Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 5 Desember 2018

Die Kabinet het op Woensdag 5 Desember 2018 by Tuynhuys in Kaapstad vergader.

A. Kwessies in die omgewing

1. Ekonomiese groei

Die Kabinet verwelkom die 2,2% groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende die derde kwartaal, wat help om die land uit 'n tegniese resessie te neem. Die groeisyfers is gedryf deur toenames in die landbousektor (6,5%), die finansiële sektor (2,3%); die vervaardigingsektor (7,5%) en groot- en kleinhandelverkope (3,2%). Die groeisyfers dui op 'n herstel in die ekonomie en sal saam met inisiatiewe van die Werkskeppingsberaad en die Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie verbeter.

Die Kabinet verwelkom saam met alle Suid-Afrikaners die daling in die brandstofprys, wat ’n verligting vir almal is, veral met die vakansie-tydperk op hande. Alle sektore van die samelewing word aangemoedig om voort te bou op die positiewe momentum gedurende die derde kwartaal om die Suid-Afrikaanse ekonomie na 'n nuwe groeifase te lei.

2. Nasionale Minimum Loon (NML)

Die Kabinet verwelkom ook die bekragtiging van die NML-wetsontwerp deur pres. Cyril Ramaphosa. Die Wetsontwerp vestig 'n historiese presedent om lae-inkomstewerkers te beskerm en ongelykheid in die samelewing te verminder. Die eerste NML sal die verdienste van 'n geskatte ses miljoen Suid-Afrikaanse lae-inkomsewerkers verhoog. Dit sal in fases gedoen word vir plaaswerkers, bosbouwerkers en huishoudelike werkers.

Hoewel hierdie NML nie ongelykheid in inkomste sal beëindig nie, glo die Kabinet dat dit 'n belangrike bydrae sal maak om die agteruitgang van stygende ongelykheid en volgehoue armoede te stuit.

3. Toyota Wessels Instituut vir Vervaardigingstudies (TWIMS)

Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van die nuutgestigte R56 miljoen-TWIMS. Die instituut sal Suid-Afrika se vervaardigingsektor versterk, wêreldklasvermoëns ontwikkel en Afrika-industrialisasie aandryf. Dit sal ook die bou van 'n vervaardigingskultuur versnel, wat nodig is om die land se huishoudelike eise te bestuur en meer werksgeleenthede te skep.

Dit is 'n onafhanklike en nie-winsgewende inisiatief wat deur middel van toekennings vir befondsing van die Toyota Suid-Afrikaanse Onderwystrust ingestel is. Dit is gevestig in vennootskap met die Universiteit van Pretoria se Gordon Instituut vir Bedryfswetenskap, wat daarop gerig is om 'n Meestergraad in Bedryfsadministrasie te lewer wat in vervaardiging spesialiseer.

4. Maatskaplike ekonomie

Die Kabinet neem kennis van die suksesvolle Simposium oor die Maatskaplike Ekonomie wat die regering in vennootskap met die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) en die regering van Vlaandere op 30 November 2018 gehou het. Die simposium is gelei deur die Departement Ekonomiese Ontwikkeling en ondersteun deur die Departement van Klein Sake-ontwikkeling.

Die maatskaplike ekonomie bestaan uit ondernemings en inisiatiewe wat gerig is op die bereiking van maatskaplike-beleidsdoelwitte soos die skep van werksgeleenthede, die integrasie van groepe wat uitgesluit word, en die vervoer van goedere en dienste aan landelike gemeenskappe. Dit het die potensiaal om ekonomiese insluiting te ondersteun en duisende bykomende werksgeleenthede te skep. Die simposium het maatskaplike entrepreneurs, beleidmakers, navorsers en nie-regeringsorganisasies bymekaar gebring en sal help met die ontwikkeling van 'n Groenskrif oor die Sosiale Ekonomie gedurende 2019.

5. Kieserregistrasie

Ter Voorbereiding vir die 2019 verkiesings, doen die Kabinet 'n beroep op Suid-Afrikaners om hul reg as verantwoordelike burgers uit te oefen deur seker te maak dat hulle 'n groen strepieskode ID-boek, slim ID-kaart of tydelike identiteitsertifikaat het en geregistreer is om in hul distrikte te stem. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal op 26 en 27 Januarie 2019 'n kieserregistrasie-naweek hou en Suid-Afrikaners word aangemoedig om die geleentheid te gebruik om te registreer om hul registrasiestatus te stem of te verifieer.

Die Kabinet doen 'n beroep op diegene wat aansoek gedoen het vir slim ID’s om hul dokumente by hul onderskeie kantore van die Departemente van Binnelandse Sake te gaan afhaal.

6. Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings (NDOV)

Die Kabinet verwelkom president Ramaphosa se aanstelling van Advokaat Shamila Batohi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging. Dit volg op die president se oorweging van vyf genomineerdes wat deur 'n adviespaneel gekortlys is. Die aanstelling bring stabiliteit na die leierskap van die Nasionale Vervolgingsgesag en versterk die land se stryd teen misdaad en korrupsie. Die Kabinet dra sy waardering oor aan die Minister van Energie, Jeff Radebe en die paneel vir hul bydrae tot hierdie historiese aanstellingsproses. 

7. Limpopo se professionele gesondheidswerkers

Die Kabinet veroordeel die aanvalle op dokters in hospitale rondom Limpopo ten sterkste. Gesondheidswerkers en gesondheidsfasiliteite dien gemeenskappe, veral kwesbare lede, wat op hulle staatmaak om hulp te kry. Aanvalle op mense wat help om ander se lewens te red, is 'n kriminele oortreding en sal nie geduld word nie. Die Minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, lei 'n multidissiplinêre taakspan - bestaande uit polisie-intelligensieagente, speurders, openbare orde polisiëring, privaat sekuriteitsowerhede en beamptes van die Departement van Binnelandse Sake - om die veiligheidstelsels by openbare gesondheidsorgfasiliteite te hersien.

Die Kabinet doen 'n beroep op die gemeenskap om met wetstoepassingsagentskappe saam te werk om te verseker dat die oortreders van hierdie gruwelike misdade in hegtenis geneem en skuldig bevind word.

8. Veiliger vakansies

Die Kabinet doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om tydens die Desember-vakansie veilig te bly. Padgebruikers word aangespoor om alle verkeersreëls na te kom en nie roekeloos of nalatig te bestuur nie, veral onder die invloed an alkohol nie. Voetgangers word ook aangemoedig om versigtig te wees wanneer hulle op die paaie is. Die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit (JCPS) het anti-misdaad- en veiligheidsaktiwiteite landwyd versterk. Die Department het sy kapasiteit in hawens versterk om te verseker dat dit in staat sal wees om die verwagte toename in reisigers gedurende die feestyd te hanteer. Die departement beplan ook om sy bedryfstye by besige hawens, wat die aanloop tot die feestyd, die feestydperk en die heropening van skole insluit.

9. Vyfde herdenking van Madiba se afsterwe

Die Kabinet sluit by alle Suid-Afrikaners aan om die vyfde herdenking van ons eerste demokraties verkose president Nelson Rolihlahla Mandela, wat op 5 Desember 2013 gesterf het, te gedenk. President Ramaphosa het 2018 verklaar as die Jaar van Mandela se eeufeesherdenking. Sy nalatenskap is dwarsdeur die jaar deur Suid-Afrikaners in hul verskillende hoedanighede gevier. Die mees onlangse is die Global Citizens Mandela 100-fees wat die afgelope naweek gehou is. Die Kabinet doen 'n beroep op almal om getrou te bly aan Madiba se ideale, insluitende sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid, gelykheid en nie-rassigheid.

10. Global Citizen Festival Mandela 100

Die Kabinet bedank al die deelnemers aan die Global Citizen Festival Mandela 100 wat op Sondag, 2 Desember 2018 in Johannesburg gehou is. Die fees het deel gevorm van die nasionale gedenkgeleenthede om die eeufees van Tata Nelson Mandela te vier en is in meer as 180 lande uitgesaai. Dit het duisende internasionale burgers, aktiviste, wêreldleiers, musikante en invloede bymekaar gebring om die Volhoubare Ontwikkelingsdoelstellings van die Verenigde Nasies (VN) te bevorder ter ere van Mandela se nagedagtenis.

Die Kabinet betuig sy simpatie met almal wat slagoffers van kriminele elemente was terwyl hulle die stadion verlaat het. Dit veroordeel hierdie kriminele dade ten sterkste en doen 'n beroep op wetstoepassingsagentskappe om oortreders hiervoor te laat boet.

11. Wêreld Vigs-dag

Suid-Afrika het Wêreldvigsdag op 1 Desember herdenk onder die tema: "Cheka Impilo. Know Your Status" Die Kabinet waardeer die regering se multidimensionele MIV- en vigs-program wat beslissende stappe geneem het om 'n einde te maak aan die epidemie. Die program het 'n bykomende inname van twee miljoen mense tot die antiretrovirale behandelingsprogram gevoeg.

Suid-Afrika voorsien behandeling aan 4,2 miljoen mense, wat dit een van die wêreld se grootste behandelingsprogramme maak. Die MIV- en Vigs-veldtog maak steeds vordering in die verandering van gedrag, mediese behandeling en sosiale de-stigmatisering. Die Kabinet is onwrikbaar in sy oproep aan Suid-Afrikaners om hulle te laat toets sodat hulle weet wat hul MIV-status is, en ingeligte besluite kan neem oor voorkomende maatreëls, behandeling, versorging en ondersteuning.

12. VN se Internasionale Dag vir mense met gestremdhede

Suid-Afrika het saam met die internasionale gemeenskap die VN se jaarlikse Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede op Maandag, 3 Desember gevier.

Die regering bly verbind tot die insluiting en beskerming van mense met gestremdhede deur toegewyde programme en intervensies om toegang tot gelyke geleenthede te verseker, soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996. 

B. Kabinetsbesluite

13. Nkomazi Spesiale Ekonomiese Zone (SEZ)

Die Kabinet bekragtig 'n besluit van die Minister van Handel en Nywerheid, dr Rob Davies, om die SEZ aan te wys en 'n SEZ-lisensie aan die Mpumalanga Provinsiale Regering se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme uit te reik.

Die Nkomazi SEZ sal as 'n ‘Agro-verwerkingspilpunt’ gevestig word deur groen energie te gebruik. Dit sal ondersteun word deur gemengde dienste soos pakhuise en logistiek. Dit vorm deel van die Maputo Ontwikkelingskorridorprojek, wat 'n belangrike handelskorridor is wat Gauteng, Limpopo en Mpumalanga met Maputo in Mosambiek verbind. Dit bestaan onder meer uit paaie, hawens en spoorweë.

Dit sal bydra tot vinnniger groei, buitelandse en binnelandse direkte beleggings aantrek, die vervaardigingsektor uitbrei en werk in die streek skep.

14. Die Kabinet keur die ondertekening van die verlengde Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EVO) met die Verenigde Koninkryk (VK) goed tot die laaste uitstaande tegniese probleme opgelos word en die interne administratiewe kwessies gefinaliseer word. Die Kabinet keur ook die voorlegging in die Parlement goed vir die bekragtiging van die ooreenkoms wat die EVO tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie en Mosambiek en die Verenigde Koninkryk tot stand bring.

15. Die Kabinet keur goed dat die vaartbelynde Witskrif oor Binnelandse Sake vir openbare kommentaar gepubliseer word. Die Witskrif voer aan dat vir Suid-Afrika om die potensiaal van die Vierde Nywerheidsrevolusie ten volle uit te leef, moet die Departement van Binnelandse Sake 'n deurslaggewende rol speel in die bemagtiging van burgers, inklusiewe ontwikkeling, doeltreffende regering en nasionale veiligheid.

Dit is ook daarop gegrond dat die DHA 'n alleenmandaat het vir die bestuur van amptelike identiteit en status, internasionale migrasie, asielsoekers en vlugtelinge. Die Witskrif stel maatreëls voor om bedrieglike banktransaksies te verminder en besparings te realiseer weens verhoogde ondoeltreffendheid.

16. Die Kabinet keur goed dat die Wet op die Organisasie vir Wêreld Intellektuele Eiendom (WIPO) se Kopiéregverdrag (WKO) van 1996 aan die Parlement voorgelê word vir toetreding.

Dit is 'n multilaterale ooreenkoms asook 'n spesiale ooreenkoms onder die Bernse Konvensie, wat die werk en regte van hul outeurs in die digitale omgewing beskerm. Toetrede tot die WKT bevoordeel ook die Suid-Afrikaanse skeppende bedryf, spesifiek skrywers van literêre en artistieke werke. Die WKT is in Suid-Afrika se beste belang, aangesien dit verseker dat die land se kopieregwet tred hou met tegnologiese verandering. Dit sal belangrike beskerming bied vir regtehouers teen kapery (“piracy”) op die gebied van rekenaarprogramme en databasisse.

17. Die Kabinet keur goed dat die WIPO-verdrag oor Optredes en Fonogramme van 1996, aan die Parlement voorgelê word vir toetrede.

Dit is 'n multilaterale ooreenkoms wat die regte van kunstenaars en vervaardigers van fonogramme, spesifiek in die digitale omgewing reguleer. Hierdie verdrag sal mense of organisasies beskerm wat aansienlike kreatiewe, tegniese of organisatoriese vaardighede byvoeg tydens die proses om werk na die publiek te bring en om inkomste te verhoog tot hulle voordeel.

18. Die Kabinet keur goed dat die Beijing-verdrag aan die Parlement voorgelê word vir toetrede. Dit is multilaterale ooreenkoms, wat kopiéreg vir oudiovisuele optredes reguleer en oudiovisuele kunstenaars se regte uitbrei. Dit erken oudiovisuele kunstenaars se intellektuele eiendomsreg in hul oudiovisuele werk, en skep ekonomiese voordeel vir hulle. Dit voorsien morele regte aan oudio-visuele kunstenaars ten opsigte van hul werk en erken oudio-visuele kunstenaars se regte in die digitale omgewing.

19. Die Kabinet keur die totstandkoming van 'n interministeriële komitee (IMK) om die tweede generasie periodieke hersiening van die Afrika-portuuroorsigmeganisme (APRM) te lei. Dit sal ná die 2019 algemene verkiesings gedoen word. Die IMK sal ondersteun word deur die goedgekeurde instelling van die APRM se Nasionale Bestuursraad. Hierdie APRM-hersieningsproses bied lidlande 'n geleentheid vir nasionale dialoog oor bestuurs- en sosio-ekonomiese aanwysers en 'n geleentheid om konsensus vir die toekoms te bereik.

20. Die Kabinet keur goed dat Suid-Afrika die Konvensie onderteken om, onder die internasionale reg, 'n interregeringsorganisasie, wat die Square Kilometre Array (SKA) -Observatorium genoem word, te vestig. Dit sal verantwoordelik wees vir die oprig- en operasionele fases van die wêreldwye SKA-radioteleskoopprojek in Suid-Afrika en Australië.

Die ondertekening van die konvensie sal van kardinale belang wees om die wêreldwye vennootskap van die toepaslike bestuursmeganismes te voorsien, wat die suksesvolle lewering van die projek sal verseker. Suid-Afrika sal ook in staat wees om buitelandse beleggings te benut, sowel as vaardighede en voordele ten opsigte van infrastruktuurontwikkeling wat met die SKA-projek verband hou.

21. Die Kabinet keur die implementering van die Eenstop-grenspos Nasionale Raamwerk goed. Dit bied riglyne vir die vinnige vestiging van eenstop-grensposte tussen Suid-Afrika en sy buurlande. Die Eeenstop-grenspos Nasionale Raamwerk sal die fasilitering van handel verbeter sonder om nasionale veiligheid of inkomste-insameling in gevaar te stel deur doeltreffende beweging van goedere, mense en dienste tussen Suid-Afrika en die aangrensende lande Botswana, Lesotho, Namibië, Mosambiek en Zimbabwe.

Dit sal ook vinniger klarings by grensposte in die streek tot gevolg hê en duplisering van grensagentskap-ingrypings beperk, wat op sy beurt handelsmededingendheid en die beweging van mense sal verebeter deur koste en tyd te verminder.

22. Die Kabinet keur goed dat die Nasionale Tesourie en Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) Suid-Afrika se voorbereiding vir die nasionale risikobepaling en toekomstige wedersydse evalueringsproses wat teen die middel van April 2019 begin, sal koördineer.

Die wedersydse evaluering is 'n eweknie-oorsigproses wat deur internasionale kundiges van ander lidlande van die interregeringsliggaam, die Finansiële Aksie-taakspan, gedoen word om die doeltreffendheid van anti-geldwassery (AGW) en die stelsels vir die bestryding van terrorismefinansiering (BTF) in Suid-Afrika te beordeel. Die uitkomste van die proses sal help om die integriteit van die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel te versterk deur stappe te identifiseer wat aangewend moet word om enige swak punte in ons AGW/BTF-stelsel te hanteeer.

23. Die Kabinet keur die aanbevelings aan die Departement van Basiese Onderwys (DBO), deur die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME) goed. Die aanbevelings spruit voort uit die Impakevaluering van die Vroeëgraadleesstudie na twee jaar van tussenkomste. Die DBO het die vroeëgraadleesstudie in samewerking met verskeie universiteite begin. Dit is 'n grootskaalse opvoedkundige impakevaluering wat daarop gemik is om bewyse te versamel oor watter stappe geneem kan word om die onderrig en leer van vroeëgraadse leeswerk in Afrikatale in die land te verbeter. Die verslag sal op die DPME se webwerf geplaas word.

24. Die Kabinet keur die Beleidsraamwerk vir Nasionale Museums goed. Die doel is om die bestuur en bedrywighede van museums te verander bereffende toegang, regstelling, billikheid, nasiebou en sosiale samehorigheid. Die beleid stel voor dat museums saamgevoeg word in nuwe bestuurstrukture om skaalvoordele te bereik deur die aantal rade te verminder.

Dit maak ook voorsiening vir die gradering van al die museums volgens eienskappe, omvang en betekenis om billike befondsingstoewysings in staat te stel.

25. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die Nasionale Gids vir die Aanstelling van Persone tot Direksies en Hoof Uitvoerende Beamptes (HUB's) van instellings in staatsbesit en instellings onder staatsbeheer. Die gids bied nasionale beginsels en riglyne om goeie praktyk en eenvormigheid in die aanstelling van personeel te bevorder. Dit is in reaksie op die Presidensiële Oorsigkomitee oor Entiteite in Staatsbesit om deursigtigheid, aanspreeklikheid en goeie bestuurspraktyke in alle staatsinstellings te bevorder.

26. Die Kabinet keur die 6de vorderingsverslag deur die Interministeriële Taakspan oor Noordwes goed. Die Kabinet is tevrede dat daar sigbare vordering gemaak is om die provinsiale departemente in Noordwes te stabiliseer en die voorsiening van basiese dienste te prioritiseer. Die ingryping het meer as 90% van die opgeloopte bedrae aan verskaffers uit die weg geruim, wat die verbeterde verkaffing van medisyne en toerusting moontlik maak. Vier van die vyf operasionele teaters by Mafikeng-hospitaal is herstel en funksioneel. 'n Aantal van die befondsde vakante poste in die onderskeie departemente is gevul. 'n Proses om die agterstallige onderhoud van infrastruktuur aan te pak is in plek gestel en die wetstoepassingsagentskappe maak vordering om diegene wat by korrupsie betrokke was, tot verantwoording te bring.

27. In samewerking met die Noordwes-leierskap, vorder die aangestelde administrateurs met die instelling van goeie bestuursprosesse. Die Nasionale Raad van Provinsies het Noordwes in Oktober besoek en het hul verslag ter ondersteuning van die regering se tussenkoms in die provinsie ingedien.

28. Die Kabinet keur die aanbied van die volgende gebeure goed:

  • Die Derde Jaarlikse Vergaderings van die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) gedurende die eerste kwartaal van 2019. Die NDB is gestig deur die Brasilië-, Rusland-, Indië-, China- en Suid-Afrika- (BRICS) blok om hulpbronne te mobiliseer om infrastruktuur en volhoubare ontwikkelingsprojekte in die BRICS-lande, en ander ontluikende markte en ontwikkelende lande, te ondersteun.
  • Die 17de Gewone Sessie van die Afrika-Ministeriële Konferensie oor die Omgewing (AMCEN) in Junie/Julie 2019. AMCEN is 'n permanente forum waar Afrika se ministers van omgewingsake doelbewus besluite neem oor omgewingskwessies wat betrekking het op die vasteland. Suid-Afrika sal vanaf 2019 tot 2021 as voorsitter dien.


C. Wetsontwerpe

29. Die Kabinet keur die publikasie van die Hersiene Wet op Onteiening vir openbare kommentaar goed. Die hersiene wetsontwerp voeg 'n deel by wat uitdruklike omstandighede bepaal waaronder grond onteiening in die openbare belang sonder vergoeding mag wees. Die afdeling versterk die vroeëre Wetssontwerp op Onteiening, wat uit die parlementsproses onttrek is. Die wetsontwerp sal help om die grondhervormingsprogram te versnel, terwyl dit binne die raamwerk van die grondwetlike beginsels plaasvind.

30. Die Kabinet keur goed dat die Wet op die Bestuur van Finansiële Instellings van 2018 vir openbare kommentaar gepubliseer word. Dit vorm deel van die regering se hervorming van die finansiële sektor se regulering na 'n “Twin Peaks”-model en volg op die verordening van die Wet op die Finansiële Sektor, 2017 (Wet 9 van 2017) wat onder meer daarop gemik is om beter markbeheer en die hantering van kliënte in die finansiële sektor te verseker. Die regulering van markbeheer poog om te voorkom en te bestuur wanneer voorkoming nie suksesvol is nie, asook die swak uitkomste as gevolg van finansiële instellings wat hul besigheid doen op maniere wat onbillik teenoor kliënte is, of die integriteit van finansiële markte en vertroue in die finansiële stelsel ondermyn.

Die wetsontwerp sal die beskerming van klante versterk deur 'n enkele omvattende markbeheerwet op te stel. Dit sal lei tot die konsekwente toepassing van kliëntebeskermingsbeginsels regoor die finansiële sektor. Dit maak voorsiening vir 'n enkele aktiwiteitsgebaseerde benadering om alle finansiële instellings te lisensieer en om volle regulatoriese dekking en toesig te verseker.

Dit sal die nuutgestigte Finansiële Sektor Beheerowerheid in staat stel om beter aan sy mandaat te voldoen om finansiële kliënte te beskerm deur regverdige behandeling te verseker. Die Wetsontwerp, wat op alle finansiële instellings van toepassing sal wees, ondersteun ook die transformasie van die finansiële sektor deur die implementering van die Finansiële Sektor Kode wat uitgereik is ingevolge die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) deur te vereis dat beleid bekendgestel word wat aan die kode voldoen en ook toesig hou oor die implementering van daardie beleid.

  1. Die Kabinet keur die bekendstelling van die Wysigingswetsontwerp op Finansiële Aangeleenthede van 2018 in die Parlement goed.

Die wysigings het betrekking op die:

a) Insolvensiewet van 1963, om die regulering van die oor-die-toonbank-afgeleide mark te versterk, in ooreenstemming met G20-verpligtinge;
b) Wet op Militêre Pensioene van 1976 om diskriminerende bepalings te uit die weg te ruim;
c) Bankwet van 1990, om kwalifiserende maatskappye in staatsbesit toe te laat om aansoek te doen vir banklisensies;
d) Die Wet op Regeringspensioene van 1996 om die skoonbreekbeginsel in die geval van egskeiding te verander, om te verseker dat lede se pensioenuitbetalings aan voormalige eggenote na egskeiding nie omgeskakel word na 'n skuldverpligting nie; en
e) Die Wet op Ouditberoepe van 2005, om uitdagings en beperkings te wysig waarmee die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeurs te doen kry in die uitvoering van sy regulatoriese en toesighoudende verantwoordelikhede.

D. Toekomstige Gebeure

32. Aankondiging oor Nasionale Minimum Lone (NML)

President Ramaphosa sal die NML tydens 'n geleentheid wat op Vrydag, 7 Desember 2018 te Kliptown in Soweto gehou word, bekend maak. Die NML sal dadelik tot voordeel van meer as ses miljoen werkers strek en help om die vlak van ongelykheid en armoede in Suid-Afrika die hoof te bied. Hierdie mylpaalaankondiging sal ons maatskaplike hulp na die kwesbaarste mense uitbrei.

33. Internasionale Anti-korrupsiedag

Ter herdenking van die VN se Internasionale Anti-korrupsiedag op Sondag,

9 Desember 2018, bevestig die Kabinet die land se stryd teen korrupsie in die private, sowel as die openbare sektor. Die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit prioritiseer die stryd teen hierdie plaag in lyn met die regering se zero-verdraagsaamheid teenoor korrupsie.

Korrupsie is 'n samelewingsprobleem wat deur almal beveg moet word, aangesien dit sosio-ekonomiese ontwikkeling belemmer en armoede vererger deur hulpbronne weg te neem van waar hulle die nodigste is.

34. Internasionale Menseregtedag

Suid-Afrika vier Internasionale Menseregtedag saam met die internasionale gemeenskap op Maandag, 10 Desember 2018. Die dag is die herdenking van die VN se Algemene Vergadering se aanvaarding van die Universele Verklaring van Menseregte in 1948. Die regering maak steeds seker dat elke Suid-Afrikaner alle menseregte soos die reg op lewe, gelykheid en menswaardigheid, geniet. Elke burger het 'n verantwoordelikheid om te verseker dat menseregte en waardigheid in ons land beskerm word.

35. Wêreldkommissie oor die Toekoms van Werk

Die verslag van die Wêreldkommissie oor die Toekoms van Werk word op 22 Januarie 2019 bekendgestel. Dit is in 2017 deur die International Labour Organization (ILO) ingestel om die spoedige transformasie van die wêreld-ekonomie en die werksomgewing te evalueer en die belangrikste uitdagings en aanbevelings te identifiseer. President Cyril Ramaphosa is die mede-voorsitter van hierdie hoëvlak globale kommissie, saam met Premier Stefan Löfven van die Koninkryk van Swede.

E. Boodskappe

36. Meegevoel

Die Kabinet betuig saam met President Ramaphosa sy hartseer oor die heengaan van die vryheidsvegter en voormalige hoë kommissaris by die Verenigde Koninkryk, mnr Mendi Msimang, op Maandag 3 Desember 2018, na 'n lang siekbed. Die Kabinet betuig sy meegevoel met mnr. Msimang se familie, vriende, kamerade en medewerkers. Msimang het 'n spesiale amptelike begrafnis kategorie 1 ontvang wat elemente van militêre seremoniële eer in ooreenstemming met die beleid oor staats- en provinsiale amptelike begrafnisse behels.

37. Gelukwense

37.1 Die Kabinet wens Banyana geluk dat hulle tot die eindstryd van die 2018 Afrika-Vrouebeker deurgedring het. Deur dit te doen, het hulle outomaties gekwalifiseer vir volgende jaar se FIFA Vroue-wêreldbeker in Frankryk.
37.2 Die Kabinet prys dr Lindiwe Sidali, wat geskiedenis gemaak het deur die eerste Afrika-vroulike kardiotorakale chirurg in die land te word.

F. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die nodige klaring.

38. Onafhanklike Ontwikkelingskorporasie

Mnr Tshokolo Nchocho as Hoof Uitvoerende Beampte op 'n vyfjaar-kontrak.

39. Suid-Afrikaanse Weerdiens-raadslede:

a. Me Nana Magomola (Voorsitter);
b. Dr Phillip David Dexter (Ondervoorsitter);
c. Mnr David Lefutso;
e. Me Sowbakiam Mudly-Padayachie;
f.  Dr Mphekgo Patrick Maila;
g. Me Feziwe Yolanda Renqe;
h. Mnr Itani Phaduli;
i. Dr Owen Peter Muller Horwood;
j. Me Kelebogile Shirley Moroka-Mosia;
k. Mnr Jerry Lengoasa (Hoof Uitvoerende Beampte); en
l. Dr Tsakani Ngomane (Departementele DG verteenwoordiger)

40. Adv Sandile Nogxina as nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Lughawemaatskappy Suid-Afrika se direksie.

41. Suid-Afrikaanse Statistiekraad:

a. Mnr Ian Assam - heraangestel;
b. Mnr Faldie Esau - heraangestel;
c. Dr Jacky Galpin - heraangestel;
d. Mnr Ettienne le Roux - heraangestel;
e. Dr Ariane Neethling - heraangestel;
f.  Dr Thabi Leoka;
g. Me Reshoketswe Mokobane;
h. Mnr Thapelo Molahloe;
i. Me Blanche Motsosi;
j. Me Nompumelelo Nzimande;
k. Mnr. Wandile Sihlobo;
l. Me Vuyelwa Mantyi (Oos-Kaapse verteenwoordiger);
m. Me. Zeenat Ishmail (Wes-Kaapse verteenwoordiger);
n. Mnr Kuberin Packirisamy (Noord-Kaapse verteenwoordiger);
o. Mnr Thulani Bhengu (verteenwoordiger van KwaZulu-Natal);
p. Mnr Thuso Ramaema (Vrystaatse verteenwoordiger);
q. Dr David Everatt (Voorsitter en Gauteng se verteenwoordiger);
r. Prof Andries Monyeki (verteenwoordiger vir Noordwes);
s. Dr Nomuso Mlondo (verteenwoordiger vir Mpumalanga); en
t. Dr Modjadji Malahlela (verteenwoordiger vir Limpopo).

42. Weermagdienskommissie:

a. Dr Siphelele Zulu;
b. Dr Ziyaad Essop;
c.  Adv Nokuzola Gloria Khumalo; en
d. Mnr Ian Hugh Robertson.

43. Raad van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie

a. Dr Robert Adam;
b. Dr Ramatsemela Masango;
c.  Mnr Aadil Patel;
d. Mnr Bishen Singh;
e. Me Pulane Kingston;
f.  Me Matlhodi Ngwenya;
g. Mnr Jabulani Ndlovu; en
h. Me. Pulane Molokwane;

44. ​​   Raad van Mhlathuze Water

a. Me Thabi Agatha Shange (Voorsitter)
b. Mnr Silas Zwelakhe Hlophe (Ondervoorsitter)
c. Dr Purshottamma Sivanarain Reddy
d. Mev Nica M Gevers
e. Dr Mosidi Makgae
f. Mnr. Musa Moses Xulu
g. Mnr Bonginkosi Vincent Mshengu
h. Mev Amita Badul
i. Me Nothando Nonkululeko Mkhize
j. Me Gloria Dumisile Biyela
k. Mnr. Petros Mzothule Zikalala

45. Uitvoerende hoofde vir Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA's):

a. Bank-SETA - mnr Trevor Rammitlwa;
b. Voedsel- en Drank-SETA - Me Nokuthula Selamolela;
c. Veselverwerking- en Vervaardiging-SETA - Me Felleng Yende;
d. Versekering-SETA - Me Nadia Starr
e. Dienste-SETA - Me Amanda Buzo-Gqoboka;
f. Landbou-SETA - Mnr Zenzele Gilbert Myeza;
g. Chemiese Nywerheidsopvoedings- en Opleidingsowerheid (CHIETA)- Mnr. Mike Khathutshelo Ramukumba;
h. Kultuur-, Kuns-, Toerisme-, Gasvryheid- en Sport-SETA - Me Keitumetse Lebaka;
i. Onderwys-, Opleidings- en Ontwikkelingspraktyke-SETA - Me Nombulelo Nxesi;
j. Finansies- en Rekeningkunde-SETA - Me Ayanda Pearl Zinhle Mafuleka;
k. Gesondheid- en Welsyn-SETA - Me Elaine Brass;
l. Openbare Dienste-SETA - Me Bontle Portia Lerumo; en
m. Groot- en Kleinhandel-SETA - Mnr. Blessing Tom Mkhwanazi.

Navrae:
Ms Phumla Williams
Selfoon: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore