Aansoek om 'n kind in pleegsorg te neem

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor pleegsorg 

As jy wil omsien na 'n kind wat sorg en beskerming nodig het, kan jy aansoek doen by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of by 'n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie om die kind in pleegsorg te neem.

Pleegsorg is die tydelike plasing van 'n kind wat versorging en beskerming nodig het. Die kind word geplaas in die sorg van 'n geskikte persoon wat nie die ouer of voog van die kind is nie.

Wie kwalifiseer om 'n pleegkind word?

Die kind moet:

  • onder 18 jaar oud wees en/of
  • verlate of wees gelaat wees en sonder enige sigbare ondersteuning wees
  • gedrag vertoon wat nie deur die ouer of versorger beheer kan word nie
  • haweloos wees of bedel vir 'n lewe
  • verslaaf aan 'n afhanklikheidsvormende stof wees en sonder enige ondersteuning om behandeling te verkry vir so 'n afhanklikheid
  • uitgebuit wees of blootgestel wees aan uitbuiting
  • in gevaar sal wees in die sorg van die ouer, voog of versorger
  • in 'n toestand van fisiese of geestelike verwaarlosing, mishandeling of misbruiking deur 'n ouer, versorger, persoon wat ouerlike verantwoordelikhede en regte het of 'n familielid van die kind is of deur ' n persoon onder wie se beheer die kind is.

Wie kwalifiseer om 'n pleegouer te word?

Om te kwalifiseer as 'n pleegouer, moet jy:

  • 18 jaar of ouer wees
  • geskik en bevoeg wees
  • bereid en in staat wees om die kind te onderhou
  • in staat wees om 'n bevorderlike omgewing vir die kind se groei en ontwikkeling te voorsien.

Jy kan net 'n kind in pleegsorg neem vir 'n tydperk wat in die hofbevel bevat word. Sodra die aangeduide tydperk van die hofbevel verval het, kan die voorsittende beampte na die hersiening van die aanbeveling van die maatskaplike werker die tydperk van die hofbevel verleng.

Wat om te doen

  • Doen aansoek by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of 'n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie.
  • Jy sal verwys word na 'n maatskaplike werker wat 'n ondersoek sal doen.
  • Die maatskaplike werker sal die kind se omstandighede evalueer.
  • Jy sal ook geassesseer en gekeur word vir geskiktheid as pleegouer.
  • Handig die volgende in:
    • 'n beëdigde verklaring dat die kind verlate is (indien van toepassing)
    • doodsertifikate van die ouers (indien van toepassing)
    • geboortesertifikaat van die kind (indien van toepassing). As die kind geen geboortesertifikaat het nie, sal die maatskaplike werker jou help om die geboortesertifikaat te kry.
    • jou identiteitsdokument.
  • Die biologiese ouer/s en die kind moet betrokke wees by die proses.
  • In gevalle waar die kind verlate of wat wees gelaat is, sal die maatskaplike werker help om aan 'n advertensie in koerante te plaas waarin die ouers gevra word om binne 'n maand na vore te kom.
  • Die maatskaplike werker sal 'n verslag saamstel en dit aan die kinderhof voorlê met aanbevelings.
  • Gegrond op die maatskaplike werker se verslag, kan die voorsittende beampte by die hof bevind dat die kind versorging en beskerming nodig het.
  • Die voorsittende beampte sal 'n hofbevel uitreik wat die plasing van die kind by die pleegouer goedkeur. Die hofbevel sal die name van die pleegouer, die pleegkind en die duur van die plasing bevat.

Let wel: As die hofbevel uitgereik is, kan jy aansoek doen vir 'n pleegsorgtoelae by jou naaste SASSA-kantoor. Die kind word ook vrygestel van die betaling van gelde by 'n staatskool en openbare gesondheidsorginstellings. Vir die kind om vrygestel te word van betaling van skoolgeld, moet jy 'n aansoekvorm wat beskikbaar is by die skool voltooi, en 'n afskrif van die hofbevel indien.

Tydsduur

Die ondersoek en afhandeling van die ondersoek wissel van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Alle vorms is beskikbaar by jou naaste kantoor van die Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

 

Share this page