Doen aansoek om tuisonderrig te doen

Verkies jy om jou kind tuis te onderrig? Indien wel, doen aansoek by die hoof van jou provinsiale onderwysdepartement om jou kind vir tuisonderrig te registreer. Jy kan jou kind self onderrig of ’n private onderwyser huur om dit te doen.

Die lesse wat jou kind kry, moet binne die bestek van die volgende verpligte onderwysfases val:

  • die grondslagfase (graad 1 - 3)
  • die intermediêre fase (graad 4 - 6)
  • die senior fase (graad 7 - 9)

Vind meer uit oor tuisskoling of kontak die Departement van Basiese Onderwys.

Share this page