Konsulêre dienste

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking bied konsulêre dienste aan Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland werk, woon, reis en studeer.

Afhangende van die dienste wat jy verlang, kan 'n geldige vorm van identifikasie versoek word.  Indien jy twyfel en waar moontlik sal ‘n aanvanklike telefoonoproep tyd spaar.

Konsulêre dienste is gratis tensy anders aangedui.

Dienste kan hulp in noodgevalle, wetlike hulp of hulp om verlore of gesteelde reisdokumente te vervang, insluit.

Vir hulp in die buiteland kontak gerus die naaste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger of die Hoofdirektoraat: Konsulêre Dienste in Pretoria.

 

Share this page