Verklaring oor die virtuele Kabinetsvergadering van Woensdag 18 November 2020

A. Kwessies in die omgewing

1. 12de Beraad van die BRICS-lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika
1.1. Die Kabinet verwelkom die uitkomste van die 12de BRICS-beraad wat deur president Cyril Ramaphosa gelei is. Die beraad, wat deur President Vladimir Poetin van die Russiese Federasie aangebied is, het die BRICS-vennootskap vir wêreldwye stabiliteit, gedeelde veiligheid en innoverende groei bespreek.
1.2. Die uitkomste sluit die aanvaarding van 'n hersiene strategie vir die BRICS ekonomiese vennootskap (2020-2025) en die aanvaarding van die BRICS-strategie teen terrorism in. Die Moskou-verklaring, wat aan die einde van die beraad goedgekeur is, het onder meer sy steun aan Agenda 2063 van die Afrika-Unie (AU) toegesê, sowel as die pogings om integrasie en ontwikkeling op die vasteland te verskerp, insluitend die implementering van die ooreenkomste oor die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied.
1.3.  Die beraad het ook kennis geneem van die vordering wat die AU gemaak het om infrastruktuurgapings te hanteer, veral binne die raamwerk van die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling, en die belangrikheid om beleggings te bevorder, industriële ontwikkeling te ondersteun, werk te skep, voedselsekerheid te verseker, armoede te beveg en voorsiening te maak vir Afrika se volhoubare ontwikkeling.

2. Werksbesoek deur Malawi se President

2.1. Die Kabinet het lede van die Malawiese regering se suksesvolle werksbesoek aan Suid-Afrika onder leiding van President Lazarus Chakwera, verwelkom. Die vergadering tussen presidente Chakwera en Ramaphosa het bilaterale, streeks- en aangeleenthede van wedersydse belang rakende die vasteland bespreek.
2.2. Suid-Afrika bly daartoe verbind om betrekkinge met Malawi te verdiep en te versterk deur uitgebreide handel en beleggings met die doel om in albei lande ordentlike lewensonderhoud te bewerkstellig. Die twee lande het hartlike betrekkinge wat al dekades lank duur.
2.3. Die Kabinet is ook ingelig oor die kwessie van mnr. Shepherd en mev. Mary Bushiri, wat na Malawi gevlug het terwyl hulle op borgtog van R200 000 elk was weens aanklagte van bedrog en geldwassery.
2.4. Die Kabinet is tevrede met die wyse waarop die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Veiligheidsgroepering die aangeleentheid hanteer het; die groep sal die publiek op die hoogte hou van ontwikkelinge rakende hierdie aangeleentheid. Uitleweringsprosesse is reeds aan die gang.

3. Munisipale tussenverkiesings

3.1. Die Kabinet prys die Onafhanklike Verkiesingskommissie vir die suksesvolle tussenverkiesings wat op Woensdag 11 November 2020 in 95 wyke in 55 munisipaliteite gehou is. Munisipale verkiesings bly 'n steunpilaar om ons demokrasie op distriks- en munisipale vlak te verskerp.
3.2. Die Kabinet bedank alle Suid-Afrikaners wat aan die tussenverkiesings deelgeneem het; dit was die eerste keer nadat verkiesingsaktiwiteite in Maart opgeskort is weens die koronavirussiekte (COVID-19).

4. Vyf nasionale dae van rou

4.1. Die Kabinet versoek Suid-Afrikaners om vyf dae van rou na te kom om diegene te onthou wat hul lewens weens COVID-19, sowel as geslagsgeweld en vrouemoord (GBVF) verloor het. Alle nasionale vlae sal tydens die vyf dae van rou van Woensdag 25 November tot Sondag 29 November 2020, halfmas hang.
4.2. In 'n verenigde stap om hulde te bring aan almal wat voor COVID-19 en GBVF geswig het, word alle burgers aangemoedig om klere en ornamente te dra wat rou simboliseer op grond van hul kultuur, tradisies en geloof.

5. Ondertekening van die suikerbedryf se meesterplan

5.1. Die Kabinet verwelkom die ondertekening van die suikerbedryf se meesterplan deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, en die suikerbedryf. Die suikermeesterplan is gerig op dringende stappe om duisende werkgeleenthede, landelike lewensbestaan en ondernemings te beskerm, met ’n kragtige nuwe toekomsvisie, wat streef na gediversifiseerde inkomstestrome vir suikerprodusente, en die skep van betekenisvolle nuwe werksgeleenthede.
5.2. Die suikerbedryf is 'n belangrike werkgewer en 'n bron van lewensonderhoud vir talle landelike gemeenskappe.

B. Kabinetsbesluite

1. Nasionale Teenkorrupsiestrategie

1.1. Die Kabinet keur die nasionale teenkorrupsiestrategie, wat 'n landwye ingrypingsraamwerk bied, goed. Die strategie is die hoogtepunt van landwye oorlegpleging met verskillende sektore, waaronder die sakewêreld, die regering en die burgerlike samelewing. Die teenkorrupsie-verwysingsgroep, bestaande uit die burgerlike samelewing, die akademie, sake- en regeringsverteenwoordigers, ondersteun hierdie strategie.
1.2. Die teenkorrupsiestrategie bestaan uit ses pilare, naamlik die bevordering en aanmoediging van aktiewe burgerskap; fluitjieblaas; integriteit en deursigtigheid; die bevordering van die professionalisering van werknemers; die verbetering van bestuur in instellings; en die versterking van hulpbronne en koördinering van prestasies en aanspreeklikheid.
1.3. Die strategie stel ook voor dat ’n tussentydse Nasionale Teenkorrupsie-adviesraad saamgestel word as 'n strukturele reëling om beter monitering, aanspreeklikheid en deursigtigheid te verseker. Hierdie tussentydse struktuur sal met die opstel van 'n onafhanklike oorkoepelende statutêre struktuur begin, wat direk aan die Parlement verslag sal doen.

2. Uitbreidingstrategie vir Nasionale Beskermde Gebiede (NPAES)

2.1. Die Kabinet keur die implementering van die hersiene NPAES goed. Die strategie is in November 2018 vir openbare raadpleging aanvaar. Die raadpleging het daartoe gelei dat verskeie hersiene insette by die nege hoofstukke van die strategie gevoeg is.
2.2. Suid-Afrika is een van die rykste lande wat plant- en dierediversiteit betref. Dit word gelys as een van die wêreld se voorste drie mega-diverse lande. Die bestuur en bewaring van hierdie noodsaaklike biodiverse elemente dra ook by tot werkskepping deur toerisme- en natuurbewaringsprogramme, en dien as plekke vir wetenskaplike navorsing.

3. Hersiene Raamwerk vir Nasionale Biodiversiteit (NBF)

3.1. Die Kabinet keur die publikasie van die NBF vir openbare kommentaar goed. Dit is 'n sektorale plan van aksie vir die hantering van die bedreigings vir biodiversiteit, wat in 2019 tydens die wetenskaplike beoordeling van die stand van biodiversiteit en ekostelsels in Suid-Afrika deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, geïdentifiseer is.
3.2. Die belangrikste gebiede in die beoordelingsverslag hou verband met varswater-ekostelsels, riviere en riviermondings met varswatervisse wat die kwesbaarste van al die spesies is.

4. Kommersiële bosbousektor se meesterplan vir Suid-Afrika (2020-2025)

4.1. Die Kabinet keur die implementering van die kommersiële bosbousektor se meesterplan, waaroor die bedryf, die regering en die arbeidsektor ooreengekom het, goed. Die plan balanseer omgewings-, ekonomiese en maatskaplike voordeel uit bosboubronne.
4.2. Dit bevat sewe belangrike fokusgebiede: (a) die uitbreiding van die bosbouhulpbron en instandhouding/beskerming, (b) transformasie van die sektor, (c) waardetoevoeging en verwerking, (d) houtdiefstal en onwettige aktiwiteite, (e) navorsing, ontwikkeling, innovasie en vaardigheidsontwikkeling, (f) sleutelfaktore wat groei in die sektor stuit (g) institusionele ontwikkeling.

5. 'n Nasionale implementeringsraamwerk vir die professionalisering van die Staatsdiens

5.1. Die Kabinet keur die publikasie van die konsep nasionale implementeringsraamwerk vir die professionalisering van die staatsdiens goed. Dit strook met die sesde administrasie se verbintenis om 'n bekwame, etiese en ontwikkelende staatsdiens te skep.
5.2. Die raamwerk bevat vyf kritieke pilare vir professionalisering, wat deur die Nasionale Regeringskool (NSG), in vennootskap met verskillende instellings vir leer gelei sal word. Die vyf pilare sluit in werwing en keuring binne die staatsdiens; induksie en organisatoriese sosialisering; beplanning en prestasiebestuur; deurlopende leer en professionele ontwikkeling; en loopbaanvordering en loopbaaninsidente.

6. Beleidsvoorstelle om die Wet op Administrasiebestuur in die Staatsdiens (PAMA) van 2014 en die Wet op die Staatsdiens (PSA) van 1994 te wysig

6.1. Die Kabinet keur beleidsvoorstelle goed, wat daarop gerig is om die PAMA, 2014 (Wet 11 van 2014) en die PSA, 1994 (Wet 103 van 1994) te wysig. Dit stel onder meer voor om na 'n enkele staatsdiens oor te skakel, die status van die NSG as nasionale departement te behou en die rol van die kantoor vir die nakoming van die gesondheidstandaarde ten opsigte van meganismes vir die koördinering van norme en standaarde in staatsadministrasie, duidelik te maak.
6.2. Die beleidsvoorstelle vir die PSA sluit in dat die departementshoofde in die Kantoor van die Premier en die Presidensie uitgeklaar word, en dat sommige van die kwessies wat deur hofuitsprake veroorsaak word, ook reggestel word.
6.3. Die wysigings is gegrond op die bevordering van die inisiatief vir ’n enkele staatsadministrasie en gee ook uitvoering aan die beleidshervormings wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan beoog word vir die bou van 'n professionele staatsdiens.
6.4. Die inisiatief vir ’n enkele staatsadministrasie word ondersteun deur die beginsel om doeltreffende, gehalte, samewerkende en verantwoordbare dienslewering te verseker.

7. Amptelike beleid vir identiteitsbestuur

7.1. Die Kabinet keur goed dat die amptelike beleid vir identiteitsbestuur vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid stel verskeie veranderinge voor, insluitend die wysiging van die Wet op Identifikasie, 1997 (Wet 68 van 1997) en die Wet op die Wysiging van Geslagsbeskrywing en Geslagstatus, (Wet 40 van 2003) om dit in lyn te bring met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet 4 van 2013).
7.2. Dit stel ook voor dat die Nasionale Bevolkingsregister geïntegreer word om 'n enkele siening van 'n persoon moontlik te maak met funksies wat met ander regerings- en privaatsektor-identiteitsbestuurstelsels kan skakel. Dit sal die huidige stelsels integreer met 'n biometriese nasionale identiteitstelsel. Die nuwe voorgestelde bevolkingsregister sal die basis van 'n amptelike e-identiteit vorm, wat as die ruggraat van staats- en private digitale platforms sal dien. 

8. Protokol tot die Konstitutiewe Wet van die AU met betrekking tot die Pan-Afrikaanse Parlement (PAP)

8.1. Die Kabinet keur goed dat die Protokol tot die Konstitutiewe Wet van die AU tot die PAP vir bekragtiging ingedien word. Om uitvoering aan hierdie protokol te gee, moet lidlande dit deur hul onderskeie parlemente bekragtig. Suid-Afrika is die gasheer van die PAP, wat die wetgewende been van die AU is.

C. Wetsontwerpe

1. Wysigingswetsontwerp op die Wet op Nasionale Klein Ondernemings (NSEA) van 2020

1.1. Die Kabinet keur goed dat die NSEA vir openbare kommentaar gepubliseer word. Dit sal die Wet op Nasionale Klein Ondernemings, 1996 (Wet 102 van 1996) wysig. Die wysigings maak voorsiening vir die Kantoor van die Ombuddiens vir Klein Ondernemings en herroep die instelling van 'n raadgewende liggaam.
1.2. Die wetsontwerp verbreed toegang tot geregtigheid vir klein ondernemings deur die ombudsdiens, wat daarvoor verantwoordelik sal wees om klein ondernemings se klagtes te oorweeg en af te handel.
1.3. Die implementering van die wysigings sal groter stabiliteit in die sektor meebring, sowel as ekonomiese geleenthede deur die skep van werksgeleenthede deur klein, medium en mikro-ondernemings te bevorder.

2. Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA)

2.1. Die Kabinet keur goed dat die NYDA-wysigingswetsontwerp vir openbare kommentaar ingedien word. Die wysigings verbeter die bedryfsdoeltreffendheid van die NYDA om die agentskap se reikwydte uit te brei en die reaksie op jongmense se behoeftes te verhoog.
2.2. Die jeug vorm bykans 'n derde van Suid-Afrika se bevolking. Die implementering van hierdie wetsontwerp sal verder bydra tot die opbou van 'n hoogs geskoolde arbeidsmag, sowel as die ondersteuning van entrepreneurskap. Dit sal ook bydra tot die oplossing van die driedubbele ontwikkelingsuitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid.

D. Toekomstige gebeure

1. 16 Dae van aktivisme

1.1. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die tema: "Vroue se ekonomiese geregtigheid vir 'n nie-gewelddadige en nie-seksistiese Suid-Afrika" vir die 16 Dae van Aktivisme-veldtog. Dit is die hoogtepunt van die 365 dae teen GBVF-veldtog. Aangesien die nasionale rampstaat groot byeenkomste verbied, sal President Ramaphosa die veldtog virtueel op Woensdag 25 November 2020 van stapel stuur. Die noodreaksie-aksieplan om GBVF te bekamp, wat in 2019 goedgekeur is, het begin om die oorlewendes te ondersteun; bewusmakings- en voorkomingsveldtogte te bespoedig; wette en beleide te verbeter; die ekonomiese bemagtiging van vroue te bevorder, en die strafregstelsel te versterk.
1.2. Die goedgekeurde Nasionale Strategiese Plan (NSP), wat vroeg vanjaar deur President Ramaphosa ontvang is, bespoedig die noodreaksie-ingryping wat in 2019 begin is. Die Interministeriële Komitee oor GBVF onder leiding van die Minister in die Presidensie vir Vroue, Kinders en Persone met Gestremdhede, me Maite Nkoana-Mashabane, hou steeds toesig oor die hoofstroom-operasionalisering van die NSP se programme.

2. Wêreldvigsdag – 1 Desember 2020

2.1. Die tema vir Wêreldvigsdag op 1 Desember 2020, "Ons is saam hierin, Cheka Impilo!" beklemtoon die individuele verantwoordelikheid om te verseker dat die winste wat tot dusver behaal is in die reaksie op die miv- en tuberkulose-epidemies, nie verlore gaan nie.
2.2. Suid-Afrika het die grootste MIV-epidemie ter wêreld, met ongeveer 7,7 miljoen mense wat met MIV leef, en 'n derde van alle nuwe infeksies in Suider-Afrika verteenwoordig. Meer mense toets nou vir MIV. Suid-Afrika het die wêreld se grootste program vir antiretrovirale terapie. Dit is die eerste land in Afrika suid van die Sahara wat voorafblootstelling-profilakse ten volle goedkeur. Dit word nou aan mense met 'n hoë infeksierisiko beskikbaar gestel.
2.3. Die Kabinet doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om die drie stappe van Cheka Impilo te volg: Eerstens, laat jou medies ondersoek en word gratis getoets vir MIV en TB by enige kliniek in jou omgewing. Tweedens, neem stappe sodra jy weet wat die uitslag van jou toets is; begin dadelik met die behandeling of bly op jou behandeling. Laastens, leef slim, leef gesond deur riskante seksuele gedrag en ongesonde gewoontes te vermy, volg 'n gesonde, gebalanseerde dieet.

3. Groep van Twintig (G20) -leiersberaad

3.1. President Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die virtuele G20-leiersberaad op Saterdag 21 November en Sondag 22 November.
3.2. Die G20-leiersberaad word deur die Koninkryk van Saoedi-Arabië aangebied met die klem op die verskerping van wêreldwye samewerking rondom die tema "Realisering van 21ste eeu-geleenthede vir almal". Die beraad is daarop gerig om internasionale pogings te lei in die ontwikkeling van 'n robuuste gekoördineerde wêreldwye reaksie om die COVID-19-pandemie te beveg, die wêreldekonomie te beskerm en internasionale samewerking te verbeter.
3.3. Besprekings sal daarop gerig wees om mense te bemagtig, die planeet te beskerm en wêreldwye uitdagings op te los deur besluite wat die hele mensdom bevoordeel.

A. Boodskappe

1. Gelukwense

  • Die Kabinet dra sy gelukwense en goeie wense oor aan:
  • President Ramaphosa met die herdenking van sy 68ste verjaarsdag op Dinsdag   17 November 2020.
  • President Alassane Ouattara en die mense van die Ivoorkus met ’n suksesvolle verkiesing.
  • Die Verenigde State van Amerika (VSA) se verkose President Joseph R. Biden, en die VSA se mense, na afloop van ’n suksesvolle verkiesing.
  • Master KG vir die toekenning wat hy by die MTV EMA's verower het as die beste optrede in Afrika vir die treffer Jerusalema met Nomcebo Zikode, wat een van die gewildste liedjies ter wêreld geword het.
  • Banyana Banyana wat hul vierde agtereenvolgende COSAFA-vrouekampioenskapstitel gewen het met ’n 2-1 oorwinning oor Botswana.
  • Bafana Bafana wat ’n dubbelspel teen Sao Tome en Principe voltooi het om op koers te bly vir die 2022 Afrika-nasiesbeker-toernooi.

2. Medelye

  • Die Kabinet betuig sy medelye met die:
  • mense van Ghana en die familie en vriende van Ghana se voormalige President, Jerry Rawlings.
  • familie, vriende en kollegas van die uittredende Ouditeur-generaal, mnr. Kimi Makwetu, wat ons land met voortreflikheid gedien het en 'n bydrae gelewer het om 'n kultuur van aanspreeklikheid in die gebruik van staatsbronne te vestig. Makwetu se dood is 'n groot verlies vir die ouditeursberoep en die taak om 'n verantwoordelike administrasie te bou. Die Kabinet is trots daarop dat Makwetu by die Verenigde Nasies se onafhanklike ouditadvieskomitee deur akklamasie verkies is, 'n taak wat hy sonder twyfel met lof sou uitvoer.
  • regering en mense van Palestina met die afsterwe van dr Saeb Erekat. Dr Erekat was Sekretaris-generaal van die Palestynse Bevrydingsorganisasie se Dagbestuur, lid van die Fatah Sentrale Komitee en vooraanstaande akademikus. Hy was ook die Palestyne se hoof-vredesonderhandelaar en 'n goeie vriend van Suid-Afrika. 

E. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die toepaslike klaring.

1. Beheerliggaam van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie:

a. Mnr Enos Ngutshane Voorsitter);
b. Mnr Siobhan Leyden;
c. Mnr Kaizer Moyane;
d. Mnr Sifiso Lukhele;
e. Me Riefdah Ajam;
f. Mnr Narius Moloto;
g. Mnr Bheki Ntshalintshali;
h. Mnr Thembinkosi Mkalipi;
i. Me Thabitha Constance Mametja; en
j. Me Tshepo Mahlaela.

2. Nie-uitvoerende Direksielede van die Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika:

a. Ambassadeur Jeanette Thokozile Ndhlovu (heraanstelling);
b. Dr Reginald Cassius Lubisi;
c. Dr Phillip David Dexter;
d. Me Refilwe Matenche;
e. Maj-gen (afgetree) Lungile Christian Pepani;
f. Me Fundiswa Skweyiya-Gushu;
g. Mnr Timothy Mandla Sukazi; en
h. Me Peta Nonceba Mashinini.

3. 6de-termyn op die Ingenieursraad van Suid-Afrika:

1. Me Refilwe Buthelezi;
2. Me Prudence Madiba;
3. Me Tshwaraganang Ramagofu;
4. Mnr John Daniels;
5. Mnr Mashao Lawrence Lebea;
6. Mnr Kasango Nyembwe;
7. Mnr Simphiwe Nathaniel Zimu;
8. Mnr Thembinkosi Cedric Madikane;
9. Mnr Sipo Mkhize;
10. Me Nirvanna Rampersad;
11. Me Liezl Smith Smith;
12. Me Refilwe Lesufi;
13. Me Sarah Skorpen;
14. Me Abimbola Olukunle;
15. Mnr Sandiswa Jekwa;
16. Me Linda Njomane;
17. Mnr Mpho Ramuhulu;
18. Me Philile Precious Mdletshe;
19. Mnr Lesetja Boshomane;
20. Me Amelia Mtshali;
21. Mnr Thulebona Memela;
22. Me Simangele Mngomezulu;
23. Me Otilia Mthethwa;
24. Mnr Thembinkosi Gamedze;
25. Me Phumza Zweni;
26. Mnr Bhekinkosi Williason Mvovo;
27. Me Patronella Fikile Sibiya;
28. Me Cingisa Mbola;
29. Me Thulisile Mwelase;
30. Mnr Kemraj Ramgobind Ojageer;
31. Mnr Enson Muranganwa Mangwengwende;
32. Me Thandeka Chili;
33. Mnr Sifiso Keswa;
34. Me Sejako Morejwane;
35. Me Nirasha Sampson;
36. Me Sewela Mutileni;
37. Me Nokhana Moerane;
38. Mnr Mamadi Isau Mailula;
39. Me Natalie Skeepers;
40. Mnr Matome Edmund Modipa;
41. Dr Reginald Sethole Legoabe.
42. Mnr Carlo Van Zyl;
43. Mnr Ranthekeng Moloisane;
44. Mnr Njabulo Nhleko;
45. Me Elizabeth Theron;
46. Mnr Arnold Heinz Sommer;
47. Me Rachel Ledwaba;
48. Mnr Nic Smit; en
49. Mnr Sekete Zachia David Botsane;

4.  Kommissie vir Billike Indiensneming

a. Me Tabea Kabinde (Voorsitter);
b. Mnr Bhabhali kaMaPhikela Nhlapho;
c. Me Lebogang Mulaisi;
d. Mnr Puleng Tsebe;
e. Mnr Mpho Vuma;
f. Thembi Chagonda;
g. Zinzisa Pearl Mgobondela;
h. Me Stieneke Jensma; en
i. Me Dineo Mmako.

5. Mnr Mashwahle Joseph Diphofa – Verlenging van vyfjaar-kontrak as Direkteur-generaal (DG), Departement van Tradisionele Sake.

6. Dr Phil Mjwara – Verlenging van tweejaar-kontrak as DG van die Departement van Wetenskap en Innovasie.

7. Dr Duncan Ettienne Pieterse – Adjunk-DG (ADG): Ekonomiese Beleid, Departement van Nasionale Tesourie.

8. Dr Thuli Nomsa Khumalo – ADG: Klimaatsverandering en Luggehalte, Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye.

Navrae: Me Phumla Williams – Kabinetswoordvoerder

Selfoon: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore