Verklaring oor die Virtuele Spesiale Kabinetsvergadering op Dinsdag,  14 September 2021

Die virtuele spesiale Kabinetsvergadering het plaasgevind voor die aanvang van die Kabinets-legotla.  

A. Kabinetsbesluite

1. Verlenging van die Waterstofvereniging se Padkaart (HSRM)

1.1. Die Kabinet keur die verlenging van die HSRM vir die volgende 10 jaar goed. Die HSRM gee uiting aan die Waterstof Suid-Afrika Strategie wat in 2007 deur die Kabinet goedgekeur is om die land voor te berei vir ’n ekonomie wat op waterstof gebaseer is. Die HSRM bou voort op wat oor die afgelope 10 jaar vermag is om Suid-Afrika voor te berei om te skuif van navorsing en ontwikkeling na vervaardiging en kommersialisasie.

1.2. Die HSRM integreer alle waterstofverwante tegnologieë in verskeie sektore van die ekonomie doeltreffend en bevorder ook inklusiewe ekonomiese groei. Dit posisioneer Suid-Afrika as ’n bestemming met volhoubare ekonomiese bekwaamheid ten opsigte van waterstof en groei ook uitvoermarkte met betrekkking tot waterstoftegnologieë.

1.3. Plaaslike vervaardiging van waterstofprodukte en waterstofkomponente sal bydra tot werkskepping en die ontwikkeling van vaardighede, en ook ekonomie transformasie verbeter wat die sektor van die samelewing wat voorheen gemarginaliseer is, veral vroue en kinders, sal bevoordeel.

1.4. Die HSRM verskaf ook ingrypings wat sal bydra tot die vermindering van die vrystelling van kweekhuisgasse. Dit sal onder meer die verskaffing van hernubare krag tot die hoofenergienetwerk energie verhoog en beoog ook ingrypings in die hoë-invoerdiensvervoersektor, wat ’n groot bydrae lewer tot die vrystelling van kweekhuisgasse.

1.5. Die padkaart het breedvoerige konsultasie deur alle betrokke rolspelers ondergaan, insluitend staatsdepartemene, akademia, die privaatsektor en wetenskapsrade. Dit verskaf ’n koördineringsraamwerk om die integrasie van alle waterstofverwante tegnologieë en vaardigheidsontwikkeling in die land te verseker. Hierdie dokument sal beskikbaar gestel word op die departement van wetenskap en innoverinng se webwerf: www.dst.gov.za.

2. Gewysigde Konvensie op die Fisiese Beskerming van Kkernmateriaal (GKFBK)

2.1. Die Kabinet keur die inhandiging van die gewysigde GKKFBK aan die Parlement goed, in terme van artikel 231(2) van die Grondwet van Suid-Afrika van 1996, wat lui dat: “ʼn Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit ʼn ooreenkoms genoem in subartikel (3) is”.

2.2. Die wysigings wat deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) gemaak is, versterk die globale minimum fisiese beskerming van fasiliteite en kernmateriaal wat vir vreedsame doeleindes gebruik word. As lid van die IAEA het Suid-Afrika hierdie konvensie in 2007 onderteken en vervolgens bekragting.

2.3. Die wysigings aan die konvensie versterk die veiligheid van die ledelande, insluitend die fisiese beskerming van kernfasiliteite en kernmateriaal. 

2.4. Dit verskaf ʼn lys van oortredings soos byvoorbeeld die invoer en uitvoer van kernmateriaal sonder toestemming wat vooraf bekom is nie. Dit verbeter samewerking onder ledelande in die deel van inligting rakende onwettige aktiwiteite met betrekking tot kernmateriaal.

3. Vervanging van SAFARI-1 kernnavorsingsreaktor

3.1.        Die Kabinet keur die implementering goed van die veeldoelige kernreaktorprojek om die huidige SAFARI-1 kernnavorsingsreaktor wat deur die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (NECSA) besit word, te vervang. Die kernreaktor is sedert 1965 werksaam en sy lewensduur sal in 2030 tot ’n einde kom.

3.2. SAFARI-1 is een van die vier voorste vervaardigers van mediese radioisotope in die wêreld en dra jaarliks by tot die behandeling van miljoene pasiënte. Dit lewer ook ’n bydrae tot wetenskaplike navorsing, asook ontwikkeling en innovasie in die mediese, landbou-, paleontologie- en biowetenskapsektore.

3.3. Die vervanging sal verseker dat Suid-Afrika een vann die voorste lande bly in hierdie sektore en voordeel trek uit die nuwe tegnologieë in hierdie omgewing. Die projek sal gelei word deur ’n aantal verwante departemente, met NECSA as die hoofkliënt.

4. Suid-Afrika se 4e Tweejaarlikse Vorderingsverslag

4.1. Die Kabinet kur die inhandiging goed van die land se 4e tweejaarlikse vorderingsverslag – wat terugvoer gee oor die vordering wat die land gemaak het in terme van die bekamping van en aanpassing tot klimaatsverandering – by die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie vir Klimaatsverandering (UNFCCC).

4.2. Die verslag gee terugvooer oor die beleide wat geïmplementeer is asook die maatreëls wat ingestel is en aksies wat uitgevoer is deur die land om kweekhuisgasse te verminder. Dit verskaf ook ’n opdatering van die oorgangsingrypings et die oog op ’n laer-koolstof-ekonomie soos voorgeskryf deur die Witskrif op die Nasionale Reaksie tot Klimaatsverandering.

4.3. Suid-Afrika het hulself verbind daartoe om ’n gelykmmatige bydrae te lewer tot die globale pogings om kweekhuisgasvrystellings te stabiliseer as deel van die land se ontwikkelingsprioriteite. As ondertekenaar van die UNFCCC word daar van Suid-Afrika verwag om hierdie vorderingsverslae gereeld in te handig.

5. Nasionaal-bepaalde Bydrae

5.1. Die Kabinet keur Suid-Afrika se gewysigde nasionaal-bepaalde bydrae tot die klimaatsveranderingsmatigingsteiken vir 2030 aan die UNFCCC goed. Suid-Afrika het sy teikenwydte vir 2025 gewysig na 398-510 en vir 2030 na 350-420 Mt Co2-eq.

5.2. Volgens die Parys-ooreenkoms word alle partye vereis om elke vyf jaar hierdie nasionaal-bepaalde bydraes te maak. Suid-Afrika het in Oktober 2015 sy eerste bydrae aan die UNFCCC gemaak en voorgeneem om nasionale kweekhuisgasvrystelling binne die rekwydte van 398-614 Mt CO2-eq vir 2025 en 2030 te hou. Die Parys-ooreenkoms is ook daarop gemik om die globale temperature tot ver onder 2°C te verlaag en mik na 1.5°C.

5.3. Daar word van alle partye verwag om hul 2015-teikens in 2020 op te dateer om te verseker dat hierdie teikens met die nuutste wetenskap belyn is. Die gewysigde teikenswydtes neem in ag die nuutste verslae vanaf die interregeringspaneel vir klimaatsverandering en is belyn met al die rolspelers wat tot die land se pogings bydra.

B. Wetsontwerpe

1. Gewysigde Wetsontwerp op Mariene Besoedeling 2 van 1986) (Voorkoming van Besoedeling vanaf Skepe) van 2021

1.1. Die Kabinet keur die Gewysigde Wetsontwerp op Mariene Besoedeling (Voorkoming van Besoedeling deur Skepe) van 2021 vir publieke kommentaar goed. Die gewysigde wetsontwerp is daarop gemik om die Wet op Mariene Besoedeling (Wet 2 van 1986) te wysig en te belyn met die gewysigde Internasionale Konvensie vir die Voorkoming van Besoedeling deur Skepe (MARPOL).

1.2. Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van MARPOL, die hoof internasionale konvensie wat die voorkoming van besoedeling van die mariene omgewing deur skepe weens bedryfsoorsake of ongelukke monitor.

1.3. Die gewysigde wetsontwerp sal bydra tot die bewaring van die mariene-omgewing deur mariene besoedeling deur skepe wat olie en ander skadelike stowwe stort, te verhoed.

1.4. Dit is ook voorgestel dat skepe brandstof met ’n maksimum inhoud van 0.5% sulfur of andersins goedgekeurde brandstofbehandelingstelsels gebruik.

2. Gewysigde Wetsontwerp op Maatskappye van 2021

3. Die Kabinet keur die publikasie van die Gewysigde Wetsontwerp op Maatskappye van 2021 vir publieke kommentaar goed. Hierdie wetsontwerp wysig die Wet op Maatskappye, 2008 (Wet 71 van 2008). Die Kabinet het die huidige wetsontwerp in Augustus 2018 vir openbare beraadslaging in goedgekeur en die uitslae daarvan het gelei tot die hersiening van daardie wysigings.

3.1. Die hersiene wysigings verskaf meer duidelikheid in ’n aantal klousules van die wetsontwerp wat daarop gemik is om die regulatoriese regime op sake-ondernemings te verminder, teengeldwasserygapings toe te stop, die vereistes vir deursigtigheid en openbaarmaking te versterk, en die aandeelhouers se mag in maatskappye te versterk.

4. Nasionale Wetsontwerp op Klimaatsverandering

5. Die Kabinet keur die inhandiging van die Nasionale Wetsontwerp op Klimaatsverandering by die Parlement goed. Die wetsontwerp is daarop gemik om ’n staatsstuk te wees ter bevordering van die implementering van die nasionale beleid op aanpassing tot klimaatsverandering.

5.1. Dit bemoontlik die belyning van beleide wat die land se aanpassinng tot klimaatsverandering sal beïnvloed. Dit voorsien ook vir die oordragsreëlings van die land om te verskuif na ’n laer koolstof- en klimaatvaste ekonomie.

5.2. Die wetsontwerp het reeds ’n breedvoerige openbare konsultasieproses ondergaan wat al die betrokke rolspelers ingesluit het.

C. Aanstellings

Alle aanstellings is onderworpe aan die verifikasie van kwalifikasies en die toepaslike klaring.

1. Mnr Smunda Mokoena as voorsitter van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika.

2. Dr Margaret Mkhosi-Motsaathebe as hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Instituut vir die Bestuur van Radioaktiewe Afval.

Navrae:
Me Phumla Williams – Kabinetswoordvoerder
Selfoon: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore