Registrasie van Suid-Afrikaners in die buiteland

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking bied ‘n vrywillige registrasiediens vir Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland reis of woon. Hierdie diens word verskaf ingeval daar ‘n behoefte sou ontstaan om jou te kontak met dringende advies oor 'n natuurlike ramp, burgerlike onrus of familienoodgeval.

Die departement kan die inligting op die ROSA-aanlynregistrasievorm gebruik om:

  • Suid-Afrikaners en hul families te kontak vir enige redelike doel wat toepaslik geag mag word
  • die beskerming en welsyn van Suid-Afrikaanse burgers te verseker en om bystand te bied.

Registreer aanlyn by ROSA. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking gebruik veilige tegnologie om jou inligting te beskerm.

 

Share this page