Produksie-aansporingsprogram (PA)

Die Produksie-aansporingsprogram (PA) vorm deel van die oorkoepelende Klere-en-tekstielmededingendheidsprogram (CTCP). Dit is ‘n uitvloeisel van die Departement van Handel en Nywerheid se implementering van die sektorale ondersteuningsprogramme (CPS) vir die klere-, tekstiel-, skoeisel-, leer- en leergoederebedrywe.

Die produksie-aansporingsriglyne is daarop gerig om maatskappye in staat te stel om hul sakeplanne aan die CTCP-toonbank van die Nywerheidsontwikkelingkorporasie (NOK) voor te lê. Hulle voorsien ook ‘n raamwerk vir die CTCP-toonbank om sodanige gevalle te evalueer.

Jy kan die volledige voordeel aanwend as ‘n toelaagfasiliteit vir opgradering of as ‘n subsidiefasilitieit vir rente, of as ‘n kombinasie van albei.

Vind meer uit omtrent die program vanaf die Departement van Handel en Nywerheid.

 

the dtic Customer Contact Centre
Tel: 0861 843 384

Share this page