Aanneming van ‘n kind in ‘n nie-konvensie land

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

 

Omtrent die aanneming van ‘n kind in ‘n nie-konvensie land

As jy ‘n buitelander is en belangstel om ‘n Suid-Afrikaanse kind aan te neem, maar jou land  het nie die Den Haag-konvensie onderteken nie, kan jy aanneem deur middel van die bevoegde gesag of die internasionale maatskaplike dienste (IMD) in jou verblyfland.

Wat om te doen

  1. Kontak die bevoegde gesag of die IMD in jou verblyfland.
  2. Die bevoegde gesag of die IMD sal jou na ‘n geakkrediteerde aannemingsorganisasie in jou land verwys vir evaluering en keuring, om vas te stel of jy geskik is om ‘n kind aan te neem.
  3. As die aannemingsorganisasie jou geskik en bevoeg vind om aan te neem, sal hulle ’n uitgebreide huis-inspeksieverslag saamstel en aan die Suid-Afrikaanse Sentrale Gesag (SASG) stuur.
  4. SASG sal die verslag aan die kinderbeskermingsorganisasie stuur wat ‘n aannemingswerkooreenkoms met die buitelandse agentskap het om te soek vir ’n kind wat beskikbaar is vir aanneming.
  5. As daar ‘n kind is wat beskikbaar is vir aanneming, sal die kinderbeskermingsorganisasie ’n kinder-inspeksieverslag saamstel en aan SASG stuur vir goedkeuring van interlandelike aanneming (Artikel 17).
  6. Die kinderbeskermingsorganisasie sal die verslag aan die buitelandse agentskap stuur om die kind met die voornemende ouers te pas.
  7. As jy nog belangstel in die aanneming, sal die bevoegde gesag in jou verblyfland of die IMD Artikel 17 uitreik, wat jou toestemming verleen om aan te neem.
  8. Die artikel 17 van jou land se bevoegde gesag of IMD sal na die geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie gestuur word. Die aannemingsagentskap in Suid-Afrika sal jou in kennis stel om na Suid-Afrika te reis vir die finalisering van die aanneming in die kinderhof.
  9. Die hof sal die aanneming finaliseer en hofdokumente sal na SASG gestuur word vir verifikasie en registrasie van aanneming.
  10. SASG sal dan die Sertifikaat van Korformiteit/Ooreenstemming uitreik.

Die buitelandse aannemingsagentskap sal aan u nasorgdienste bied vir ’n tydperk van vyf jaar.

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Die koste sal afhang van die aannemingsorganisasie.

Vorms om in te vul

Kontak die bevoegde gesag of die IMD in jou verblyfland.

Wie om te kontak

Kontak die bevoegde gesag of die IMD in jou verblyfland.

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling

Share this page