Die wettiging en waarmerking van amptelike dokumente

Indien jou dokumente van Suid-Afrika afkomstig is en gebruik gaan word in ‘n ander land, moet dit eers bekragtig of gewettig word. Dis die proses waartydens verskeie seëls aangebring word op die dokumente sodat dit as wettige dokumente erken sal word in ander lande.

Die wettigingsafdeling by die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking kan die relevante Apostille- of egtheidsertifikaat uitreik, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

  • Die dokumente is steeds geldig.
  • Jy moet die wettigingsafdeling laat weet in watter land die dokument gebruik gaan word sodat hulle kan bepaal of ‘n apostillesertifikaat of egtheidsertifikaat nodig is.
  • Afhangende van die tipe dokument, moet jy moontlik eers die dokument laat onderteken of stempel deur die toepaslike departement of instansie; by ‘n landdros, ‘n addisionele landdros of assistent-landdros; of ‘n griffier van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, voordat die wettigingsafdeling die toepaslike apostille- of egtheidsertifikaat kan uitreik.

Die volgende dokumente word nie aanvaar nie:

  • verkorte dokumente of rekenaaruitdrukke
  • gesertifiseerde afskrifte van huweliks-, geboorte-, doods- of polisieklaringsertifikate
  • gesertifiseerde afskrifte van sertifikate van huwelikstatus (geen hindernis) of bewys van burgerskap
  • gesertifiseerde afskrifte van reisdokumente of identiteitsdokumente
  • dokumente bekragtig deur ‘n kommissaris van ede as ware afskrifte van die oorspronklike moet geneem word na ‘n publieke notaris (‘n prokureur geregistreer by die Hooggeregshof).

Lees meer oor die wettiging van amptelike dokumente, kontak die wettigingsafdeling op telefoonnommer 012 351 1726 of per e-pos by legalisation@dirco.gov.za.

 

Share this page