Registrasie van ’n tersiêre instelling

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor registrasie as ’n tersiêre instelling

Wil jy tersiêre (hoër) onderwys in Suid-Afrika aanbied? Dan moet jy eers as ’n privaat hoëronderwysinstelling by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) registreer met die oog daarop om die wetlike bevoegdheid te verkry om hoëronderwysprogramme aan te bied.

Privaat hoëronderwysinstellings bied dieselfde vlakke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) (Vlak 5 tot 10) aan as openbare universiteite of universiteite van tegnologie.

Die doel van registrasie is om te verseker dat:

  • privaat instellings gehalte-onderwys bied
  • die publiek teen gewetenlose en uitbuitende operateurs beskerm word
  • die student kwalifikasies verwerf wat met die Hoëronderwyskwalifikasieraamwerk (HOKR) ooreenstem en op die NKR geregistreer is
  • die onderwysstelsel die doelwit bereik om Suid-Afrika ooreenkomstig regeringsbeleid en wetgewing te transformeer
  • privaat instellings aan die Wet op Hoër Onderwys, 1997 (Wet 101 van 1997) voldoen.

Privaat instellings se programme moet by die DHOO geregistreer word, deur die Hoëronderwys-gehaltekomitee (HOGK) van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) geakkrediteer word, en deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) op die NKR geregistreer word. Die programme moet nasionaal asook internasionaal erken word.

Jy moet minstens 18 maande voordat die instelling met sy werksaamhede wil begin, ’n aansoek om registrasie by die Registrateur van Privaat Hoëronderwysinstellings indien. ’n Aansoek om Omskakeling moet ingedien word teen die datum wat deur die Registrateur (Direkteur-Generaal) bepaal word.

Wat jy moet doen

  1. Voltooi die voorgeskrewe aansoekvorm.
  2. Dien die aansoekvorm by die Registrateur van Privaat Hoëronderwysinstellings in.
  3. Dien die volgende dokumente saam met die aansoekvorm in:
    • geouditeerde finansiële jaarstate of geouditeerde finansiële vooruitskattings
    • ’n sakeplan
    • borgstellingooreenkoms
    • maatskappy se registrasiedokumente
    • nakomingsverslae vir beroepsgesondheid en -veiligheid
    • sakeregistrasiesertifikaat
    • verklaring oor aansoek om akkreditasie
    • onderneming insake institusionele kapasiteit
    • verklaring oor monitering en evaluering
    • inter-institusionele ooreenkomste, indien enige
    • studenteprospektus, -kalender of -brosjure
    • inskrywingsvorms, studentekontrakte en reëls en regulasies.
  4. Buitelandse aansoekers moet die volgende indien:
    • verklaring oor gelykwaardigheid van kwalifikasies
    • bewys van erkenning in land van oorsprong
    • bewys van akkreditasie in die land van oorsprong
    • ’n akkreditasiesertifikaat van die HOGK en registrasie van SAKO
    • ondertekende verklaring dat die instelling nie op enige manier sal diskrimineer nie
    • in die geval van veranderings, die besonderhede wat verander moet word
    • verklaring oor monitering en evaluering, asook ’n onderneming op die amptelike briefhoof, gedateer en onderteken.
  5. Betaal die voorgeskrewe fooi.

Let wel: Kontak asseblief die Registrateur oor enige veranderings wat jy gedurende die aansoekproses wil aanbring.

Hoe lank neem dit?

  • Eerste registrasie: 18 maande voordat die instelling vir registrasie open.
  • Vir wysiging: 12 maande voordat die wysiging in werking tree.
  • Vir omskakeling: soos deur die Registrateur bepaal.

Hoeveel kos dit?

R500

Vorms om te voltooi

Vorms is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding beskikbaar:

  • Aansoek om registrasie as ’n Privaat Hoëronderwysinstelling, vorm APX-01
  • Aansoek om Wysiging, vorm APX-02 
  • Aansoek om Omskakeling, vorm APX-03

Wie om te kontak

National Office

Tel: 012 312 5253/5320
Fax: 012 324 6343
City/town: Pretoria
Province: Gauteng
Physical address: Department of Education: Directorate: Private Higher Education Institutions, Sol Plaatje House, 123 Schoeman Street, Pretoria
Postal address: Private Bag X895, Pretoria, 0001

Share this page