Registreer vir waterverbruik

Alle watergebruikers moet by die Departement van Waterwese registreer. Jy moet registreer vir watergebruik indien jy nie water vanaf ’n diensverskaffer, plaaslike owerheid, waterraad, besproeiingsraad, regeringswaterskema of ander grootmaat-verskaffer ontvang nie en jy water gebruik vir:

  • besproeiing
  • mynbou-aktiwiteite
  • industriële gebruik
  • voerkrale
  • ingevolge ’n Algemene Magtiging.

In die toekoms, wanneer daar van watergebruikers verwag sal word om aansoek te doen om lisensies, sal diegene wat nie geregistreer is nie se kanse skraler wees om ’n lisensie vir watergebruik te ontvang.

Alle persone of liggame wat verplig word om te registreer vir watergebruik kan enige van die streekkantore van die Departement van Waterwese kontak.

 

E-mail: warmsenquiries@dwa.gov.za
Toll free number 0800 200 200

Share this page