Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 26 Augustus 2015

1. Huidge kwessies

1.1 Die Kabinet verwelkom die volle kommersiële inbedryfstelling van Eenheid 6 van die Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, wat 800 megawatt (MW) krag tot die nasionale netwerk bydra. Die Medupi-kragstasie is 'n Greenfield-steenkoolaangedrewe kragstasie, wat uit ses eenhede bestaan met ’n geraamde geïnstalleerde kapasiteit van altesaam 4 764 MW. President Jacob Zuma sal hierdie eenheid op 30 Augustus 2015 loods.

Die bou van die Medupi-kragstasie het in Mei 2007 begin en al ses eenhede sal na verwagting teen die eerste helfte van 2019 in bedryf wees. Sodra dit voltooi is, sal dit die vierde grootste steenkoolkragstasie en die grootste droogverkoelde kragstasie in die wêreld wees. Die beplande bedryfsleeftyd van die kragstasie is 50 jaar.

Eenheid 6 is vir die eerste keer op 2 Maart vanjaar met die nasionale netwerk gesinchroniseer en het sedertdien met tussenposes elektrisiteit aan die nasionale netwerk voorsien terwyl gereelde optimaliseringstoetse uitgevoer is. Gedurende hierdie tydperk kon Eenheid 6 die druk op die nasionale elektrisiteitstelsel verlig deur te help om beurtkrag óf te vermy óf die hewigheid daarvan die minimaliseer. Die kommersiële werking van die eenheid is ruim binne die normale vasgestelde tydperk van ses maande ná die eerste sinchronisasie bereik.

Die kommersiële werking van Eenheid 6 van die Medupi-kragstasie is 'n kritieke mylpaal in ons poging om nuwe opwekkingskapasiteit te bou.

1.2 Die Kabinet het verder ook begrip vir die huidige beperkinge rakende kragvoorsiening wat die land in die gesig staar. Terwyl dit jammer is dat beurtkrag toegepas moet word, is Eskom daartoe verbind om die nodige onderhoud uit te voer om die langtermyn betroubaarheid van ons kragaanlegte met ’n redelike mate van ontwrigting te verbeter. Op Maandag 31 Augustus word Eenheid 2 van die Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap vir beplande onderhoud gesluit.

1.3 Die eenheid sal na verwagting ná drie maande weer in bedryf wees. Die geskeduleerde sluiting van Koeberg Eenheid 2 is deel van Eskom se algehele onderhoudprogram vir al sy kragstasies. Elke 16 tot 18 maande word een van die twee eenhede by Koeberg gesluit vir hervulling, inspeksie en onderhoud. Die roetinesluitings is geskeduleer om te verhoed dat albei eenhede gelyktydig gedurende die wintermaande buite werking is wanneer die vraag na elektristeit styg.

1.4 Terwyl ons vordering maak om ons elektrisiteitsopwekkingsvermoë te verbeter, doen die Kabinet 'n beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit steeds spaarsamig te gebruik.

2. Spitsberaad van Staatshoofde en Regerings

2.1 Die Kabinet verwelkom die uitkomste van die 35ste Gewone Spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) van Staatshoofde en Regerings, waartydens President Zuma die Suid-Afrikaanse afvaardiging gelei het.

Die beraad het die Hersiende Strategiese Ontwikkelingsplan vir Streeksaanwysers 2015-2020 goedgekeur. Die beraad het verder drie ooreenkomste/protokolle onderteken, wat die streek in staat sal stel om sy belangrikste uitdagings, naamlik werkloosheid en die uitwissing van armoede, op ’n volhoubare wyse aan te pak.

  • Ooreenkoms wat die Protokol vir Samewerking rakende Politiek, Verdediging en Sekuriteit (protokol) wysig en die Ooreenkoms wat die  SAOG-verdrag wysig (verdrag). Hierdie ooreenkomste sal die Interstaat-komitee vir Verdediging en Sekuriteit van die Orgaan vir Samewerking rakende Politiek, Verdediging en Sekuriteit in staat stel om ’n koördinerende forum vir die hoofde van korrektiewe dienste en gevangenisse in Suider-Afrika te wees.
  • Die Verklaring oor Jeugontwikkeling en -bemagtiging beklemtoon die dringendheid van jeugontwikkeling en -bemagtiging in die konteks van samewerking, integrasie, ontwikkeling en vrede, asook sekuriteit in die streek.
  • Protokol oor Handelsdienste om handel binne die SAOG-streek te liberaliseer met die doel om ’n enkele mark vir dienste in die streek te skep. Die goedkeuring van die Hersiende Strategiese Ontwikkelingsplan vir Streeksaanwysers 2015-2020 was ’n belangrike mylpaal in die SAOG se pogings om handel binne die streek te bevorder.

Die Kabinet verwelkom ook die besluit van die SAOG se Dubbele Troika-vergadering, wat op die kantlyn van die SAOG se spitsberaad gehou is en deur die Adjunk-president en SAOG-fasiliteerder, Cyril Ramaphosa, bygewoon is om die huidige voorwaardes vir die SAOG se Kommise van Ondersoek na die Koninkryk van Lesotho re herbevestig.

3. Adjunk-president se besoek aan Japan

3.1 Die Kabinet verwelkom Adunk-president Ramaphosa se suksesvolle besoek aan Japan. Hy is vergesel deur ’n hoëvlak ministeriële en sake-afvaardiging om Suid-Afrika as ’n voorkeurbestemming vir beleggers te bevorder.

Die Adjunk-president het Japannese beleggers verseker dat Suid-Afrika se deure oop is vir besigheid en het hulle ingelig oor Suid-Afrika se bestendige makro-ekonomiese stabiliteit en bevorderlike sake-omgewing vir belegging, veral met betrekking tot ondernemings wat werk skep.

Adjunk-president Ramaphosa het ook van die geleentheid gebruik gemaak om ’n beroep op Japan te doen om hom te verbind tot ’n venootskap met Suid-Afrika in sy pogings om die uitdagings van MIV en vigs, TB en malaria die hoof te bied.

4. Belangrike Kabinetsbesluite

4.1 Die Kabinet keur Suid-Afrika en die Stad Durban se bod goed om die 2022 Statebondspele aan te bied. Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Afrika die Statebondspele aanbied; dit sal die land as ’n sporttoerismebestemming vestig en ook geleenthede vir die Suid-Afrikaanse Sportspan bied.

As gasheer sal die land ook die infrastruktuurnalatenskap van die 2010 FIFA Wêreldbeker™ kan benut.

Die 2022 Statebondspele sal na verwagting ongeveer R20 miljard tot die ekonomie bydra, wat beteken dat die Bruto Binnelandse Produk (BBP) met ’n bykomende R11 miljard sal groei.

4.2 Die Kabinet keur goed dat Suid-Afrika se 5de Periodieke Verslag (2009-2014) oor die Implementering van die Konvensie oor die Uitskakeling van alle Vorms van Diskriminasie teen Vroue in die Staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar.

Die verlsag gee ’n oorsig oor die doeltreffendheid van die reeks wette, beleid  en prgramme wat in Suid-Afrika geïmplementeer is en beklemtoon die land se prestasies ten opsigte van vrouebemagtiging en geslagsgelykheid. Die verslag meld ook die voortdurende uitdagings en struikelblokke om ongelykheid en diskriminasie die hoof te bied.

4.3 Die Kabinet keur goed dat Suid-Afrika by die Raadgewende Sentrum oor Wetgewing rakende die Wêreldhandelsorganisasie in Geneve aansluit.
Dit is ’n internasionale organisasie wat regsadvies bied oor wetgewing rakende die Wêreldhandelsorganisasie, bystand verleen in geskilbeslegting en opleiding bied aan ontwikkelende en onderontwikkelde lande.
As ’n lid kan Suid-Afrika raad inwin oor die verenigbaarheid van ander lande se handelsmaatreëls wat Suid-Afrikaanse uitvoere beïnvloed, en oor handelsmaatreëls wat Suid-Afrika wil indien. Die sentrum kan Suid-Afrika ook help in gevalle van geskilbeslegting rakende die Wêreldhandelsorganisasie.

4.4. Die Kabinet is ingelig oor die aanstelling van die Minister van Finansies, Mnr Nhlanhla Nene, as President van die Ministersraad van Oos- en Suider-Afrika se Teen-geldwasserygroep vir een jaar. In dié hoedanigheid sal die Minister gasheer wees vir raad se 2015-jaarvergadering.

Dié streeks-interregeringsliggaam bevorder bestendige implementering van maatreëls om geldwassery en die finansiering van terrorisme in die suider- en oos-Afrika-streek te beveg.
Die doel van Suid-Afrika se lidmaatskap is om maatreëls teen geldwassery en die finansiering van terrorisme op streeksvlak te versterk, wat nasionale sekuriteit binnelands sowel as in die streek sal bevorder.

4.5. Die Kabinet veroordeel steeds die sinnelose moorde op polisieoffisiere. Die Kabinet doen ’n beroep op die publiek om met die polisie saam te werk in hul pogings om diegene wat vir sulke moorde verantwoordelik is in hegtenis te neem. Wetstoepassingsagentskappe werk dag en nag om seker te maak dat die misdadigers wat aan hierdie kriminele dade skuldig is vasgevang word. Die Kabinet bedank lede van die publiek wat reeds bygedra het tot die inhegtenisname van die drie misdadigers wat aan onlangse polisiemoorde gekoppel is. 

5.  Wetsontwerpe

5.1.  Die Kabinet keur die voorlegging van die Wetsontwerp op Buitelandse Diens, 2015 aan die Parlement, goed.

Die Wetsontwerp maak voorsiening vir die skep van 'n enkele buitelandse diensstelsel en skep 'n bemagtigende wetgewende raamwerk waardeur die huidige buitelandse diens deur die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking bestuur en gereguleer sal word. Die wetsontwerp sal in die konteks van die Grondwet, bestaande wetgewing wat op die Staatsdiens van toepassing is, en sekuriteitsdienste, in werking gestel word, wat belyn is met die Nasionale Ontwikkelingsplan om dienslewering te verbeter.

Dit sal doeltreffendheid, aanspreeklikheid en koste-effektiwiteit bevorder om voordeel uit geleenthede in die buiteland te trek en sodoende Suid-Afrika se buitelandse beleid en ontwikkelingsagenda ‘n hupstoot te gee.

5.2.  Die Kabinet keur die tertafellegging van die Wetsontwerp op Tradisionele en Khoisan-leierskap, 2015 in die Parlement goed. Die Wetsontwerp dra by tot die NOP se belangrike teiken om maatskaplike samehorigheid en eenheid te verbeter, terwyl dit aandag gee aan die ongelykhede van die verlede deur die statutêre erkenning van Khoisan-gemeenskappe en -leiers te verseker.

Dit stel voor dat 'n Raadgewende Komitee oor Khoisansake gevestig word, om die Regering by te staan met die erkenningsproses rakende Khoisan-gemeenskappe en-leiers.

Die Wetsontwerp konsolideer ook die bestaande nasionale tradisionele leierskapwetgewing, wat sal lei tot die herroeping van die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers, 2009 (Wet 22 van 2009) en die Raamwerkwet op Tradisionele Leierskap en Regering, 2003 (Wet 41 van 2003).

6.  Toekomstige gebeure

6.1 President Zuma sal die Oorlog teen Waterlekkasies-projek, soos aangekondig in sy 2015-Staatsrede, op 28 Augustus 2015 in Port Elizabeth van stapel stuur as deel van die Regering se program om waterverlies uit lekkasies die hoof te bied.

As deel van die projek sal 15 000 jong mense as ambagsmanne en loodgieters opgelei word om lekkasies in hul gemeenskappe te herstel; hulle sal sodoende vaardighede aanleer wat hulle staat sal stel om hul eie ondernemings te begin of geskikte werk te kry. Die eerste inname van 3 000 word tans gewerf vir die huidige finansiële jaar.

Waterlekkasies is verantwoordelik vir byna 40 persent van die land se waterverlies en kos die land ongeveer R7 miljard per jaar.

6.2 President Zuma sal die 70ste herdenking van die einde van die besetting van China en die Tweede Wêreldoorlog in die Volksrepubliek van China van 2 tot 4 September 2015 bywoon, waar hy bilaterale samesprekingds met President Xi Jinping sal voer. Suid-Afrika se verhouding met die Republiek van China is op die vlak van 'n strategiese vennootskap gestut deur die Beijing-verklaring oor die Instelling van 'n Omvattende Strategiese Vennootskap, wat alle verhoudings tussen die twee lande dek. 

6.3 Die Kabinet doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons geskiedenis en uiteenlopende kulture te vier terwyl Erfenismaand in September herdenk word onder die tema: "Ons inheemse kennis, ons erfenis: Identifiseer, bevorder en bewaar Suid-Afrika se lewende erfenis".

Vanjaar se herdenking word in die vorm van 'n kulturele fees gehou en gemeenskappe word aangemoedig om hul lewende erfenis te gebruik soos byvoorbeeld tradisionele disse, handwerk, dans en musiek om kulturele diversiteit, menseregte, nasiebou en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

6.4 Suid-Afrika vier in September ook Toerismemaand, wat 'n geskikte tyd is vir gesinne om die land se erfenisterreine te besoek en opnuut met ons verlede kennis te maak.

Gedurende Erfenismaand, sal die Departement van Kuns en Kultuur 'n sooispitseremonie by die Nasionale Helde-akker in Pretoria hou wat die bouwerk van 'n nasionale monument inwy, wat die pre-koloniale era, die vryheidstryd en die verskillende helde wat vir maatskaplike vooruitgang geveg het, sal uitbeeld.

6.5 Die jaarlikse Nasionale Herdenkingsdag vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat op 6 September 2015 by die Uniegebou in Pretoria gehou word, bring hulde aan die moed en toewyding van polisielede wat die hoogste prys betaal om gemeenskappe te beskerm.

Deur die SAPD se werwingsveldtog, sal ’n bykomende 6 252 lede gedurende die 2015/16 finansiële jaar in diens geneem word om speurdienste, sigbare polisiëring, misdaadintelligensie, forensiese dienste, beskermings- en sekuriteitsdienste te verbeter.

Die Kabinet doen 'n beroep op ons jeug om 'n loopbaan in die SAPD, wat talle geleenthede bied, te oorweeg. Meer inligting is beskikbaar by www.saps.gov.za.

6.6  Die jaarlikse Staatsdiensmaand sal in September regdeur die Staatsdiens gehou word onder die tema "Beweeg Suid-Afrika vorentoe: Neem die Staatsdiens na die mense".

Die maand sal regeringsdienste, toewyding en uitnemendheid in openbare dienslewering beklemtoon. Terugvoer sal gegee word oor vordering wat gemaak is na aanleiding van die 2014 raadplegende vergaderings in die staatsdiens, asook samesprekings met die voorste linie staatsamptenare oor "herontwerp die manier waarop staatsamptenare werk".

'n Doeltreffende staatsdiens is 'n belangrike vereiste om die doelwitte van die NOP te bereik, en die Kabinet doen 'n beroep op staatsamptenare om hulle opnuut te verbind tot die Batho Pele-beginsels deur die lewering van hoë gehalte, koste-effektiewe en doeltreffende dienste aan alle Suid-Afrikaners.

6.7.  Die Kabinet is ingelig oor vordering wat gemaak is met die aanbieding van die 14de Wêreld Bosbou-kongres van die Voedsel- en Landbou-organisasie, wat van 7 tot 11 September 2015 by die Inkosi Albert Luthuli-konvensiesentrum in KwaZulu-Natal gehou word.

Die tema "Woude en Mense: Belê in 'n Volhoubare Toekoms" weerspieël mensgesentreerde bosbou, bosbou se rol in sosio-ekonomiese ontwikkeling, behoeftes en geleenthede vir beleggings, en die rol van woude in ekonomiese ontwikkeling. Dit hou regstreeks verband met die Regering se prioriteite, naamlik die uitwissing van armoede, landelike ontwikkeling en werkskepping. Die kongres sal ook op waterskaarste en klimaatsverandering fokus.

Dit is die eerste Wêreld Bosbou-kongres wat in Afrika gehou word en bied 'n geleentheid om die vasteland op die globale bosbouplatform te bevorder. 'n Uitreikprogram sal die publiek, insluitend kwesbare groepe, inlig oor moontlike deelname.

Die kongres sal Nasionale Boomplantweek (1 tot 7 September) volg onder die tema "Hulde aan 'n Nuwe Woud" en doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om vandag net een boom te plant en sodoende ’n bydrae te lewer om in 'n volhoubare toekoms te belê.

7.  Gelukwense

7.1 Die Kabinet dra sy goeie wense oor aan die atlete wat tans by die 15de Wêreld Atletiekebyeenkoms in Beijing, China meeding, asook aan dié wat aan die 11de Afrika-spele tussen 4 en 19 September 2015 in Brazzaville, Kongo gaan deelneem.

Die Kabinet doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om ’n gesamentlike poging aan te wend om ons atlete te ondersteun wanneer hulle die landsvlag hoog laat wapper en die nasie trots maak.

7.2. Die Kabinet, saam met President Zuma, wens die SABC-joernaliste, Dennis Tshetlhane en Sam Msibi, geluk dat hulle die televisiekategorie van die SAOG- Mediatoekennings gewen het; hulle wens ook die hoërskoolleerder Imbelani Matibe geluk, wat  die SAOG se opstelkompetisie  in die skolekategorie gewen het.

7.3. Die Kabinet bedank alle Suid-Afrikaners wat aan die onlangse Vrouemaandvierings deelgeneem het. Die vierings is deur verskeie organisasies en die Regering aangebeid om die sukses te vier wat tot dusver bereik is om gelsagsongelykheid in ons gemeenskappe die hoof te bied. Die maand het ook ’n geleentheid gebied om te besin oor die uitdagings wat ons steeds in die gesig staar betreffende die mishandeling van vroue en kinders.
7.4 Die Kabinet wens die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, spoedige beterskap toe nadat hy verlede naweek in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem is. Hy is sedertdien ontslaan en sterk tuis aan.  

8.  Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die betrokke klarings.

8.1 Raad van die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
a) Me Ntsoaki Mngomezulu – (heraanstelling en Voorsitter);
b) Dr Nolulamo Nobambiswano (Lulu) Gwagwa – (heraanstelling en Adjunk-voorsitter);
c) Mnr Rowan Graham Nicholls – (heraanstelling);
d) Mnr Jonty Tshipa – (heraanstelling);
e) Prof Elizabeth Mokotong – (heraanstelling);
f) Me Kea Modimoeng;
g) Adv Derek Block;
h) Me Sowbakiam Mudly-Padayachie;
i) Me Nandipha Daphne Madiba;
j) Dr David Jasper Gilbert Rees;
k) Mnr David Lefutso;
l) Me Judy Beaumont – (Direkteur-generaal (DG) Omgewingsake-verteenwoordiger); en
m) Dr Linda Makuleni – (Hoof Uitvoerende Beampte).

8.2 Raad van iSimangaliso:
a) Mnr Paul Ndukuzempi Buyani Zwane – (heraanstelling en Voorsitter);
b) Me Barbara Schreiner – (Adjunk-voorsitter);
c) Prof Antonia Thandi Nzama – (heraanstelling);
d) Me Poppy Senelisiwe Dlamini – (heraanstelling);
e) Mnr Zwelenzima Thwalizwe Gumede – (heraanstelling);
f) Me Thobile Etherfrida Mhlongo – (heraanstelling);
g) Me Sibongile Daphne Nene;
h) Mnr Satish Roopa;
i) Me Thumeka Sharon Ntloko – (DG van Omgewingsake, verteenwoordiger);
j) Mnr Andrew Zaloumis – (Hoof Uitvoerende Beampte); en
k) Mnr Bhekithemba Langalibalele – (Departement van Toerisme, verteenwoordiger).

8.3 Nie-uitvoerende lede aangestel tot die Raad van die Oorgrens-padvervoeragentskap:
a) Me Reitumetse Masemola; en
b) Barend Christoffel Deysel.

8.4 Nie-uitvoerende lede aangestel tot die Hawereguleerder:
a) Mnr Thaba Mufamadi – (Voorsitter);
b) Me Anjue Hirachun;
c) Mnr Riad Khan;
d) Mnr Lindelwe Mabandla;
e) Me Gerdileen Taylor;
f) Adv Gugulethu Abigail Thimane;
g) Me Patricia Ntombizodwa Mazibuko – (heraanstelling);
h) Mnr Aubrey Bongani Ngcobo – (heraanstelling);
i) Me Thato Abegail Tsautse – (heraanstelling); en
j) Mnr Andile Mahlalutye – (heraanstelling).

8.5 Nie-uitvoerende aanstellings tot die Raad van die Lugvaartverkeer-navigasiedienste:
a) Me Phindile Riba – (Voorsitter);
b) Mnr President Qiniso Dhlamini;
c) Dr Bridget Ssamula;
d) Mnr Bennet Phonthana Malebo;
e) Mnr Isaac Nkama;
f) Me Shaila Hari;
g) Mnr Daniel Gray Mwanza;
h) Adv Edwin Matane Mphahlele;
i) Mnr Sfiso Norbert Buthelezi;
j) Me Nwabisa Mtshali;
k) Mnr Arthur James Bradshaw; en
l) Me Hlengiwe Thandeka Makhathini – (heraanstelling).

8.6 Nie-uitvoerende lede aangestel tot die Raad van die Ontwikkelingsangentskap vir Kleinsake-ondernemings:
a) Me Anjue Hirachund; en
b) Me Zanele Monnakgotla.

8.7 Raad van die Trans-Caledon Tonnel-owerheid:
a) Me MW Hlahla – (Voorsitter);
b) Mnr JRD Modise – (Adjunk-voorsitter);
c) Mnr SN Khondlo;
d) Dr MJ Ellman;
e) Me ZP Manase;
f) Me SFS Makhathini;
g) Me M Nakene; en
h) Mnr S Roopa.

8.8 Mnr Ian van Niekerk – Hoof Finansiële Beampte van Broadband Infraco.

8.9 Mnr Zukile Christopher Mvalo – Adjunk-DG: Vaardigheidsontwikkeling, Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.  

8.10 Me Xolelwa Mlumbi-Peter – Adjunk-DG: Internasionale Handel en Ekonomiese Ontwikkeling, Departement van Handel en Nywerheid.

8.11 Mnr Tshediso John Matona – Sekretaris, Nasionale Beplanning in die  Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering.

Navrae:
Me Phumla Williams (Waarnemende Kabinetswoordvoerder)
Kontak: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore