Aansoek om ’n toeristepaspoort of ’n reisdokument

Jy het ‘n paspoort nodig om in die buiteland te reis.

‘n Paspoort is ‘n dokument uitgereik deur die nasionale regering vir internasionale reise en dit bevestig die identiteit en die nasionaliteit van die houer.

Jy moet ‘n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument hê om aansoek te doen vir ‘n paspoort, of indien jy minderjarig is, ‘n geboortesertifikaat.

Indien jy reis vir amptelike regeringssake, kan jy aansoek doen vir ‘n amptelike paspoort.  Diplomate kry dipomatieke paspoorte.

Vind meer uit oor paspoorte en reisdokumente of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page