Registreer by ’n tersiêre inrigting

Oor
Wat om te doen
Hoe lank need dit?
Hoeveel kos dit
Vorms om te voltooi
Kontakbesonderhede

 

 

Oor registrasie by ’n tersiêre inrigting

Jy kan jou studie na skool voortsit aan ’n universiteit, universiteit van tegnologie of tegniese en beroepsonderwys-en-opleidingskollege (TBOO-kollege) van jou keuse, indien jy kwalifiseer.

Universiteite bied akademiese en beroepsprogramme aan, terwyl universiteite van tegnologie en TBOO-kolleges beroepsgerigte programme aanbied.

Bevestig die minimum toelatingsvereistes by die instelling van jou keuse. 

Indien jy ’n internasionale student is, moet jy eers by ’n Suid-Afrikaanse hoë kommissie, ambassade, konsulaat of handelsending in jou land van oorsprong om ’n studiepermit aansoek doen. Jou buitelandse kwalifikasies moet eers deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) geëvalueer word voordat jy registreer. Evaluerings kan tot 16 dae neem.

Wat jy moet doen

  1. Kies ’n kursus waarvoor jy kwalifiseer op grond van jou toelatingspunte en die vereistes van die betrokke instelling.
  2. Indien jy by ’n privaat instelling inskryf, moet jy seker maak dat dit wel by die Departement van Onderwys geregistreer is. 
  3. Doen direk by die instelling van jou keuse aansoek om toelating.
  4. Voltooi die instelling se voorgeskrewe aansoekvorm.
  5. Dien die aansoekvorm en al die vereiste dokumentasie by die instelling in.

Indien jy ’n internasionale student is, moet jy vir die volgende dokumente aansoek doen:

How lank neem dit?

Verskillende instellings het verskillende tydsraamwerke

Hoeveel kos dit

Studiegelde wissel van instelling tot instelling.

Vorms om te voltooi

Registrasievorms is by universiteite en TBOO-kolleges beskikbaar.

Wie om te kontak

Universiteite

Openbare TBOO-kolleges

Privaat TBOO-kolleges

Share this page