Aansoek om deregistrasie van ’n motorvoertuig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent 'n aansoek om jou motorvoertuig te deregistreer

Jy moet aansoek doen om jou motorvoertuig te deregistreer indien dit:

  • permanent ongeskik verklaar word om op ’n openbare pad te wees
  • gesteel is
  • permanent vernietig is
  • vrygestel word van registrasie.

Die registrasie-owerheid sal dan ’n deregistrasie-sertifikaat uitreik. ’n Motorvoertuig wat vir vier jaar nie gelisensieer is nie, sal outomaties gederegistreer word.

Wat om te doen

Besoek jou naaste registrasie owereid en dien die volgende in:

  • gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument (ID)
  • gesertifiseerde afskrif van bewys van eienaarskap (titelhouer) 
  • ondersteunende dokumentasie indien benodig
  • die voertuig se registrasiesertifikaat.

Voltooi die Aansoek om Deregistrasie van Voertuig (ADV) vorm.

Tydsduur

Dit mag twee dae neem om jou aansoek te prosesseer.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis maar boetes en agterstallige lisensiegelde mag betaalbaar wees indien die aansoek laat is.

Vorms om in te vul

Vorm ADV (Aansoek om Deregistrasie van Voertuig)

Vorms is by die registrasie-owerheid beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page