Registreer ’n ingevoerde voertuig

Indien jy ’n ingevoerde voertuig in Suid-Afrika wil registreer, moet jy dit by die tersaaklike registrasie-owerheid doen.

Die volgende dokumente word vereis:

  • eNaTIS-vorm (MVR1A of RLV);
  • RSA-identiteitsdokument;
  • Indien jy nie ’n RSA-identiteitsdokument het nie:
    • Identiteitsdokument wat deur ’n ander land uitgereik is, of
    • Verkeersregisternommersertifikaat.
  • Dokumente wat met die registrasie en lisensiëring van die motorvoertuig buite die RSA verband hou.
  • Gesagsbrief van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies

Indien jy die voertuig in ’n maatskappynaam registreer, moet jy die volgende dokumente hê:

  • ’n Inkorporasiesertifikaat wat ingevolge die Maatskappywet uitgereik is, of
  • ’n Sertifikaat van naamsverandering wat ingevolge die Maatskappywet uitgereik is.
  • Indien jy die voertuig in die naam van ’n beslote korporasie wil registreer, moet jy die volgende dokumente hê:
    • ’n Stigtingsverklaring wat ingevolge die Wet op Beslote Korporasies uitgereik is, of
    • ’n Sertifikaat van naamsverandering wat ingevolge die Wet op Beslote Korporasies uitgereik is.

Voordat die voertuig geregistreer kan word, moet jy ’n klaringsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verkry. Dit word eers uitgereik nadat de registrasie-owerheid jou van ’n verwysing- en registrasiesertifikaat voorsien het.

Die Doeane-en-Aksynsafdeling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal jou voorsien van die nodige bewys dat jy aan hul regulasies en prosedures voldoen. Jy word aangeraai om die SAID vir meer inligting te kontak.

Vind meer uit op die eNaTIS-webtuiste.

Wie om te kontak

 

Published Date

Share this page