Eis werkloosheidsvoordele

Wanneer jou werknemer jou dienste beëindig, kan jy aansoek doen vir voordele by die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF).

Die voordele is net beskikbaar indien jy tot die WVF bygedra het terwyl jy gewerk het. Jy kan nie eis indien jy bedank het, geskors is of gedros het van die werk nie. Jy kan wel eis indien die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) die bedanking as konstruktiewe ontslag beskou.

Om vir die voordele in aanmerking te kom, moet jy registreer as 'n werksoeker. Jy moet aansoek doen vir die voordele sodra jy werkloos raak of binne ses maande vanaf die beëindiging van jou werk.

Vind meer uit oor hoe om werkloosheidsvoordele te eis of kontak die WVF vir meer inligting.

 

Share this page