Registreer as vervaardiger, invoerder of bouer van motorvoertuie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie as vervaardiger of invoerder van motorvoertuie

Indien jy motorvoertuie in Suid-Afrika wil vervaardig, invoer of bou teen ‘n wins, moet jy eers by die provinsiale departement van vervoer registreer.

Sodra die departement jou aansoek ontvang, sal die departement ‘n inspekteur uitstuur om vas te stel of jy voldoen aan al die toepaslike regulasies. Jou onderneming sal ook onderworpe wees aan ‘n vrywaring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Wat om te doen
  1. Gaan na die provinsiale departement van vervoer en dien die volgende in:
    • ‘n ingevulde aansoekvorm en kennisgewing ten opsigte van vervaardiger/invoerder/voertuigbouer (VIB)
    • ‘n gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument (ID)
    • ‘n gesertifiseerde afskrif van die gevolmagtigde se ID (indien die aansoeker ‘n groep persone is)
    • ‘n gesertifiseerde afskrif van die besigheidsertifikaat (indien die aansoeker ‘n groep persone is)
    • ‘n magtigingsbrief indien jy ‘n maatskappy verteenwoordig
    • ‘n doeanekodenommer vanaf die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) (indien jy ‘n invoerder is)
    • bewys van BTW-registrasie vanaf SAID
Tydsduur

Registrasie is onderworpe aan die toepaslike LUR se goedkeuring, en die registrasiesertifikaat word uitgereik sodra sodanige goedkeuring toegestaan word..

Hoeveel kos dit

Skakel jou plaaslike departement van vervoer om die koste vas te stel.

Vorms om in te vul

Aansoekvorm en kennisgewing ten opsigte van vervaardiger/invoerder/voertuigbouer (Application and notice i.r.o registration of a manufacturer/importer/builder of vehicles [Form MIB])

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page