Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 26 April 2016

1. Implementering van Belangrike Regeringsprogramme

1.1. Die Kabinet verwelkom President Jacob Zuma se Staatsbesoek aan die Islamitiese Republiek van Iran om ekonomiese en handelsbande tussen die twee lande uit te brei, deur die ondertekening van verskeie ooreenkomste en verbintenisse.

President Jacob Zuma en President Hasan Rouhani het samewerking verstewig op die gebiede van handel; onderwys en vaardigheidsontwikkeling; wetenskap en tegnologie; energie, insluitend petrochemiese gaseksplorasie en raffinadirykapasiteit; landbou; mynbou en minerale; infrastruktuurontwikkeling en vervoer; finansies, bankwese en versekering; en toerisme. Samewerking op al hierdie gebiede lewer ’n bydrae tot die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Op die internasionale front het die twee leiers ooreengekom om,  in belang van die ontwikkelende wêreld, die beroep om die Verenigde Nasies te hervorm, veral die VN se Veiligheidsraad, te versterk.
1.2. Hierdie uitkomste ondersteun die President se werksbesoek aan die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Tydens dié besoek het albei lande hul verbinding tot die konsolidasie en opheffing van bilaterale betrekkinge, veral op die gebiede van handel, belegging en ekonomie, in ’n omvattende strategiese venootskap, herbevestig.

Dit bou voort op President Jacob Zuma se staatsbesoek in November 2011, wat tot die vestiging van die SA-VAE Gesamentlike Kommissie gelei het en die algehele handelsmomentum tussen die twee lande van R13 miljard in 2011 tot R27 miljard in 2015 versnel het.

Suid-Afrika en die VAE het ook ooreengekom op groter samewerking om voordeel te trek uit geleenthede in die oseaan-ekonomie, om die uitvoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte, vervaardigde produkte en veral verdedigingsverskaffing en vennootskappe te bevorder.

Die besoek het verder Suid-Afrikaanse infrastruktuurontwikkeling en geleenthede vir Suid-Afrikaanse maatskappye by EXPO 2020 in Dubai bevorder, en samewerking op die gebied van vrede, seskuriteit en stabiliteit verstewig.

1.3. Die Kabinet verwelkom die streng  maatreëls wat deur die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, ingestel is om die gefragmenteerde, diep diskriminerende sport- en ontspanningsomgewing deur sy Transformasie-handves te rekonstrueer. Dit sal transformasie versnel deur ’n verenigde sportstelsel, wat deur die beginsels van demokrasie, gelykheid, deursigtigheid, demografiese verteenwoordiging, toegang en verhoogde deelname gerugsteun word ooreenkomstig die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan.

1.4. Die Kabinet verwelkom die begrotingsredes wat deur verskillende ministers aagebied word, met uitgebreide verslae oor die vordering wat gemaak word om Suid-Afrikaners se lewens te verbeter.
Dit dui op die implementering van die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk, wat ons nader bring aan die verwesenliking van Visie 2030 van die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Die Kabinet doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om die begrotingsredes op verskillende mediaplatforms te volg om ’n beter begrip van die Regering se Plan van Aksie te kry.

1.5. Die Kabinet vra dat alle aangewese werkgewers hul verbintenis om te verseker dat betekenisvolle werkplektransformasie plaasvind moet volhou in die lig van die aanbevelings in die 16de Diensgelykheidskommissie se Jaarverslag, wat onder die tema "Transformasie maak sakesin” van stapel gestuur is. Die verslag help die Regering om die status van diensbillikheid in die land  en die vordering wat in 2015 met werkplektransformasie gemaak is, te verstaan.

1.6. Die Kabinet wens die Departement van Menslike Nedersettings geluk met die lewering van 4,3 miljoen huise en behuisinsgeleenthede sedert die begin van demokrasie. Dié geleenthede sluit in 2 806 235 ten volle gesubsidieerde huise (BNG-huise), 121 784 maatskaplike/huurhuise, 6 329 Finansieel-gekoppelde Individuele Subsidie-programhuise en 986 608 terreine met dienste.

Hierdie historiese mylpaal het huise aan meer as 20 miljoen mense voorsien, en om dié prestasie te vier het die departement 'n nasionale veldtog van stapel gestuur om die sukses van die land se profiel bekend te stel.
Die nasionale bekendstelling is in Cosmo City, een van die geïntegreerde prioriteitsprojekte regoor die land wat ook sy tiende bestaansjaar gevier het, gehou.

Die Kabinet bedank alle Suid-Afrikaners vir hul bydraes, toewyding en harde werk om te verseker dat die waardigheid van Suid-Afrikaners in nood herstel is deur die voorsiening van menslike nedersettings.

1.7. Die Kabinet prys die Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies vir die sameroeping van die hoëvlak-ondertekeningseremonie van die Parys-ooreenkoms, wat in Desember 2015 deur 176 partye aanvaar is. Die ondertekening van die Parys-ooreenkoms was die eerste stap in die implementering daarvan, wat internasionale pogings sal lei om die vrystelling van kweekhuisgasse te beperk en al die gepaardgaande uitdagings van klimaatsverandering die hoof te bied. Die Kabinet sien uit dat alle partye hul onderskeie plaaslike bekragtigingsprosedures moet afhandel om tydige inwerkingtreding moontlik te maak, sodat die Parys-ooreenkoms teen 2020 ten volle geïmplementeer kan word.

1.8. Die Kabinet neem ook kennis dat die Departement van Omgewingsake in vennootskap met die Departement van Toerisme, van 10 April tot 13 Mei 2016 leweringslaboratoriums byeenbring, getiteld "Biodiversiteit-lab: Laat die ekonomiese bydrae van Suid-Afrika se biologiese hulpbronne groei".

Die doel is om die ekonomiese potensiaal van Suid-Afrika se ryk biologiese diversiteit te ontsluit. Dit word in die Nasionale Konsepstrategie vir Biodiversiteit-ekonomie, wat in Julie 2015 deur die Kabinet vir openbare deelname goedgekeur is, verwoord.

2.  Belangrike Kabinetsbesluite

2.1. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die Nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP) 2016/17 - 2018/19, wat 'n belangrike pilaar van die President se Negepunt-plan is en tot die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan bydra. Dit is die agtste jaarlikse herhaling van opeenvolgende industrialiseringsplanne deur die Regering, wat op die prestasies, beleidsplatforms en programme van die vorige herhalings voortbou.

IPAP 2016/17 streef na 'n hoër-impak industriële beleid in moeilike ekonomiese omstandighede. Dit sluit die deurlopende gevolge van die wêreldwye ekonomiese resessie in, met inbegrip van die staalkrisis en kommoditeitinsinking, asook die ernstige droogte en ander beduidende binnelandse beperkings.

Prestasies uit die vorige jaar sluit in die behoud van ongeveer 67 000 werksgeleenthede en die skep van 'n geraamde 7 000 nuwe behoorlike werksgeleenthede in die sektor vir klere en tekstiel, leer en skoene. Die sub-sektor vir agro-verwerking is een van die grootste binnelandse vervaardigingsektore deur indiensneming, wat ’n geraamde 216 090 werksgeleenthede in 2015 geskep het in vergelyking met 208 822 in 2014. Dit het in 2015/16 meer as R600 miljoen se beleggings gelok, wat die grondslag gelê het vir die versterking van ondernemingsontwikkeling met die klem op landelike gemeenskappe.

2.2. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die Finale Raamwerk vir Geïntegreerde Stedelike Ontwikkeling en die 2016/19 Implementeringsplan. Die algehele uitkoms van die Raamwerk vir Geïntegreerde Stedelike Ontwikkeling is ruimtelike transformasie. Dit dui op 'n nuwe bedeling vir Suid-Afrikaanse stede en dorpe, wat stedelike groei sal lei na 'n volhoubare groeimodel van kompakte, samehangende en gekoördineerde stede en dorpe, wat veiliger is, hulpbrondoeltreffend is en goeie plekke is om te werk en leef.

Dit is in reaksie op die Nasionale Ontwikkelingsplan se opdrag om 'n stedelike ontwikkelingsbeleid te ontwikkel wat behoorlike beplanning, infrastruktuurbeleggings, bestuur om groei te bevorder en die ekonomiese potensiaal van ons stede en dorpe te ontsluit, sal verseker.

2.3. Die Kabinet keur goed dat die Nasionale Konsepbeleid vir Loopbaanontwikkelingsdienste – Bou ’n doeltreffende en effektiewe Geïntegreeerde Loopbaanontwikkelingstelsel vir Suid-Afrika, in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer word.

Waanneer die konsepbeleid geïmplementeer word, sal dit ’n gekoördineerde benadering tot gehalte loopbaanontwikkelingsdienste vir alle burgers voorsien. Dit sal hulle in staat stel om ingeligte loopbaankeuses te maak sodat hulle werk kan kry, ’n bydrae tot die gemeeskap kan lewer en die Suid-Afrikaane ekonomie kan help om te groei.

Loopbaanontwikkelingsdienste speel ’n sleutelrol om arbeidsmarkte te laat werk en onderwysstelsels hul doelwitte te laat bereik. Dit dra by tot die vewesenliking van die Nasionale Ontwikkelingsplan se aanbevelings om ekonomiese groei en indiensneming te bevorder, om werkers in toepaslike poste te plaas; en om meer vaardighede te ontwikkel en ‘n toename in gegradueerdes te verseker.

2.4. Die Kabinet is ingelig oor die implementering van die Nasionale Evalueringstelsel en het die 2014/15 Jaarverslag en die vyfde Nasionale Evalueringsplan vir 2016/17 tot 2018/19 goedgekeur as deel van die strewe om dienslewering te verbeter.

Die Nasionale Evalueringstelsel vloei voort uit die Nasionale Beleidsraamwerk vir Evaluering, wat geloofwaardige en objektiewe bewyse van evaluering by beplanningsprosesse, begrotings, en organisatoriese verbetering, asook beleidhersiening en voortgesette program- en projekbestuur vir beter prestasie, verseker. 

47 evaluerings is reeds voltooi of is aan die gang; dit dek R75 miljard van regeringsbesteding. Tot op datum is 15 evalueringsverslae goedgekeur en 12 is in die Parlement ter tafel gelê. 14 verbeteringsplanne word geïmplementeer en die vordering wat hiermee gemaak word dui reeds op wesenlike veranderings om die impak te verbreed.

2.5. Die Kabinet is ingelig oor die evalueringsbevindings en goedgekeurde aanbevelings met die doel om die impak van die implementering van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram se sosiale sektor (EPWP-SS) te verhoog.

Hierdie program speel 'n belangrike sosiale beskermingsrol vir nie-gestremde werklose volwassenes, deurdat hulle by produktiewe werk betrek word en 'n gemiddelde maandelikse toelae van R1 517,69 ontvang. Die meerdeheid sosialesektorprogramme voorsien gespesialiseerde dienste aan kwesbare en arm gemeenskappe. Die EPWP-SS het vinnig tussen fase een en fase twee gegroei met programme wat van vyf tot 22 toegeneem het. Dit het gelei tot 175 769 werksgeleenthede in die eerste fase en 866 246 werksgeleenthede in fase twee, veel meer as die teiken van 750 000.

Die aanbevelings fokus op die verbetering van implementering om ondoeltreffendheid rakende besluitneming te verminder, en toepassing (betaling van toelae) en voorsiening van opleiding, sowel as koördinering, te bevorder.

2.6. Die Kabinet is ingelig oor die bevindings en onderskryf die aanbevelings van die ontwerp- en implementeringsevaluering van die Ontwikkelingstoelae vir Stedelike Nedersettings en sy verbeteringsplan.

Die bevindings ondersteun die behoud van die Ontwikkelingstoelae vir Stedelike Nedersettings as 'n aanvullende toelae vir die befondsing van 'n wyer konsep van volhoubare en billike menslike nedersettings tot voordeel van arm en matige inkomste huishoudings. Dit is deurslaggewend vir die bereiking van die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk se doelwitte, naamlik die voorsiening van 1 495 miljoen behuisingsgeleenthede in leefomgewings van gehalte teen 2019.

2.7. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die verslag oor die Implementering en Impakevaluering van die Program vir Tegnologie en Menslike Hulpbronne vir Industrie, asook die bestuursreaksie op die verslag en die verbeteringsplan wat deur die Departement van Handel en Nywerheid voorgelê is.

Die program is in 1992 deur die Departement van Handel en Nywerheid bekend gestel om vaardigheidsontwikkeling op die gebiede van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie te bevorder. Dit dra by tot werkskepping deur ’n stroom van hoogs geskoolde navorsers en tegnologiebestuurders vir die industrie te lewer en deur deelnemende sakeondernemings se mededingendheid te verbeter.

Die program is 'n geldige, belangrike en doeltreffende element van innovasie-ondersteuning wat aansienlike waarde vir geld, beide in terme van tegnologie-ontwikkeling en die ontwikkeling van menslike hulpbronne en bedryfsverwante vaardighede, bied. Dit vergelyk ook gunstig met sommige internasionale programme.

2.8. Die Kabinet is ingelig oor die bevindings van die Ministeriële Taakspan se ondersoekverslag na die bewerings van 'onderwysposte te koop', waarby individue, onderwysersunies en amptenare van sekere provinsiale onderwysdepartemente betrek is. Die Kabinet onderskryf aanbevelings om die bevindings stelselmatig en doelgerig te hanteer.

In sy finale verslag bied die Ministeriële Taakspan 'n kritiese beoordeling van die rol wat alle belanghebbendes in die proses van keuring en werwing van onderwysers speel.

Dit dui ook op die ernstige probleme in die huidige stelsel met betrekking tot aanstellings in poste in die basiese onderwyssektor, en maak aanbevelings om die Departement van Basiese Onderwys en die basiese onderwyssektor in die algemeen, te help om die geïdentifiseerde uitdagings die hoof te bied.

3. Wetsontwerpe

3.1. Die Kabinet keur goed dat die Nasionale Wysigingswetsontwerp op Bosbou aan die Parlement voorgelê word. Die Wetsontwerp wysig die Nasionale Bousbouwet, 1998 (Wet No. 84 van 1998).
Implementering van die wysigings sal volhoubare bosboubestuur verbeter en sal ook kwesbare groepe wat van bosbou afhanklik is vir hul lewensbestaan, se betrokkenheid by die Nasionale Bosbouadviesraad, aanmoedig.

4. Toekomstige gebeure

4.1. President Jacob Zuma sal op 12 Mei 2016 die inhuldiging- en eedafleggingseremonie van Uganda se President Yoweri Museveni in Kampala bywoon. Dié uitgaande besoek sal bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en Uganda verder verstewig.

4.2. President Jacob Zuma sal op 29 April 2016 tydens 'n Nasionale Dag van Gebed by die ABSA-stadion in Durban optree. Godsdiensleiers en leiers van burgerlike groepe sal by die Regering aansluit om vir die verdere konsolidasie van demokrasie, nasionale eenheid, en sosiale samehorigheid, asook vir die suksesvolle en vreedsame verloop van die 2016 plaaslike verkiesings te bid.

4.3. Die Kabinet is ingelig oor die Departement van Kuns en Kultuur se planne om in Mei 2016 gasheer te wees vir Afrika-maand onder die tema: "Die bou van 'n beter Afrika en 'n beter wêreld". Dit sal saamval met die vasteland se viering van die stigting van die Organisasie van Afrika Eenheid, nou bekend as die Afrika-unie, en die werk wat hulle gedoen het.

President Jacob Zuma sal Afrika-maand tydens die Nasionale Dag van Gebed op 29 April 2016 van stapel stuur.

In 2016 sal Afrika-maand op vroue- en jeugontwikkelingsinisiatiewe fokus, om aan te sluit by die 60ste herdenking van die Vroue-optog en die 40ste herdenking van die Jeugopstande in Soweto.

Suid-Afrikaners word aangemoedig om deel te neem aan die multi-dissiplinêre program wat 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite insluit, soos visuele kunste, teater, musiek, lesings en colloquia, asook die 10de herdenking van die Afrika Wêrelderfenisfonds. Afrika-maand dien as 'n platform om ons bande te verstewig en ons te herverbind tot Pan-Afrikanisme en Afrika Renaissance deur die mense van die vasteland nader aan mekaar te bring.

4.4. Op 20 Mei 2016 sal die Regering die nasionale eeufeesviering van die Universiteit van Fort Hare op die universiteit se Alice-kampus in die Oos-Kaap lei. Ter voorbereiding vir die hooffees, het President Jacob Zuma 'n inter-ministeriële komitee aangestel om dié historiese eeufeesviering te beplan en te koördineer.

Hierdie historiese onderwysinstelling het tydens ons vryheidstryd as 'n baken gedien; dit staan ook bekend as die "smeltkroes van Afrika-leierskap" aangesien dit die alma mater is van anti-apartheidstryders soos die groot ZK Matthews, Nelson Mandela, Robert Sobukwe, Oliver Tambo en Govan Mbeki. Dit is die enigste Suid-Afrikaanse universiteit waar vyf staatshoofde gestudeer het: Nelson Mandela van Suid-Afrika, Yusuf Lule van Uganda, Robert Mugabe van Zimbabwe, Ntsu Mokhehle van Lesotho en Sir Seretse Khama van Botswana.

As deel van die Universiteit van Fort Hare eeufeesvierings, doen die Kabinet ’n beroep op die alumni en lede van die publiek om hul herinneringe van Fort Hare te deel vir die veldtog ‘Vertel Jou Storie’ met behulp van die hashtag #MyFortHare.

4.5. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 26ste Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) Afrika tussen 11 en 13 Mei in Rwanda lei. Die forum word onder die tema “Verbind Afrika se hulpbronne deur digitale transformasie” aangebied. Deur middel van sy Negepunt-plan bevorder die Regering die land se eie digitale transformasie. Die eerste fase van sy breëband-inisiatief word tans ontwikkel en sal meer as 5 000 regeringsgeboue in agt distriksmunisipaliteite oor 'n tydperk van drie jaar verbind. Befondsing vir 'n bedrag van R740 miljoen is ter ondersteuning van die bekendstelling toegeken.

4.6. INDABA 2016, wat van 7 tot 9 Mei 2016 by die Inkosi Albert Luthuli-konvensiesentrum in Durban gehou word, is 'n Pan-Afrika-platform vir die bevordering van ons toerismeprodukte aan internasionale kopers.
Toerisme, as een van die die Nasionale Ontwikkelingsplan se ses pilare van ekonomiese groei, het in 2014 altesaam R357 miljard tot ons BBP bygedra en ondersteun nege persent van die algehele indiensneming in Suid-Afrika. Die Wêreldraad vir Reis en Toerisme is van mening dat toerisme teen 2025 so veel as R560 miljard tot ons BBP sal bydra en meer as twee miljoen werksgeleenthede sal  ondersteun.

Die bevordering van die impak wat toerisme op die oseaan-ekonomie het, is 'n onmisbare pilaar van die Negepunt-plan, gerugsteun deur die onontginde potensiaal van ons oseane, wat tot ekonomiese groei kan bydra. Die oseaan- ekonomie en toerisme bied geweldige geleenthede vir ekonomiese groei en werkskepping.

4.7. Ter viering van Werkersdag op 1 Mei 2016, benadruk die Kabinet die land se verbintenis tot die beskerming van werkers se regte deur middel van ons progressiewe arbeidswetgewing.

Sedert 1994 het die Regering deur middel van wetgewing soos die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Gelyke Indiensneming en Beroepsgesondheid en Veiligheid, werkers se regte bevorder.

4.8. Die Kabinet doen ’n ernstige beroep op graad 12-leerders om aansoekvorms te begin aflaai of aanlyn aansoek te doen by hoëronderwysinstellings as deel van die Doen nou Aansoek/Khetha-beroepsleidingsveldtog,
Die veldtog wat jaarliks deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding onderneem word, sal landwyd tot September 2016 duur om leerders te help om ingeligte keuses te maak wanneer hulle by hoëronderwysinstellings aansoek doen.

Leerders word aangemoedig om die Career Development Services Centre te kontak deur middel van ’n SMS of 'n "please call me" op 072 204 5056 of 086 999 0123; of ’n e-pos te stuur na careerhelp@dhet.gov.za; die  Facebook-blad by www.facebook.com/careerhelp te besoek; of gebruik te maak van Twitter by http://twitter.com/rsacareerhelp.

5. Die Kabinet se standpunt oor belangrike kwessies in die omgewing

5.1. Die Kabinet moedig belanghebbendes aan om kommentaar te lewer oor die hersiende Konsephandves vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging  vir die Suid-Afrikaanse Myn- en Mineralebedryf, 2016, wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die hersiende konsepmynbouhandves integreer die Regering se  transformasiebeleid en -wetgewing verder om die gemak waarmee sake gedoen word te verbeter; en om duidelikheid, voorspelbaarheid en sekerheid oor regulering te skep. Dit is ook in lyn met die bepalings van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet No. 53 van 2003) en die Gedragskode vir Goeie Praktyk (DTI-kodes).

5.2. Die Kabinet neem kennis dat goedkeuring vir die voorgestelde verkryging van SAB Miller deur AB InBev deur die mededingingsowerheid oorweeg word. Die Kabinet verwelkom die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling en AB InBev se ooreengekome benadering tot die mededingingsowerheid met betrekking tot verskeie kwessies van openbare belang. Die maatskappy se verbintenis dien as 'n gids vir ander maatskappye oor kwessies van openbare belang rakende samesmeltings en verkrygings in soortgelyke omstandighede.

Dit sluit 'n ooreengekome verbintenis deur die maatskappy in om R1 miljard oor die volgende vyf jaar te bestee om kleinskaalse boerdery en die ontwikkeling van plaaslike verskaffers, nuwe ondernemings, tegnologie vir energie- en waterdoeltreffendheid, en jeugontwikkeling te bevorder. Die verbintenis tot werkgeleenthede, insluitend 'n onderneming om onwillekeurige afdanking van werkers weens die samesmelting te verhoed, en om indiensnemingsvlakke by die maatskappy vir die volgende vyf jaar in stand te hou, is deel van 'n baanbrekersooreenkoms tussen die maatskappy en die Regering om industrialisering, kleinsakeontwikkeling en werkskepping te ondersteun.

5.3. In 'n afsonderlike ontwikkeling neem die Kabinet kennis van die inwerkingtreding van bepalings van die Wysigingswet op Mededinging wat dit 'n kriminele oortreding vir direkteure en bestuur maak om saam te span in die vasstelling van pryse, tenders of markte. Hierdie bepalings is deel van maatreëls om die stryd teen kartelle wat die ekonomie benadeel en hoë pryse op verbruikers afdwing, te verskerp.

Ons doen ’n beroep op besighede in Suid-Afrika om te kompeteer op grond van laer pryse, meer innovasie, verbeterde gehalte van goedere wat aangebied word, en beter diens aan kliënte, eerder as op samespanning.
5.4. Die Kabinet het kennis geneem van die hoogs gereguleerdheid van die banksektor in Suid-Afrika – en wêreldwyd – en die behoefte vir Suid-Afrika om aan internasionale standaarde soos Basel III en die anti-geldwasseryregulasies van die Financial Action Task Force  (FATF), wat voorheen deur die Kabinet goedgekeur is, en deur onderliggende wetgewing wat deur die Regering ondersteun word, te voldoen. Die “Twin Peaks”-stelsel sal ook markoptrede in die bankwese en die breër finansiële sektor reguleer.

5.5. Die Kabinet verwelkom die uitkomste van die 2016 Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbankgroep se Lentebyeenkoms wat onder die tema "Globale uitdagings, globale oplossings" plaasgevind het. 'n Drieledige benadering om groei op 'n globale vlak aan te vuur, is voorgestel om lande aan te moedig om al hul beleidsmag te gebruik om groei aan te spoor; dit wil sê monetêre, fiskale en strukturele hervormings. Lande met monetêre en fiskale ruimte is aangemoedig om meer te doen om vraag te stimuleer, maar implementering van strukturele hervormings is ook van kritieke belang vir almal. Vir baie lande sluit dit onder meer belegging in infrastruktuur, innovasie en verbetering van regulering in. 

5.6. Die Kabinet herinner alle stemgeregtigdes wat nog nie geregistreer het nie, of nie hul besonderhede nagegaan het nie, dat daar nog geleentheid is om dit  by hul plaaslike Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se kantoor te doen. Dit is nodig om seker te maak dat jou naam op die kieserslys is, sodat jy as ’n stemgeretigde in staat sal wees om op 3 August 2016 jou demokratiese reg om te stem uit te oefen.
Die Kabinet doen ’n beroep op stemgeregtigdes om seker te maak dat hulle aan die vereistes voldoen deur hul adresse by die OVK se kantoor te voorsien. Verkiesingsnavrae kan aan die OVK se kontaksentrum gerig word by 0800 11 8000, wat van Maandae tot Vrydae vanaf 7-uur soggens tot 9-uur saans oop is.

5.7. Die Kabinet dra sy gelukwense oor aan Transnet, die Nasionale Vervolgingsgesag, die SABC en die departemente van Hoër Onderwys en Opleiding; Internasionale Betrekkinge en Samewerking; en die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling met hul prestasie om deur die internasionale maatskappy UNIVERSUM aangewys te word as die "Aantreklikste Werkgewers" in Suid-Afrika.

5.8. Die Kabinet prys die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, wat 'n Orde van Verdienste van die Federale Republiek van Duitsland ontvang het vir haar bydrae tot die ontwikkeling van wetenskap wêreldwyd. Die orde word aan mense van regoor die wêreld toegeken vir prestasies in die politieke, sosiale of intellektuele sfere.

5.9. Die Kabinet wens die Direkteur-generaal van Omgewingsake, Nosipho Ngcaba, geluk met sy 2015/16 Lifetime Achievement Eco-Logi-toekenning van die omgewingspublikasie, The Enviropaedia.

5.10. Die Kabinet loof kunstenaar Kemang Wa Lehulere vir sy toekenning as "Kunstenaar van die Jaar" vir 2017, wat deur Deutsche Bank ondersteun word. Wa Lehulere, wat die toepaslikheid van die artistieke gebaar in post-apartheid Suid-Afrika verken, sal sy eerste institusionele solo-uitstalling volgende jaar in Duitsland by die Deutsche Bank Kunsthalle in Berlyn hou.

5.11. Die Kabinet wens die Departement van Toerisme geluk met sy toekenning as beste Openbare Beleid/Ondersteuning in die 2016 Afrika Verantwoordelike Toerismetoekennings. Die toekenning gaan na 'n openbare sektor departement, -gesag of -entiteit wat hom duidelik verbind en ’n bydrae lewer tot die bevordering van verantwoordelike toerisme.

5.12. Die Kabinet wens gholfspeler Branden Grace geluk met sy oorwinning in sy eerste PGA-toernooi by die RBC Heritage in Hilton Head, VSA.

5.13. Die Kabinet neem met leedwese kennis van die dood van Bertie Lubner, wat as 'n sakeleier, filantroop en ere-lewensvoorsitter van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes, betekenisvolle bydraes tot die ontwikkeling van Suid-Afrika gelewer het.

5.14. Die Kabinet betuig sy innige meegevoel met die vriende en familie van die tien slagoffers (Tiisetso Tselo, Sesi Mtshali, Sana Sibeko, Mphikeleli Malindi, Guguletu Sithole, Vusi Nkabinde, Daphney Linda, Sicelo Kheswa, Sphamandla Gedle en Simphiwe Nhlapo) van 'n tragiese busongeluk op pad van die ANC se Manifessaamtrek in Port Elizabeth. Die Kabinet wens ook diegene wat in die ongeluk beseer is 'n spoedige herstel toe.

5.15. Die  Kabinet dra sy meegevoel oor aan die familie en vriende van dr Herman Nditsheni Netshidzivhani, Suid-Afrika se eerste swart vrugbaarheidspesialis. As stigter van die vrugbaarheidskliniek in die Park Lane-hospitaal in Johannesburg, het Netshidzivhani baie Suid-Afrikaners gehelp om hul eie gesinne te begin.

5.16. Die Kabinet dra sy meegevoel oor aan die familie en vriende van Dene Smuts, voormalige Demokratiese Alliansie Parlementslid. Die Kabinet huldig haar vir die waardevolle bydrae wat sy tot die ontwikkeling van ons konstitusionele demokrasie gelewer het.

5.17. Die Kabinet wens saam met President Jacob Zuma vir Mama Winnie Madikizela-Mandela ’n spoedige herstel toe en doen ’n beroep op die publiek om die familie se privaatheid in hierdie tyd te respekteer. Winnie Mandela word hoog geag vir haar rol in ons vryheidstryd, wat bygedra het tot die beëindiging van onderdrukkende staatsbeleid en die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika.

6. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die betrokke uitklaring.

6.1. Paul Steenkamp tot die Nasionale Adviesraad vir Innovasie.

6.2. Clarinda Elizabeth Simpson as Hoof Finansiële Beampte van SENTECH.

6.3. Lumko Caesario Mtimde as Hoof Uitvoerende Beampte van die Universele Dienste- en Toegangsagentskap van Suid-Afrika.

6.4. Heraanstelling van Adv. Rory Wayne Voller as Adjunk-kommissaris van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom.

6.5. Verlenging van die kontrak vir Lungisa Fuzile as Direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie.

6.6. Verlenging van die kontrak vir Nosipho Ngcaba as Direkteur-generaal van die Departement van Omgewingsake.

6.7. N Mafu as Adjunk-direkteur-generaal: Bemagtiging en Belanghebbendes in die Departement van Militêre Veterane.

6.8. TLM Makotoko as Hoof Operasionele Beampte vir die Departement van Omgewingsake.

Navrae:
Donald Liphoko
082 901 0766

Share this page

Similar categories to explore