Hernu 'n televisielisensie

Jy kan jou TV-lisensie aanlyn, by jou naaste poskantoor of by enige van die SABC se plaaslike kantore of betaalpunte hernu. ‘n TV-lisensie is jaarliks hernubaar.

Organisasies, insluitende besighede, moet ‘n TV-lisensie hêvir elke stel in hul besit. 

Huishoudings benodig slegs een lisensie vir al die TV-stelle in hul besit, met dien verstande dat almal aan dieselfde persoon behoort.

Hernuwingsdatums word versprei oor 12 maande. Die hernuwingsmaand word bepaal deur die eerste letter van jou van of, alternatiewelik, deur die maand waarin jy die televisiestel gekoop het.

Vind meer uit oor die hernuwing van jou TV-lisensie by die Suid Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) of kontak die SABC by 011 330 9555 of e-pos: tvlic.info@sabc.co.za.

 

Share this page