Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Meer omtrent verpersoonlikte nommerplate
Jy kan jou motorvoertuig se nommerplate verpersoonlik met enige naam/nommer van jou keuse (onderhewig aan die LUK se goedkeuring), mits die nommer beskikbaar is en nie aanstootlik is nie.
Jou gekose naam/nommer mag nie meer as sewe letters of syfers bevat nie (die provinsie se identifikasie uitgesluit) en moet voldoen aan die vereistes van ’n normale nommerplaat (bv. dit moet die logo van die provinsie vertoon) en die naam/nommer sal op dieselfde wyse vertoon word as op ’n normale nommerplaat. Die naam/nommer wat jy gebruik sal nie deur enigiemand anders gebruik kan word nie.
Wat om te doen
- Gaan na jou naaste registrasie-owerheidskantoor en voltooi die vorm wat jy by hulle kry.
- Dien in:
- 'n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument
- Jou voertuig se registrasiesertifikaat
- bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
- indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
- Betaal die voorgeskrewe fooi.
Hoeveel kos dit
Kontak jou plaaslike registrasie-owerheid vir die koste. Dit wissel van een provinsie na die volgende.
Contact your local department of transport