Interlandelike aanneming met plaaslike element

Oor
Wat om te doen
Tydsduur |
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om interlandelike aanneming met 'n plaaslike element

Indien jy ‘n Suid-Afrikaner is wat in die buiteland bly en belangstel om ‘n Suid-Afrikaanse kind aan te neem, moet jy die sentrale gesag  in die land waar jy woon, kontak. 

Indien daar geen regsbevoegde gesag in jou land is nie, kan jy die Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD) kontak.

Interlandelike aanneming is die plasing van ‘n kind in die permanente sorg van ’n persoon wat nie die biologiese ouer of voog van die kind/ers is nie en in die buiteland woon. Dit bied ‘n permanente familie aan ‘n kind vir wie daar nie ‘n geskikte familie in sy  land van herkoms gevind kan word nie.

Wat om te doen

  • Kontak die sentrale gesag  of Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD) in die land waar jy woon.
  • Die sentrale gesag  of IMD in jou land sal ’n aannemingsorganisasie aanbeveel wat jou sal evalueer en keur vir geskiktheid.
  • Indien die sentrale gesag   of  IMD jou geskik en bevoeg bevind om aan te neem, sal hulle ’n uitgebreide huisinspeksieverslag saamstel en aan die Suid-Afrikaanse  Sentrale Gesag (SASG) stuur.
  • Die SASG sal die saak verwys na ‘n geakkrediteerde aannemingsorganisasie om vas te stel of daar ’n kind is wat  beskikbaar is vir aanneming.
  • Die maatskaplike werker sal  toesien dat elke persoon wat toestemming moet verleen vir die aanneming, toestemming sal gee deur middel van die Kinderhof.
  • Geaffekteerde partye sal 60 dae gegee word waartydens hulle, hulle toestemming kan terugtrek voordat die kind as aanneembaar oorweeg word.
  • Sodra die aannemingsorganisasie ’n verslag ten gunste van die aanneming indien, sal Die SASG ’n Artikel 17 uitreik waarvolgens interlandelike aanneming aanbeveel word.
  • Die SASG sal die kinder-inspeksieverslag aan die sentrale outoriteit in jou land stuur om jou by die kind te pas.
  • Indien jy steeds belangstel om die kind aan te neem, sal die sentrale outoriteit in die buiteland ‘n Artikel 17 uitreik  waarvolgens jy toestemming verleen word om die kind aan te neem en dit ook aan die die SASG stuur.
  • Jy sal genooi word om na Suid-Afrika te reis vir die finalisering van die aanneming in die kinderhof.
  • Die kinderhof sal ’n aannemingsbevel uitreik en die relevante dokumentasie sal aan die SASG gestuur word vir verifikasie en registrasie van die aanneming.

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Jy moet aan ’n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie ten opsigte van interlandelike aanneming.

Vorms om in te vul

Kontak die sentrale gesag of Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD) in die land waar jy woon.

Wie om te kontak

Kontak die sentrale gesag of Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD) in die land waar jy woon.

Share this page