Sentrale Aansoekklaringshuis (CACH)

Die Sentrale Aansoekklaringshuis (CACH) help studente wat nie ’n plek aan ’n universiteit of kollege kon kry toe hulle aansoek gedoen het nie, om plasing by ’n ander universiteit of kollege te kry.

Indien jy aan ’n hoër-onderwysinstelling wil studeer, moet jy direk by die universiteite en kolleges waar jy graag wil studeer aansoek doen sodra hulle aansoeke open.

Die CACH-fasiliteit sal ’n voornemende student se inligting aan universiteite, tegniese en beroepsonderwys-en-opleidings (BOO) -kolleges  en die sektorale onderwys-en-opleidingsowerhede (SOOO’s) vir leerderskappe stuur.  Waar plekke beskikbaar is en jy aan die vereistes voldoen, sal die instellings jou kontak om jou ’n plek aan te bied.

Universiteite en kolleges aanvaar nie ‘instap’-aansoeke nie.

Registreer aanlyn op die CACH webtuiste of kontak die CACH-diens vanaf Januarie tot Februarie tussen 8:00 en 20:00 by 0800 356 635. Alternatiewelik kan jy ’n SMS met jou naam en ID-nommer na 49200 stuur.

Published Date

Share this page