Swart Besigheidsverskaffingsontwikkelingsprogram (SBVOP)

Die Swart Besigheidverskaffingsontwikkelingsprogram (SBVOP) is ‘n kostedelingstoelaag wat aangebied word aan klein ondernemings in swart besit om hulle  te help om hul mededingendheid en volhoubaarheid te verbeter. Dit help hulle om deel te word van die hoofstroomekonomie en om werk te skep.

Die program bied toelaes tot by ‘n maksimum van R1 miljoen:

  • R800 000 vir gereedskap, masjinerie en toerusting op ‘n 50:50-kostedelingsbasis
  • R200 000 vir besigheidsontwikkeling en opleidingsintervensies per geskikte onderneming om hul korporatiewe leierskap, bestuur, bemarking, produktiwiteit en aanwending van moderne tegnologie te verbeter, op ‘n 80:20-kostedelingsbasis.

Vind meer uit omtrent die program by die Department Kleinsake-ontwikkeling.

the dti Customer Contact Centre
Tel: 0861 843 384

 

 

Share this page