van
suiwelprodusente kan deur middel van 'n lening of deur 'n skenking van die
werknemer beeste verhuur aan die Elim-projek.
Ons skep dis hier 'n unieke geleentheid vir verskeie rolspelers binne
landbou om deel te hê aan die bemagtigings prosesse van die regering.
Die projek het op 6 September 2007 sy eerste beeste van die Departement van
Landbou in die Wes-Kaap ontvang. Ons het 30 Jersey stoetbeeste vir die projek
aangekoop van die Outeniqua-kudde van die departement.
Ek noem graag vir u wat die departement se direkte en indirekte bydrae tot
die projek beloop.
Die koste van die eerste 30 koeie was R2 535 elk wat n totaal van R76 050
beloop.
Ons het nou nog n verdere 40 koeie geskenk.
Die koste van die melkstal is R920 000 en die melkmasjien kos R160 000.
Die besproeiingstoerusting wat reeds geïnstalleer is beloop tot op datum
R400 000.
Addisionele fondse vir vestiging van weidings en afronding van die melkstal
waarmee reeds begin is, beloop R250 000. Ons het ook R700 000 aan Cape Agency
for Sustainable Integrated Development in Rural Areas (CASIDRA) oorgedra vir
addisionele kapitaalitems soos store, kalwerhokke, implemente, ensomeer.
The total financial contribution of the department is in the vicinity of R3
543 000, which also includes work from our program sustainable resource
management.
Currently the dairy farm is operating on a small scale with 112 dairy cattle
and 23 hectares of irrigated pastures are in use. In this financial year a
further 20 hectares will be prepared with permanent irrigation and pastures.
This will make provision for 80 additional cows to be milked by the end of this
financial year. This will result in an estimated total of between 160 to 200
cows in milk.
The long-term goal is to have 420 hectares of which 300 hectares is dry land
and 120 hectares irrigated land to sustain 360 cows in milk. 88 Hectares are
registered to date. The construction of a dam as a storage facility to provide
sufficient water to sustain this long-term goal is critical however and an
Environmental Impact Assessment (EIA) will need to be done. Collaboration
between all spheres of government and the private sector will be necessary to
ensure integrated service delivery to the Elim community especially in terms of
water access.
Highlights for the department
* A full time dairy manager has been appointed with three temporary staff,
which has really given the project the committed presence to get it
going.
* The concept has been supported by the provincial Department of Agriculture
(PDoA) as a model project and the support in terms of extension services,
research support, financial management expertise and the financial support,
through CASP, has been provided to put the necessary infrastructure in
place.
* Sufficient pastures have been established to kick start the dairy with the
help of the experts from the dairy industry and the department.
Program direkteur, ek wil afsluit deur vir u te sê dat hierdie projek die
Elim-gemeenskap volwaardig deel maak van landbou. Hierdie is n geleentheid wat
deur die regering geskep word om aan u te sê dat ons ernstig is om die
ongelykhede van die verlede uit te wis. Ons wil hê dat u volwaardige deelnemers
aan die ekonomie van die land moet wees en dat u werklik moet voel soos ware
landbouers wat deel is van die groter landboufamilie van die Wes-Kaap.
Ek wil my dank aan al die rolspelers betuig vir die toewyding aan die
projek, nie omdat u gedwing voel nie, maar omdat u glo dat dit die regte ding
is om te doen deur ook aan ander die geleentheid te bied wat vir baie jare van
hulle ontneem is. Ek wil u alle voorspoed toewens en vir u die versekering gee
dat ons u vordering met belangstelling sal dophou.
Navrae:
Alie van Jaarsveld
Cell: 084 604 6701
Issued by: Department of Agriculture, Western Cape Provincial
Government
5 March 2009