Inter-landelike familie-aanneming

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor familie of bloedverwante inter-landelike aanneming  

Neem die kind van jou Suid-Afrikaanse famlielid aan en laat die kind by jou in die buiteland bly. Indien jy in Suid-Afrika is en die kind woon in die buiteland, kan jy die kind by jou laat aansluit in Suid-Afrika sodra jy die kind in die buiteland aangeneem het.

Interlandelike aanneming behels die wettige oordra van ouerlike regte en verantwoordelikhede van die biologiese ouer(s) na jou toe oor internasionale grense heen.

Om die kind van jou Suid-Afrikaanse famlielid aan te neem, moet jy die sentrale gesag in jou verblyfland nader. Indien daar geen bevoegde gesag in jou land is nie, kan jy die Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD) kontak om die aanneming te fasiliteer.

Indien die kind in die buiteland is, moet jy die Suid-Afrikaanse  Sentrale Gesag (SASG) nader, wat die saak na ‘n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie sal verwys. Indien die kinderbeskermingsorganisasie jou na keuring en evaluering ‘n geskikte voprnemende aanneemouer bevind, sal hulle ‘n verslag saamstel en aan die buitelandse sentrale gesag stuur. Die buitelandse sentrale gesag sal op hulle beurt die saak ondersoek en ‘n kinderinspeksieverslag saamstel en na Suid-Afrika stuur.

As albei lande toestem tot die aanneming, sal jy na die betrokke oorsese land moet gaan om die aanneming te finaliseer.

Familie- of bloedverwante aannemings kan gedoen word met enige land sonder dat daar ‘n werkende ooreenkoms in plek is (Hague- of nie-Hague land).

Wat om te doen

  • Wanneer Suid-Afrika die land van herkoms is, is die prosedure soos volg:
    • Indien jy in die buiteland is en ‘n Suid-Afrikaanse familielid wil aanneem, moet jy die sentrale gesag in jou verblyfland kontak.
    • ‘n Geakkrediteerde aannemingsorganisasie sal jou evalueer en keur om jou geskiktheid as ‘n voornemende pleegouer vas te stel. Indien die organisasie jou geskik en bevoeg bevind om aan te neem, sal hulle ‘n uitgebreide huis-inspeksieverslag saamstel en dit aan SASG stuur, wat dit op hulle beurt weer aan ‘n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie sal stuur.
    • Die Suid-Afrikaanse kinderbeskermingsorganisasie sal die aanneembaarheid van die kind ondersoek.  Die maatskaplike werker sal seker maak dat elke persoon wat toestemming moet verleen vir die aanneming, toestemming sal gee deur middel van die kinderhof.
    • Geaffekteerde partye sal 60 dae gegee word waartydens hulle, hulle toestemming kan terugtrek voordat die kind as aanneembaar oorweeg word.
    • Die aannemingsorganisasie sal ‘n uitgebreide kinder-inspeksieverslag saamstel en aan die buiteland stuur.
    • As albei lande toestem tot die aanneming, sal jy na  Suid-Afrika moet kom om die aanneming te finaliseer.
  • Waar Suid-Afrika die ontvangsland is, en jy ‘n Suid-Afrikaner is wat ‘n famliekind wat in die buiteland is, wil aanneem, is die prosedure soos volg:
    • Jy  moet die Suid-Afrikaanse Sentrale Gesag kontak, wat op hulle beurt die saak na ‘n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie sal verwys.
    • Die kinderbeskermingsorganisasie sal jou evalueer en keur om jou geskiktheid as ‘n voornemende aanneemouer vas te stel. Indien die organisasie jou geskik en bevoeg bevind om aan te neem, sal hulle ‘n uitgebreide huis-inspeksieverslag saamstel en dit aan die buitelandse sentrale gesag stuur.
    • Die buitelandse sentrale gesag sal deur middel van hulle organisasie die aanneembaarheid van die kind ondersoek en ‘n uitgebreide kinder-inspeksieverslag saamstel. Die verslag sal aan die die Suid-Afrikaanse Sentrale Gesag gestuur word.
    • As albei lande toestem tot die aanneming, sal jy na die betrokke oorsese land moet gaan om die aanneming te finaliseer.

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

U moet ’n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie ten opsigte van interlandelike aanneming betaal.

Vorms om in te vul

Kontak die sentrale gesag in jou verblyfland.

Wie om te kontak

Kontak die sentrale gesag in jou verblyfland.

Share this page