Meld ’n bedryfsbesering by die Vergoedingsfonds aan

Beserings wat aan diens deur werknemers opgedoen word moet binne sewe dae ná die voorval by die Vergoedingsfonds aangemeld word.

Die fonds dek permanente werkers, tydelike werkers, werkers wat opleiding ontvang en vakleerlinge wat beseer word in die uitvoering van hulle pligte en wat as gevolg daarvan hul inkomste verloor of ongeskik is om te werk.

Vind meer uit oor hoe om ’n bedryfsbesering by die Vergoedingsfonds aan te meld of kontak die Vergoedingsfonds.

 

Share this page