Staatsrede deur sy Eksellensie, Jacob G Zuma, President van die Republiek van Suid-Afrika, tydens die gesamentlike sitting van die Parlement

Agbare Speaker van die Nasionale Vergadering,
Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP),
Adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering en Adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies,
Adjunkpresident van die Republiek, Agbare Kgalema Motlanthe,
Voormalige President FW de Klerk,
Voormalige Adjunkpresident Baleka Mbete,
Agbare Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika en alle agbare lede van die Regbank,
Agbare Voorsitter van die SAOG Parlementere Forum en Speaker van die Parlement van Zimbabwe, Mnr Lovemore Moyo,
Agbare ministers en adjunkministers,
Agbare Minister van Openbare Betrekkinge van die Republiek van Angola, Mnr Rebelo Chikoti,
Agbare Minister van Buitelandse Sake van die Republiek van Mosambiek, Mnr Julio Baloi,
Agbare premiers en speakers van ons provinsies,
Voorsitter van die Suid-Afrikaanse plaaslike-regeringsvereniging (Salga) en alle leiers van ons plaaslike regeringstelsel,
Voorsitter van die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers,
Hoofde van Hoofstuk 9-instellings,
Die President van die Reserwebank,
Leiers uit die sake-, sport- en tradisionele sektore en geestelike leiers,
Lede van die diplomatieke korps,
Spesiale en eerbare gaste,
Mede-Suid-Afrikaners,

Dumelang, good evening, goeienaand, molweni, thobela, xewani!

Ek verwelkom u almal hartlik op hierdie belangrike dag.

Dit is vir my ?n eer om Suid-Afrikaners in hierdie Huis en in hul eie huise of uitsaailokale reg oor die land aan te spreek.

Ek verwelkom ook hartlik die ambassadeurs en hoe kommissarisse van 146 lande met wie Suid-Afrika diplomatiese bande het. Ons waardeer u teenwoordigheid in ons land.

Landgenote en vriende,

Hierdie Staatsrede word in ?n betekenisvolle jaar in die geskiedenis van ons land gelewer ? die eeufeesviering van die heersende party, die African National Congress.

Om hierdie geleentheid te vier wil ons graag alle Suid-Afrikaners se bydrae tot ?n werklik vry, nie-rassistiese, nie=seksistiese, demokratiese en voorspoedige land erken.

Ons wil graag die voormalige presidente van die ANC uitsonder, wat ons stryd om bevryding en die skep vir ?n beter lewe vir alle generasies gelei het. Ons salueer John Langalibalele Dube, Sefako Makgatho, Zac Mahabane, Josiah Gumede, Pixley ka Isaka Seme, AB Xuma, JS Moroka, Opperhoof Albert Luthuli, Oliver Tambo, Nelson Mandela en Thabo Mbeki.

Ons verwelkom die families van voormalige ANC-presidente wat vanaand ons eregaste is.

Ons bring ook hulde aan ander bewegings van die vryheidstryd ? die Black Consciousness Movement, gelei deur Mnr Steve Biko, wie se seun Samorais ook ons spesiale gas is, en die Pan-Africanist Congress, wat deur Mnr Robert Sobukwe gelei is.

Ons bring ook hulde aan die bydrae van die wyle voormalige LP Me HelenSuzman, wat ?n eensame stem in hierdie einste Huis was, en haar uitgespreek het teen onderdrukkende wette.

Agbare lede,

Mede-landsburgers en vriende,

2012 is ook ?n spesiale jaar omdat ons hierdie jaar die 16de herdenking vier van die Grondwet van die Republiek, wat ons demokratiese ideale volledig omskryf.

Die Grondwet is die basiese verklaring van Suid-Afrika se visie, en dit lei al ons beleide en aksies. Ons herbevestig ons verbintenis daartoe om te alle tye die ideale van ons land se Grondwet voorop te stel.

Landgenote en vriende,

Tydens die Kabinet-lekgotla in Januarie het ons besluit om ?n middel-termyn-oorsig te hou en te kyk na die vordering vanaf 2009 tot nou toe, in plaas van die gewone jaarlikse oorsig.

Die middel-termyn-oorsig dui goeie vordering aan in verskeie gebiede soos gesondheid, onderwys, die stryd teen misdaad, menslike nedersettings, energie, watervoorsiening, landelike ontwikkeling en ander.

Die drieledige uitdaging van werkloosheid, armoede en ongelykheid bly egter ?n werklikheid, ondanks die vordering wat gemaak is. Afrikane, vroue en die jeug ly steeds die meeste as gevolg van hierdie uitdaging.

Agbare Speaker en Agbare Voorsitter,

Ons het, as ?n nasionale Kabinet, ?n besluit geneem dat ons meer moet doen om die land se ekonomie te groei ten einde ontslae te raak van die probleme van werkloosheid, armoede en ongelykheid in die land.

Hierdie probleme sal hierdie jaar en in die komende jare trompop hanteer word.

Landgenote,

Toe ons in 1994 vryheid bekom het, het Suid-Afrika ?n probleem van strukturele werkloosheid geerf wat herlei kan word tot die 1970s. Werkloosheid het algaande erger geword in die 1990s en vroeg in die 2000s weens stadige groei en ?n afname in werkgeleenthede in die goudmyn- en landbousektore.

Alhoewel werkskepping vinnig gegroei het tydens die oplewing van 2003 tot 2008, was werkloosheid nooit onder 20% nie.

In die resessie van 2009 het werkskepping ?n verdere terugslag beleef.

Gelukkig het die Regering die 2008/09-resessie met gesonde staatsfinansies en ?n betreklik lae skuldvlak betree.

Dit het ?n buigsame reaksie op verslegtende ekonomiese toestande moontlik gemaak.

Ons het byvoorbeeld besteding op bestaansveiligheid en infrastruktuurontwikkeling verhoog om die ekonomie te stimuleer, hoofsaaklik deur die 2010 FIFA-sokkerwereldbeker-bouprogram.

Met inagneming van hierdie probleme en die behoefte om weg te beweeg van stuksgewyse beplanning, het ons in 2009 ?n besluit geneem om die Nasionale Beplanningskommissie te stig en hulle gevra om ?n nasionale ontwikkelingsplan vir die land te skep baser of die Grondwet van die Republiek.

Die kommissie het die eerste konsepdokument van die Nasionale Ontwikkelingsplan vir oorweging bekendgestel. Hierdie plan kyk na waar ons oor 20 jaar wil wees.

Die plan spreek die uitwissing van armoede en ongelykheid aan as kritieke gebiede waaraan aandag gegee moet word.

Die oplossing vir die land is dus hoer groei en werkskepping om armoede en ongelykheid te verminder en uiteindelik uit te wis.

As ?n ontwikkelende staat wat in die middel van ?n gemengde ekonomie gelee is, beskou ons dit as ons plig om die ekonomie te lei en te stuur en om in te gryp in belang van die armes, gegewe die geskiedenis van ons land.

Dit is met hierdie verantwoordelikheid in gedagte dat ons in 2010 die Nuwe Groeipad-raamwerk bekendgestel het en die drywers vir werkskepping as infrastruktuurontwikkeling, toerisme, landbou, mynbou, vervaardiging en die groen ekonomie geidentifiseer het.

Ons het 2011 as die jaar van werkskepping verklaar, en ons maatskaplike vennote, naamlik die sake-, arbeid- en gemeenskapsektore, gemobiliseer om saam met ons te werk om die Nuwe Groeipad te implementeer.

Die resultate is verblydend, alhoewel ons nog nie uit die moeilikheid is nie, gegewe die wereldwye ekonomiese situasie.

Die vierde-kwartaal-syfers wat Dinsdag vrygestel is, dui daarop dat die werkloosheidskoers afgeneem het van 25% tot 23,9% danksy nuwe werksgeleenthede.

In 2011 is altesaam 365 000 in diens geneem. Dit is die land se beste prestasie nog sedert die resessie van 2008.

Van groter belang is dat al die nuwe werksgeleenthede in die formele sektor van die ekonomie is ? in sektore soos mynbou, vervoer, gemeenskapsdienste en handel, om ?n paar te noem.

Daar is twee groot dinge wat ons in 2011 reg gedoen het wat gesamentlik bygedra het tot hierdie sukses.

Eerstens, het ons werkskepping in elke regeringsentiteit, insluitend staatsondernemings, vooropgestel.

Tweedens, het ons maatskaplike dialoog en samewerking tussen die Regering, sakewereld en die gemeenskapsektor verstewig.

Die ooreenkomste wat deur die Regering, sakesektor en arbeid onderteken is met betrekking tot verkryging, vaardigheidsontwikkeling, basiese onderwys en die groen ekonomie, bevestig ons gedeelde doel en vasberadenheid om hierdie land op te bou.

Die Regering kan nie alleen die uitdagings wat die land in die gesig staar oplos nie, maar oplossings is moontlik as ons saamwerk.

Landgenote,

Gun my hierdie geleentheid om terugvoer te gee oor sommige van die ondernemings wat in verlede jaar se Staatsrede genoem is.

Die Werkskeppingsfonds, wat ons laas jaar aangekondig het, het in Junie in werking getree. Meer as 2 500 aansoeke is tydens die eerste ronde ontvang. Projek-toekennings van meer as R1 biljoen is reeds gemaak.

Ons het ook aansporings ter waarde van R20 biljoen aangekondig ingevolge Artikel 12(i) van die Inkomstebelastingwet, wat aangewend sal word om nuwe nywerheids- en vervaardigingsprojekte te ondersteun, en sewe projekte met ?n beleggingswaarde van R8,4 biljoen is reeds goedgekeur.

Die verkrygingsregulasies wat die Departement van Handel en Nywerheid in staat stel om spesifieke industriee aan te wys waar plaaslike inhoud voorgeskryf word, het in Desember in werking getree.

Hierdie sektore sluit in weefstof, geblikte groente, leer en skoene.

Vordering is ook gemaak om kleinsake-instellings te laat saamsmelt, en ?n nuwe entiteit sal hierdie jaar bekendgestel word.

Ons het aangekondig dat R10 biljoen deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie opsygesit sal word vir werkskepping.

Tot op hede is ongeveer R1,5 biljoen goedgekeur vir 60 maatskappye om werkskepping aan moedig.

Landsburgers en vriende,

Die mynboubedryf, een van die werkskepping-drywers in die Nuwe Groeipad, speel ?n kernrol in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land.

Die Regering het, as deel van die planne om die drieledige uitdaging van armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek, ?n veredelingstrategie ontwikkel wat poog om geleenthede te bied in die dele van die minerale sektor wat laer presteer.

Ons bly verbind tot die skep van ?n gunstige mynbousektor wat wereldwyd mededingend is, en om die industrie te bemark ten einde belegging te lok en om beide nywerheidsgroei sowel as broodnodige transformasie te bewerkstellig.

Agbare Speaker,

Agbare Voorsitter van die NRP,

Agbare lede,

Die werk wat die afgelope jaar gedoen is, dui daarop dat ons ?n nuwe storie oor Suid-Afrika sal kan skryf as ons aanhou om relatief goed te groei ? die storie van hoe ons deur samewerking werkloosheid verdryf het en ekonomiese ongelykheid en armoede verminder het.

Dit begin moontlik lyk.

Ons moet net nie hierdie momentum verloor nie.

Vir die jaar 2012 en vorentoe nooi ons die nasie uit om hulle by die Regering aan te sluit vir ?n reuse infrastruktuurontwikkeling-poging.

Mnr die Speaker en Mn. die Voorsitter

Ons gaan ?n reuse veldtog van stapel stuur om landwyd die infrastruktuur uit te bou. Dit sal ekonomiesie groei aanhelp en werksgeleenthede skep.

Landgenote,

Ons sal die projekbestuur-kundigheid wat ons tydens die 2012 FIFA-sokkerwereldbeker opgedoen het, gebruik om ?n sukses van hierdie projek te maak.

Die infrastruktuurplan sal gedryf en bestuur word deur die Presidensiele Infrastruktuurkoordineringskommissie (PICC), wat in September gestig is en wat ministers, premiers en metro-burgemeesters saambring onder die leierskap van die President en Adjunkpresident.

Die PICC het projekte en infrastruktuurinisiatiewe van staatsondernemings sowel as nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsdepartemente geidentifiseer en ontwikkel.

Hierdie projekte is saamgegroepeer, in volgorde geplaas en geprioritiseer in ?n pyplyn van strategies-geintegreerde projekte.

Ons het vyf hoofprogramme gekies wat volgens geografiese gebied gefokus is, sowel as projekte wat fokus op gesondheid en basiese onderwysinfrastruktuur, inligting-en-kommunikasietegnologie en streeksintegrasie.

Die projekte is soos volg:

Eerstens, beplan ons om spoorweg-, pad- en waterinfrastruktuur te ontwikkel en te integreer, gesentreer rondom twee hoofgebiede in Limpopo: die Waterberg in die westelike deel van die provinsie en Steelpoort in die oostelike deel.

Hiermee poog ons om die enorme minerale belt van steenkool, platinum, palladium, chroom en ander minerale te ontsluit ten einde mynbou-produksie te verhoog en beter veredeling van minerale te bewerkstellig.

Met die ontwikkelings in Limpopo as ?n basis, sal ons spoorwegvervoer uitbrei na Mpumalanga en derhalwe steenkoolvelde met kragstasies verbind.

Dit sal ons in staat stel om daadwerklik steenkool per spoor te vervoer eerder as per pad, wat gelei het tot die verval van paaie in Mpumalanga.

Die oostelike dele van die Noordwes-provinsie sal ook baat by ?n groter fokus op infrastruktuur wat myne en minerale-veredeling verbind.

Tweedens, sal ons die beweging van goedere en ekonomiese integrasie verbeter deur ?n Durban-Vrystaat-Gauteng logistieke- en nywerheidskorridor.

Hierdie projek beoog om die hoof-ekonomiese sentrums van Gauteng en Durban/Pinetown te verbind en terselfdertyd hierdie sentrums met verbeterde uitvoerkapasiteit deur ons seehawens te verbind.

In hierdie opsig is dit vir my aangenaam om die mark-aanvraagstrategie van Transnet aan te kondig, wat ?n belegging van R300 biljoen in kapitaalprojekte oor die volgende sewe jaar behels.

Altesaam R200 biljoen van hierdie bedrag sal aan spoorwegprojekte toegeken word, en die grootste deel van die balans sal vir projekte in die hawens aangewend word.

Die lys van beplande projekte sluit onder meer die uitbreiding van die ystererts-uitvoerkanaal vanaf 60 miljoen ton per jaar tot 82 miljoen ton per jaar in.

Dit sluit ook verskeie verbeteringe in aan die Durban-Gauteng-spoorwegkorridor en die ontwikkeling, in fases, van ?n nuwe 16-miljoen-ton-per-jaar-mangaan-uitvoerkanaal deur die Ngqura-Hawe in Nelson Mandela Bay.

Die mark-aanvraagstrategie sal tot die skep van meer werk in die Suid-Afrikaanse ekonomie lei, sowel as beter lokalisering en Swart Ekonomiese Bemagtiging. Dit sal Suid-Afrika ook posisioneer as ?n streeksmiddelpunt vir trans-verskeping in sub-Sahara-Afrika en voldoening aan die streeksintegrasie-agenda van die Nuwe Vennootskap vir Afrika-Ontwikkeling (Nepad).

Ons het ook al gekyk na die noodsaaklikheid om hawekoste te verminder as deel van die verlaging in besigheidskosts. Die kwessie van hoe hawekoste is herhaaldelik genoem deur die motorvervaardigingsektor in Port Elizabeth en Uitenhage tydens my besoek aan daardie sektor verlede jaar om prestasie te monitor.

In hierdie opsig is dit vir my aangenaam om aan te kondig dat die Hawe-Reguleerder en Transnet ingestem het tot ?n ooreenkoms wat daartoe sal lei dat uitvoerders van vervaardigde goedere in die jaar wat voorle ?n beduidende afslag in hawekoste sal ontvang, ter waarde van omtrent R1 biljoen altesaam.

Derdens sal ons ?n groot nuwe suidoostelike nodus ontwikkel wat die nywerheids- en landbouontwikkeling en uitvoerkapasiteit van die Oos-Kaap-streek sal verbeter, en die provinsie se ekonomiese en logistieke skakels met die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal sal uitbrei.

In die voormalige Transkei-deel van die Oos-Kaap het ons onsself daartoe verbind om ?n dam te bou, met die Umzimvubu-rivier as bron, ten einde landbouproduksie te verhoog.

Die implementering van die Mthata-herlewingsprojek, wat ?n spesiale presidensiele projek is, vorder baie goed.

Werk om probleme ten opsigte van water, sanitasie, elektrisiteit, paaie, menslike nedersettings, lughawe-ontwikkeling en institusionele en bestuurskwessies aan te spreek, is ver gevorderd.

Vierdens sal ons in Noordwes die ontplooiing van water-, pad-, spoorweg- en elektrisiteitsinfrastruktuur uitbrei. Tien paaie, wat as prioriteit beskou word, sal verbeter word.

Vyfdens sien ons reuse potensiaal langs die Weskus van ons land raak, en ons moet die infrastruktuur daar verbeter om hierdie potensiaal te ontsluit.

Ons planne behels die uitbreiding van die ystererts-spoorlyn tussen Sishen in die Noord-Kaap en Saldanhabaai in die Wes-Kaap, wat ?n beduidende aantal werksgeleenthede in beide provinsies sal skep.

Die ystererts-potensiaal aan die vervoerkant sal die kapasiteit tot 100 miljoen ton per jaar verhoog.

Dit sal ystererts-mynbou oor die volgende dekade uitbrei om die ontwikkelende wereld se groeiende belegging in infrastruktuur en nywerheidsbedrywighede te voed.

Landgenote,

Ons het ook kritieke maatskaplike-infrastruktuurprojekte geidentifiseer. Dit sluit projekte in wat daarop gemik is om die basis vir die Nasionale Gesondheidsversekering-stelsel te vorm, soos die opknapping van hospitale en verpleegstertehuise.

Altesaam R300 miljoen is toegewys vir die voorbereidingswerk rondom die bou van nuwe universiteite in Mpumalanga en die Noord-Kaap.

`n Ander infrastruktuurprojek met groot potensiaal is Suid-Afrika se bod om die Square Kilometre Array-radioteleskoop in vennootskap met agt ander Afrika-lande te huisves. Die wenbod sal volgende maand aangekondig word. Ons vra dat u die land se bod ondersteun.

Laastens strek ons werk ten opsigte van infrastruktuur verder as ons landsgrense. Suid-Afrika neem die leiding in die Noord-Suid-pad-en-spoorkorridor, wat deel is van die Afrika Unie se Nepad Presidensiele Infrastruktuur-voorstanderinisiatief.

Werk in hierdie opsig behels verskeie onderling verbonde projekte wat paaie en spoorwee, grensposte, energie en inligting-en-kommunikasietegnologie insluit.

Landgenote,

Die omvangryke belegging in infrastruktuur moet meer as net kragstasies, spoorwee, damme en paaie agterlaat. Dit moet die land industrialiseer, vaardighede ontwikkel en broodnodige werkskepping versterk.

Ek sal ?n presidensiele infrastruktuurberaad bele om die implementering van die plan met moontlike beleggers en maatskaplike vennote te bespreek.

Agbare Speaker,

Agbare Voorsitter van die NRP,

Ek wil graag nou praat oor sake wat verband hou met die uitbreiding van basiese dienste en wat ongelykhede, veiligheid en sekuriteit en maatskaplike samehang aanspreek.

Ek het baie waardevolle korrespondensie ontvang in aanloop tot hierdie Staatsrede. Sodanige interaksie maak dit moontlik vir ons om in voeling met ons mense en hul behoeftes te bly.

Ek het ?n e-pos ontvang vanaf Mzukisi Mali, ?n staatsdienswerker van die Fingo-gebied in Grahamstad, wat handel oor ?n behuisingsprobleem. Hy skryf:

?In 1994 was my inkomste te hoog om ?n HOP-huis te kry en te laag om ?n verbandlening te kry. So is dit nog steeds. Ek het drie kinders en my vrou werk nie.

?Wanneer ek aansoek doen vir ?n HOP-huis, word daar vir my gese dat ek nie kwalifiseer nie en ek kan nie ?n verbandlening kry nie want ek is ?n risiko vir die banke ...??

Hierdie probleem word deur mense in ?n bepaalde kategorie van die land ervaar. Dit is ?n realiteit.

Gelukkig kon ons die probleem waardeur Mnr Mali en baie ander geraak word, al deels aanspreek.

In 2010 het ons ?n R1 biljoen-waarborgfonds aangekondig wat toegang tot lenings bevorder.

Dit is vir ons aangenaam om te se dat hierdie fonds in April in werking tree, en bestuur sal word deur die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie. Die skema sal banke in staat stel om vir mense wat in dieselfde bootjie as Mnr Mali is, geld te leen.

In April sal mense wat tussen R3 500 en R15 000 verdien boonop in staat wees om ?n subsidie van tot en met R83 000 vanaf die provinsies te kry, wat hulle in staat sal stel om huisfinansiering vanaf ?n geakrediteerde bank te verkry.

Mnr Mali en al die ander mense moenie wanhopig raak nie ? die situasie sal beter raak danksy die geld wat vanaf die provinsiale regerings verkry sal word, sowel as die nuwe versekeringskema wat dit makliker sal maak vir banke om lenings toe te staan.

Landgenote,

Besighede en gemeenskappe is deurlopend bekommerd oor die hoe koste van elektrisiteit.

Ek het vir Eskom gevra om maniere te soek waarop die prysverhogings oor die volgende paar jaar verlaag kan word ter ondersteuning van ekonomiese groei en werkskepping en om hul voorstelle aan my voor te le vir oorweging.

Ons het ?n elektrisiteitspryspad nodig wat sal verseker dat Eskom en die bedryf finansieel lewensvatbaar en volhoubaar bly maar steeds bekostigbaar bly, veral vir arm mense.

Om egter volhoubaarheid te bereik, sal alle Suid-Afrikaners ? insluitend besighede, arbeid, munisipaliteite, gemeenskappe en alle verbruikers en verskaffers ? ?n ooreenkoms moet aangaan.

Ons moet elektrisiteit spaar.

Vir die volgende twee jaar, totdat die Medupi- en Kusile-kragstasies in bedryf kom, sal die elektrisiteitstelsel onder baie druk verkeer.

Ons almal behoort ons deel te doen ten einde beurtkrag te voorkom.

Ons sal aanhou om te soek na hernubare energiebronne om die energie-kapasiteit te verhoog, veral sonkrag-elektrisiteit en biobrandstowwe, terwyl ons die Groen Ekonomie-ooreenkoms saam met ekonomiese belanghebbers implementeer.

Tot op hede het ons meer as 220 000 sonkrag-geisers landwyd geinstalleer. Die Regering se teiken is een miljoen sonkrag-geisers teen 2014 tot 2015.

Agbare lede,

Landgenote,

Die Regering werk onverpoos om toegang tot basiese watervoorsiening uit te brei. Maar dit is duidelik dat toegang tot water steeds ?n uitdaging in sekere gebiede is.

?n E-pos van Mmatsheko Pine van Hammanskraal is ?n bewys daarvan.

Die skrywer se: ?Daar is ?n gebied genaamd Ngobi naby Hammanskraal, wat onder die Moretele Plaaslike Munisipaliteit val. Die mense wat daar woon is oud, bejaard en meestal siek.

?Hierdie gebied is al vir die afgelope twee jaar sonder water. Mense maak staat op reen om water op te vang.

?Daar is waterpype en masjiene geinstalleer, maar die probleem is glo die druk om water te pomp. Kan u kantoor asseblief help??

Ek het vir die Minister van Waterwese en Omgewingsake gevra om hierdie saak te ondersoek ten einde ?n dringende oplossing te kry.

Die voorsiening van water is ook in sommige dele van die land vertraag weens ?n tekort aan infrastruktuur. Daar word aandag hieraan gegee. Vyf nuwe watervermeerderingskemas is byvoorbeeld op skedule.

Dit is die Olifantsrivier-waterhulpbron in Steelpoort in Limpopo-provinsie, die Vaalrivier-Oos-Substelsel in Secunda in Mpumalanga, Komati-watervermeerderingskema in Nkangala in Mpumalanga, die verhoging van die Hazelmere Dam in KwaZulu-Natal en die Clanwilliam Dam in Clanwilliam in die Wes-Kaap. Boonop is nege van die 25 damme gerehabiliteer.

Met betrekking tot die aankondigings wat ons gemaak het tydens die Verenigde Nasies se COP17-klimaatsveranderingkonferensie, sal ?n bedrag van R248 miljoen oor die volgende twee jaar bele word om aandag te gee aan die kwessie van suurwater-myn-dreinering in die Witwatersrand.

Gun my die geleentheid om die Inter-Ministeriele Komitee vir COP17 geluk te wens met hul werk om ?n reuse sukses van die konferensie te maak.

Die finale gevolg van COP17 was geskiedkundig en stel ?n voorbeeld. Dit kan met die 1997-konferensie vergelyk word waar die Kyoto-Protokol aanvaar is.

Om voort te bou op die sukses van COP17 sal Suid-Afrika deelneem aan die Rio-plus-20-beraad in Brasilie, wat die 10de herdenking van die Wereldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling vier.

Agbare Speaker en Agbare Voorsitter van die NRP,

Ons intensiewe fokus op onderwys is besig om vrugte af te werp.

Ons is in ons skik dat die Matriek-slaagsyfer ?n opwaartse neiging beleef. Ons wil graag die onderwysers, leerders, ouers en gemeenskappe bedank vir hul harde werk.

Ons sal voortgaan om te bele in meer onderwysers wat Wiskunde, Wetenskap en Afrika-tale kan aanbied.

Landgenote,

Ons oproep dat onderwysers by die skool, in die klas en betyds moet wees, besig om ten minste sewe uur per dag te onderrig, bly die sleutel tot sukses. Ons bedank die onderwysunies dat hulle hierdie veldtog ondersteun.

?n Reuse prestasie is die verdubbeling van die Graad R-inskrywings, van 300 000 in 2003 tot 705 000 in 2011. Dit lyk asof ons teen 2014 ons teiken van 100%-dekking vir Graad R kan bereik.

Om armoede en ongelykheid te beveg en om leerders in die skool te hou, woon meer as agt miljoen leerders skole by wat geen skoolgelde vra nie, terwyl ongeveer agt miljoen baat by die Regering se skoolvoedingskema.

Verlede jaar het die nasionale regering ?n artikel 100 (1)(b)-ingryping in die Oos-Kaap ingestel ten einde die Departement van Onderwys te help om die lewering van onderwys te verbeter.

Probleme het onder andere nie-aflewering van handboeke, nie-betaling van skolier-vervoer, te veel onderwysers en ?n algemene swak leerkultuur onder leerders en onderwysers ingesluit.

Die implementering van die ingryping sal voortduur en ons werk hard saam met die provinsie in hierdie opsig.

Ons wil ook graag die onderwys-situasie in die Oos-Kaap verbeter. Ons doen ?n beroep op alle belanghebbendes om saam met ons te werk sodat ons ?n sukses van hierdie ommekeer kan maak.

Landgenote,

Tydens die 2010 FIFA-sokkerwereldbeker het ons besluit dat die Suid-Afrikaanse erfenis sal wees om universele toegang tot onderwys te bevorder.

Skoolbywoning in die land is nou bykans 100% vir die verpligte stadium, naamlik vir sewe- tot 15-jariges. Maar die verslag van die Algemene Huishoudingsopname in 2010 dat net meer as 120 000 kinders van daardie ouderdom nie skool bywoon nie, bekommer ons.

Leerders wat in Graad 10 die skool verlaat blyk ?n probleem te wees, veral in die landelike en plaasgebiede van die Wes-Kaap.

Die nasionale Regering sal nou saam met die Wes-Kaapse Regering werk om hierdie leerders op te spoor en te help sodat hulle nie hul toekoms verloor nie.

Wat hoer onderwys betref, oorskry ons die teikens. Nagenoeg 14 000 leerders is gedurende die afgelope jaar vir leergeleenthede in werkplekke geplaas, en meer as 11 000 vakleerlinge het hul handelstoetse voltooi.

Dit is vir ons aangenaam om te sien dat meer en meer jongmense vaardighede by verdere-onderwys-en-opleidingskolleges aanleer.

Ons pleit by die ouers om kinders aan te moedig om by hierdie kolleges te studeer. Hulle moet nie dink dat opleiding slegs by universiteite kan plaasvind nie.

Ons het ook die vaardighede nodig wat by hierdie kolleges verkry word.

Om toegang tot tersiere onderwys uit te brei, soos wat ons verlede jaar belowe het, is R200 miljoen aangewend om 25 000 studente te help om hul skuld by hoer-onderwysinstellings te delg.

Landgenote en vriende,

Ons wil graag die gesondheidsektor, sowel as die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad onder leiding van die Adjunkpresident van die Republiek, gelukwens met die suksesse wat hulle met die MIV- en vigs-programme bereik het.

Alhoewel ons goed doen met betrekking tot behandeling en voorkoming van ma-tot-kind-oordrag, moet pogings met betrekking tot algemene voorkoming ook bespoedig word.

Ons wil graag Suid-Afrikaners aanmoedig om gesonder te leef en sodoende die impak van nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hartsiektes en hoe bloeddruk te verminder.

Landgenote en vriende,

In 2013 sal dit ?n 100 jaar wees sedert die afkondiging van die Natives Land Act van 1913, wat 87% van die grondbesit van die Afrika-mense weggevat het.

Die Grondwet vereis dat die Staat grondbesit moet teruggee aan diegene wat deur die 1913-wet van grond ontneem is.

Sover het ons slegs 8% van die teiken van 30%-grondherverdeling teen 2014 wat ons vir onsself gestel het, bereik. Die proses is stadig en moeilik en daar is eenparigheid dat die gewillige-koper-gewillige-verkoper-opsie nie die beste manier is om die saak aan te spreek nie.

Dit is waarom ?n nuwe beleidsraamwerk, die Groenskrif vir Grondhervorming, bekendgestel is.

Ons vra dat die publiek sal deelneem aan die proses om grondherverdeling en
-hervorming te verbeter en die impak van die 1913-wet om te keer.

Agbare Speaker,

Agbare Voorsitter,

Landgenote,

Wat ekonomiese transformasie betref, is ons besig om die Wet op Bree Swart Ekonomiese Bemagtiging te wysig. Die wysigings sal onder meer ?n wetsregtelike kommissie daarstel wat nie-voldoening en ontduiking sal hanteer.

Die voorgestelde wet sal ook skynbemagtiging en ander vorms van bemagtiging-wanvoorstellings strafbaar maak.

Met betrekking tot kwessies rondom gestremdheid het ons alle regeringsdepartemente aangese om die teiken wat ons ?n paar jaar gelede vir onsself gestel het na te kom, naamlik dat 2% van mense wat in die Staatsdiens werk gestremde persone moet wees.

Ons is ook besig om aan die Wetsontwerp vir die Bemagtiging van Vroue en Geslagsgelykheid te werk, wat gehoorgewing in beide die Staatsdiens en privaat sektor sal bevorder en voorsiening sal maak vir sanksies in gevalle van nie-voldoening.

Intussen is die Nedlac-proses vir a-tipiese vorms van indiensneming en arbeidsmakelary ook nou voltooi.

Die Regering streef daarna om alle vorms van misbruik eie aan arbeidsmakelary uit te wis ten einde weerlose werkers beter te beskerm. Ons glo dat ons hierdie jaar ?n ooreenkoms in hierdie verband sal bereik.

Landgenote,

In 2009 het ons onsself daartoe verbind om die stryd teen misdaad en korrupsie te bespoedig.

Die misdaadstatistieke vir die 2010/11-tydperk dui daarop dat ons land in vergelyking met die vorige jaar ?n afname van 5% in die aantal aangemelde ernstige misdade beleef het.

Ons sal egter nie laat slap le nie. Ons gaan voort om programme te implementeer wat Suid-Afrikaners vry en veilig laat voel en wees.

Ons gaan ook voort om die prestasie van die Staat op verskeie wyses te verbeter, insluitend in die stryd teen korrupsie.

Die multi-agentskap-werkgroep vir verkryging, gelei deur die Nasionale Tesourie, SAID en die Finansiele Intelligensiesentrum, hersien tans die algehele staatsverkrygingstelsel om beter waarde vir geld vanaf staatsbesteding te verseker.

Inisiatiewe sluit in die keuring van aanvoerkettingpersoneel in staatsdepartemente.

Ten einde nog meer veiligheid te verseker, het die Departement van Binnelandse Sake ?n memorandum van verstandhouding met die bankbedryf onderteken om die aanlyn-vingerafdruk-verifieringstelsel in alle deelnemende banke te gebruik en sodoende te help met die voorkoming en opsporing van bedrog.

Landgenote en vriende,

Ons werk saam met verskeie provinsies om beheer, stelsels en administrasie te verbeter.

Dit sluit Gauteng in, om gesondheidsdienslewering te verbeter, die Vrystaat ten opsigte van vervoer en paaie en Limpopo om bestuur en finansiele administrasie in vyf departemente, insluitend die Provinsiale Tesourie, te verbeter.

Ons verwelkom die bekendstelling van die korrupsie-waghond Corruption Watch deur Cosatu, sowel as die onlangse ooreenkoms tussen die Regering en die sakewereld om anti-korrupsie-programme in te stel.

Hierdie ingrypings sal die Regering help om korrupsie te bekamp.

Landgenote en vriende,

Ons sal ook hierdie jaar verskeie erfenisprojekte onderneem of mee voortgaan as deel van die bevordering van maatskaplike saamhorigheid.

Museums en sentrums wat onthul sal word, sluit in die 1980 Matola Klopjagmuseum in Maputo, die Ncome Museum in KwaZulu-Natal, fase 2 van die Vryheidspark Museum en die Steve Biko Erfenissentrum in Ginsberg in King Williamstown.

Ons het ook die huise en grafte van voormalige ANC-presidente en ander nasionale helde geprioritiseer, insluitend Thomas Maphikela, Lillian Ngoyi, Walter en Albertina Sisulu, Griffiths en Victoria Mxenge, Robert Sobukwe en ander.

Gedenkplekke wat geprioritiseer sal word, sluit in die van die Pondo-opstand, die plekke waar die grensoorloe geveg is, die 1913-opstand deur Afrika-vroue in die Vrystaat, die 1957-anti-pasboek-opstande deur vroue in Zeerust, die RocklandsBurgersentrum in Mitchells Plain waar die United Democratic Front gestig is en die Gugulethu Sewe Monument in Kaapstad.

Ons is ook besig om die Winnie Mandela-huis in Brandfort te koop en te restoureer, sowel as die Dr Moroka-huis in Thaba Nchu en die Bram Fischer-huis in Westdene.

Bykomende projekte sluit in die onthulling van die Dube Handelshawe en die standbeeld van John Dube by King Shaka Internasionale Lughawe volgende maand, asook die naamsverandering van die Kings House presidensiele woning in Durban na Dr Dube.

Die presidensiele gastehuis in Pretoria sal na Mnr Sefako Makgatho vernoem word en die diplomatieke gastehuis in Pretoria sal na die voormalige diplomaat Mnr Johnny Makatini vernoem word.

Die Regering sal ook die Wetsontwerp op Nasionale Tradisionele Sake voorle, wat voorsiening maak vir die erkenning van die Koi-San-gemeenskappe, hul leierskap en strukture.

Dit is belangrik om te onthou dat die Koi-San mense die meeste deur die kolonialiste verdruk is, wat probeer het om hulle uit te roei en hul taal en identiteit ondermyn het. Vandag, as ?n vry en demokratiese Suid-Afrika, kan ons nie versuim om die verlede reg te stel nie.

Ek het hierdie saak in diepte met die Koi-San gemeenskap bespreek toe ek hulle verlede jaar in Kaapstad ontmoet het en ons het besluit om saam te werk om die ongeregtighede van die verlede aan te spreek.

Landgenote,

Volgende jaar, in 2013, sal die majestueuse Uniegebou, die regeringsetel, 100 jaar in bestaan wees en planne sal reeds hierdie jaar gemaak word vir die eeufeesviering.

Mede Suid-Afrikaners,

Ons moet hierdie jaar beter presteer op die sportveld! Ons ster-presteerder, Oscar Pistorius, het die standaard vir die jaar gestel deur die 2012 Laureus-Toekenning vir Sportpersoon van die Jaar met ?n Gestremdheid te wen. Baie geluk met hierdie prestasie.

Ons wens ook die nasionale vroue-sokkerspan, Banyana Banyana, geluk met hul eerste kwalifisering vir die Londense Olimpiese Spele. Met ons ondersteuning sal hulle goed vaar.

Die eer het ons te beurt geval om volgende jaar gasheer te wees vir die Afrikanasiesbeker, aangesien Libie nie in staat is om dit te doen nie.

Landgenote,

Gun my die geleentheid om Mama Rebecca Kotane, vrou van voormalige ANC-tesourie-generaal, Moses Kotane, en SAKP algemene sekretaris, geluk te wens. Sy word op Sondag 12 Februarie 100 jaar oud.

Nog ?n eeufeesviering is die van die Jongmansgilde van die Metodistekerk van Suid-Afrika, Amadodanaase Wesile.

Die Omama Besililo van die United Congregational Church of South Africa vier ook hul 100ste bestaansjaar.

Ons wens hulle sukses toe met hul feesvieringe.

Landgenote,

Ons het ?n bedrywige infrastruktuur-implementeringsprogram van nou tot 2014 en daarna uiteengesit.

Ek vra graag al ons mense om hande te vat, soos hulle altyd doen, sodat ons beslissend die drieledige uitdaging van werkloosheid, armoede en ongelykheid kan aanspreek. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie; dit is in ons hande. En dit is elkeen van ons se plig.

Wanneer ons more teruggaan werk toe, kom ons dink aan die woorde van die ANC-vroueliga se stigterpresident, Charlotte Maxeke, wat die volgende in haar toespraak aan die Nasionale Raad van Afrika-Vroue gese het:

?Hierdie werk is nie vir onsself nie ? vernietig die gees van eie gewin en moenie bo jou mense leef nie, maar leef saam met hulle. As jy bo kan uitkom, neem iemand saam met jou.??

Ek bedank u.

Issued by: The Presidency

Additional Formats

 

Share this page

Similar categories to explore