Kanselleer 'n televisielisensie

Wanneer jou televisiestel(le) verkoop, vernietig of gesteel is, benodig jy nie meer ’n TV-lisensie nie.

Jy moet die SAUK skriftelik in kennis stel van jou veranderde omstandighede deur die proforma beëdigde verklaring wat by jou naaste SAUK-kantoor beskikbaar is. Jy kan ook die toepaslike verklaring by enige kommissaris van ede aflê.

Vind meer uit oor TV-lisensies by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) of skakel die SAUK by 011 330 9555.

 

Share this page