Advies vir Suid Afrikaanse burgers wat in die buiteland reis

Wanneer jy in die buiteland reis, geld die reëls van die betrokke land vir almal. Suid-Afrikaners word nie vrygestel van enige buitelandse wetgewing nie, en sal nie spesiale behandeling ontvang nie.

Vind uit oor jou bestemming, met besondere aandag aan kwessies rakende persoonlike sekuriteit, veiligheid, gesondheid, immigrasie, doeane- en invoerregulasies. Suid-Afrikaners word aangemoedig om die naaste Suid-Afrikaanse diplomatieke of konsulêre verteenwoordiger te kontak en om te alle tye besonderhede van hul naasbestaandes by hulle te hê.

Lees meer oor reise in die buiteland, of kontak die Hoofdirektoraat: Konsulêre  Dienste vir meer inligting.

 

Share this page