Klere-en-tekstielmededingendheidsprogram (CTCP)

Die klere-en-tekstielmededingendheidsprogram (CTCP) is daarop gemik op kapasiteit te bou onder vervaardigers en in ander gebiede van die klerasiewaardeketting in Suid-Afrika, om hulle in staat te stel om hul kliënte doeltreffend te voorsien en om op globale skaal mee te ding. Sodanige mededingendheid sluit in aangeleenthede rakende koste, gehalte, buigbaarheid, betroubaarheid, aanpasbaarheid en die vermoë om te vernuwe.

Die klere-, tekstiel-, leer- en skoensektor het, nadat die regering ʼn 100% plaaslike inhoudsvereiste gestel het, die herbekendstelling van produkte waar plaaslike vervaardiging gestaak is, beleef. Dit sluit tegniese tekstiel, beskermende skoene, beskermende weefstowwe en kambraiweefstof, in.

Dié ingryping, wat ook deur die Klere- en Tekstielmededingendheidsverbeteringsprogram ondersteun word, het tot die sektor se ommekeer bygedra. Die regering het op die invoervloed van goedkoop klere gereageer deur die invoerbelasting op klere, in ooreenstemming met Wêreldhandelsorganisasie-regulasies, na 45% te verhoog.

Vind meer uit omtrent die program vanaf die Departement van Handel en Nywerheid

 

the dti Customer Contact Centre
Tel: 0861 843 384

Share this page