Verklaring van die Kabinetsvergadering van 11 Mei 2016

1. Implementering van belangrike regeringsprogramme

1.1. Die Kabinet het kennis geneem van die Minister van Finansies se vorderingsverlsag aan die President oor die vordering van die Regering se raadpleging met die private sektor en arbeid oor die ekonomie. Die President het die Minister opdrag gegee om gesprekvoering met hierdie maatskaplike vennote te lei ten einde ’n strategie met maatreëls op te stel om die ekonomie te laat groei en die land se kredietgradering te behou.

Die Kabinet is tevrede dat hierdie werk tot konkrete inisiatiewe gelei het wat die land se ekonomiese vooruitsigte sal verbeter. Die President het Maandag verskeie prioriteitsinisiatiewe aangekondig wat die volgende insluit: (1) 'n gesamentlike private- en openbaresektorfonds  vir kleinsake-ondersteuning, (2) die hantering van beperkings op die verhoging van belegging om inklusiewe groei te versnel, (3) mede-beleggings in infrastruktuur deur die Regering en die private sektor gerugsteun deur die ervaring van die suksesvolle Program vir Onafhanklike Kragprodusente en (4) die versterking van ondernemings in staatsbesit om hul finansiële volhoubaarheid te verseker en hul rol in die bestuur van ontwikkeling te verstewig.

Hierdie aankondigings is ’n bewys van wat die land kan bereik wanneer alle sosiale vennote bymekaarkom om dieselfde doel te bereik.

1.2 Die Kabinet is steeds vol vertroue dat die Regering se aggressiewe fiskale konsolidasie die historiese R1 triljoen-invordering deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), asook die vyf korttermyningrypings wat onlangs aangekondig is, die Negepunt-plan komplementeer om 'n ommekeer in ons ekonomiese lotgevalle te verseker. SAID se verhoogde inkomste-invordering sal die Regering verder in staat stel om dienste te lewer wat die lewensgehalte van alle burgers sal verbeter.

1.3 Die Kabinet verwelkom die aankondiging van die graderingsagentskap, Moody's Investor Services, wat die afgelope week bevestig het dat die land se kredietgradering op twee kerwe bokant sub-beleggingsgraad staan. Toe Moody's die gradering bevestig het, het hulle opgemerk dat Suid-Afrika besig om 'n keerpunt ná jare van swak groei te bereik en dat die aggressiewe konsolidasiemaatreëls in die 2016-begroting die Regering se skuld tot BBP in die huidige jaar stabiliseer.

Al die partye het ooreengekom dat gesamentlike pogings versterk moet word om stukrag te aan ekonomiese herstel te gee. Ons het ook kennis geneem dat die Minister van Finansies se werk met maatskaplike vennote 'n kredietgraderingswerkstroom insluit wat potensiële hervormings en ingrypings sal identifiseer om Suid-Afrika se sterk kapitaalmarkte en beleggingsgraad-kredietgradering te behou.

1.4 Die President het waardering vir die onderskeie Ministers se begrotingsposte wat aaandag gee aan die behoeftes van alle Suid-Afrikaners. Die vorderingsverslae en planne wat uit die departementele begrotingsposte voortspruit, toon dat Suid-Afrika, onder leiding van die Regering, 'n nasie aan die werk is wat 'n beter lewe vir almal te skep.

Konkrete maatreëls is in plek gestel om die negatiewe uitwerking van die wêreldwye ekonomiese afswaai op ons ekonomie te verminder, en om voor te berei vir sterk groei wanneer die ekonomiese siklus positief swaai. Ons is ook hard aan die werk om plaaslike struikelblokke wat groei verhinder, uit die weg te ruim.

Die begrotingposte demonstreer verder dat die Regering en die arbeid- en sakesektore meer as ooit saamwerk om maniere te vind om groei opnuut aan te vuur en 'n beter lewe vir almal te skep. Dit sluit in kragtige implementering van die Negepunt-plan, wat President Jacob Zuma in sy 2015-Staatsrede aangekondig het, asook Operasie Phakisa, wat ontwerp is om implementering van oplossings vir kritieke ontwikkelingsgebiede te versnel. Hierdie programme gee aandag aan kritieke kwessies van die Nasionale Ontwikkelingsplan, soos die vermindering van armoede en werkloosheid.

1.5 Die Kabinet stel Suid-Afrikaners gerus dat dringende aandag gegee word aan die kwessie van werkloosheid in die land deur die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se ekonomiese ingrypings soos uiteengesit in die Negepunt-plan, wat daarop gemik is om groei aan te vuur en werk te skep in die belangrikste ekonomiese sektore. Die samewerking van die private sektor is deurslaggewend vir 'n suksesvolle uitkoms.

Die Regering gebruik alle beskikbare inisiatiewe, insluitend sy Nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP) om meer arbeidabsorberende produksie- en dienstesektore te skep om werkloosheid, wat ook beïnvloed word deur die moeilike internasionale en plaaslike ekonomiese toestande, te pak. Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, het die agtste jaarlikse iterasie van IPAP 2016/17 tot 2018-19 op 9 Mei 2016 van stapel gestuur by ’n masjineringsgietery in Gauteng wat 100% in swart besit is.

Die Regering beklemtoon die belangrikheid van die ontwikkeling van noue samewerking met die nuutste plaaslike industriële maatskappye, wat nie net betrokke is by die ontwikkeling van infrastruktuur, vervoer en logistiek nie, maar oor 'n wye verskeidenheid van sektore in die Suid-Afrikaanse ekonomie as 'n geheel, wat tegnologies gevorderd, uitvoergereed en arbeidsintensief is.

Terwyl die Kwartaalikse Arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van 2016 'n toename in werkloosheid tot 26,7 persent op 'n kwartaal-tot-kwartaalbasis toon, is die 2016-indiensnemingsvlakke hoër met 204 000 mense in diens in vergelyking met die eerste kwartaal van 2015.

1.6 Die Kabinet verwelkom die oorhandiging deur President Jacob Zuma van die nuwe Jeugsentrum in Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, wat ‘n geleentheid aan die jeug  bied om hulself te bemagtig. Die sentrum het ‘n verskeidenheid fasiliteite wat geleenthede bied vir die holistiese ontwikkeling van jong mense asook vir die wyer gemeenskap. Die fasiliteite in hierdie jeugsentrum sal geleenthede aan jong mense uit arm gemeenskappe bied wat hulle sal bemagtig om beter te kan deelneem aan en ’n positiewe bydrae te lewer tot hul gemeenskappe en die land. 

Die ten volle toegeruste vaardigheidsentrum wat deur die Suid-Kaapkollege bedryf word, sal opleiding in sake-administrasie, rekenaarvaardigheid vir eindgebruikers, en vroeë kinderontwikkeling aan 200 jeugdiges van die Nasionale Landelike Jeugdienskorps (NARYSEC) per jaar, bied. NARYSEC is ’n langtermynprogram wat net landelike jeugdiges betrek en werf en vir hulle ’n tweejaarkontrak aanbied.

Jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 25 word gewerf en ingeskryf vir opleiding in verskeie vaardighede om hulle toe te rus met beide teoretiese en praktiese kennis, sodat hulle nie net vir hulself werk kan skep nie, maar ook vir ander mense in hul gemeenskappe. Hierdie Jeugsentrum is ‘n loodsprojek en die eerste van sy soort, wat weldra ook in ander provinsies  bekend gestel sal word.

1.7 Die Kabinet verwelkom die onlangse 2016 Vennootskap vir Oop Regering se Afrika-streeksvergadering wat van 5 tot 6 Mei 2016 deur Suid-Afrika aangebied is onder die tema "Oop Regering vir Volhoubare Ontwikkeling in Afrika".

Die byeenkoms het sewe maande ná Suid-Afrika se aanwysing as Hoofvoorsitter van die Vennootskap vir Oop Regering, plaasgevind. Oop-regeringsbeginsels is van kardinale belang vir die bereiking van 'n veel wyer verskeidenheid van doelwitte vir volhoubare ontwikkeling. Dit koppel openlikheid aan staatsbestuur om die lewens van die wêreld se kwesbare en arm mense wêreldwyd te verbeter.

Die Vennootskap vir Oop Regering en Oop Regering is ook 'n belangrike instaatsteller wat die wêreldgemeenskap sal help om die doelwitte van die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling te bereik.

Die Streeksberaad was die grootste streeksvergadering van die Vennootskap vir Oop Regering ooit en daar het tydens die verloop van die konferensie talle wesenlike uitkomste uit elk van die sessie voortgespruit.

Ooreenkomstig die Regering se verbintenis tot samewerking en goeie staatsbestuur, het hierdie beraad deelnemers uit verskeie burgerlike-samelewingorganisasies van regoor die wêreld gelok, wat in gemeenskappe oor verskillende sektore buite die tradisionele burgelike-samelewingorganisasies gevestig is, en wat altyd deel van die vennootskap was.

1.8 Die Kabinet neem kennis van die goedkeuring vir samesmelting van drie botteleringsaanlegte om die vasteland se grootste botteleringsaanleg, Coca-Cola Beverages Africa te vorm. Die Kabinet verwelkom die ooreenkoms, wat op openbare-belangevoorwaardes gegrond is, vir die samesmelting tussen die Regering en die partye van die Coca-Cola Beverages Africa-samesmelting; dit steun ons pogings vir groter industrialisering in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die ooreenkoms beveilig gesamentlik indiensnemingsvlakke in die maatskappy vir 'n tydperk van drie jaar; beskerm werkers in die bedingingseenheid van afleggings wat met die samesmelting verband hou; ondersteun lokalisering van die voorsieningsketting; en is daartoe verbind om voorheen benadeelde boere en verskaffers aan die maatskappy, te ontwikkel.

Hierbenewens is R400 miljoen verbind tot finansiering van ondernemingsontwikkeling in die landbou-waardeketting, asook ’n bykomende R400 miljoen inkrementele belegging om stroomafverspreiding en kleinhandelvermoëns te ontwikkel met gepaardgaande vaardigheidsontwikkelling en -opleiding. Die ikoniese Appletiser-merk sal steeds in Suid-Afrika vervaardig word.

Die ooreenkoms maak yskasruimte in verkoelers wat deur Coca-Cola besit of verskaf word, beskikbaar aan kleiner kleinhandelaars: tien persent yskasruimte sal beskikbaar wees vir mededingerprodukte van kleiner produsente in kleinhandelondernemings waar slegs verkoelers wat deur Coca-Cola voorsien is, beskikbaar is. Dit maak die mark oop vir nuwe toetreders en klein botteleerders, wat help om beperkende sakepraktyke wat klein- en mediumgrootte ondernemings uit markte hou, te verhoed.

Hierbenewens sal die maatskappy se langtermynbelegging in die land se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling verstewig word deur die vestiging van die saamgesmelte entiteite se hoofkantoor in Suid-Afrika. Die ooreenkoms volg op 'n onlangse soortgelyke ooreenkoms met Annhauser Beush InBev wat verband hou met die aankoop van SAB Miller. Die klem wat hierdie ooreenkomste op diens, lokalisering en kleinsake-ontwikkeling plaas, dui op die belangrikheid om korporatiewe samesmeltings met openbarebelange-kwessies te balanseer en stel 'n standaard vir maatskappye wat soortgelyke samesmeltings of verkrygings oorweeg.

1.9 Die Kabinet neem kennis van die bekendstelling van die Mpact Polymers R350 miljoen bottel-tot-bottel-aanleg in vennootskap met Coca-Cola. Hierdie inisiatief is ’n reaksie op die Regering se wetlike raamwerk, deur die Departement van Omgewingsake se Nasionale Afvalbestuurstrategie se doelwit om herwinningsondernemings te bevorder. Die aanleg is die eerste van sy soort op die vasteland van Afrika wat 29 000 ton PET- (polyethyleentereftalaat) afvalbottels verwyder met 'n geskatte besparing van 186 000 kubieke meter van stortingsterreinruimte.

Dit sal ookl bydra tot die vermindering van koolstofdioksied- (CO2) vrystellings van ongeveer 53 000 ton per jaar. Die Nywerheids-ontwikkelingskorporasie (NOK) het 'n R210 miljoen-leningsfasiliteit asook R30 miljoen vir sy 21% aandelebelang, en die Departement van Handel en Nywerheid het 'n belastingaansporing ingevolge artikel 12 (I) toegestaan. Die herwinningsaanleg verskaf werk aan 80 mense, asook 1 000 werkgeleenthede vir afvalinsamelaars.

Vennootskappe soos hierdie is 'n belangrike dryfkrag vir ekonomiese groei deur die skep van duisende werksgeleenthede in die herwinningsekonomie wat sowat R50 miljard werd is. Plastiekherwinning alleen bied tans inkomstegeleenthede vir meer as 60 000 afvalinsamelaars. Mpact Polymers se moderne herwinningsaanleg voldoen aan aan EU-voedselveiligheidspesifikasies en is die eerste sodanige fabriek in Afrika wat ook aan die vereistes van Coca-Cola se sertifiseringsprotokol vir PET-bottels voldoen.

1.10 Die Kabinet verwelkom die vorderingsverslag oor die Geïntegreerde Strategiese Bestuur van Renosters wat aandui dat Suid-Afrika die gety teen renosterstropery laat draai het. Sedert die begin van hierdie jaar alleen, is 206 vermeende stropers in hegtenis geneem. Die Geïntegreerde Strategiese Bestuursbenadering is in Augustus 2014 deur die Kabinet aanvaar. Dit het daartoe gelei dat die Sekuriteitsgroepering 'n multi-dissiplinêre, multi-sektorale ingryping in werking gestel het om renosters in Suid-Afrika te beskerm.

1.11 Die Kabinet wens die land geluk met die aanbieding van 'n suksesvolle 2016 Toerisme-indaba in Durban, KwaZulu-Natal. Die indaba wat op Maandag 9 Mei 2016 geëindig het, het tot talle suksesvolle wisselwerkings tussen 1 047 uitstallers uit 18 Afrika-lande en 1 856 kopers van regoor die wêreld gelei. Vanjaar was die Indaba gasheer vir 3 000 meer vergaderings as verlede jaar. Altesaam 14 000 sakevergaderings het oor die drie dae van die Indaba plaasgevind, wat 'n beduidende ekonomiese voordeelpotensiaal bied. Die geleentheid is ook deur 575 nasionale en internasionale joernaliste bygewoon.

Die Indaba het op die bedryf se klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO's) gefokus met die klem op produkte en dienste van belowende klein reisondernemings. 70 ondernemings het voordeel getrek uit werksessies oor hoe om toegang tot die mark te verkry en te groei. KMMO's het die potensiaal om groot ondrnemings geword. Die Indaba het die rol wat KMMO’s in die ekonomiese ontwikkeling van beide ontwikkelde en ontwikkelende lande, in die groei van die toerismesektor speel, versterk. Ontsluiting van KMMO's se potensiaal is een van die kritieke aandrywers van werksgeleenhede in die Negepunt-plan, wat die ekonomie sal laat groei en transformeer en werkgeleenthede sal skep.

2. Belangrike Kabinetsbesluite

2.1. Die Kabinet het die implementering van die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) se aanbevelings en voorgestelde opsies vir die implementering van die rehabilitasieprojekte vir gemeenskappe, bespreek.

Realisering van gemeenskapsrehabilitasieprojekte sal die ongeregtighede van die verlede herstel deur middel van die rehabilitasie van 128 gemeenskappe wat aan geweld en vernietiging onderwerp was tydens die konfliktydperk (1 Maart 1960 tot 10 Mei 1994).

Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sal bydraes van toepaslike rolspelers (openbaar en privaat) vra om voldoende hulpbronne te verseker wat holistiese tussenkomste in die 128 gemeenskappe, wat deur die WVK geïdentifiseer is, teweeg sal bring op 'n saak-tot-saakbasis wat kan verskil in waarde, maar met 'n maksimumwaarde van R30 miljoen. Dit sal verseker dat die projekte haalbaar en volhoubaar is om gemeenskappe se strewes te verwesenlik.

Dit dra by tot die verwesenliking van die Nasionale Ontwikkelingsplan deur die verbreding van maatskaplike samehorigheid en eenheid, die herstel van die ongelykhede van die verlede en die verwesenliking van 'n bekwame, etiese ontwikkelingstaat wat sy burgers met waardigheid behandel.

2.2 Die Kabinet is ingelig oor die uitkomste van die Wêreld Konferensie oor Radiokommunikasie (WRK-15) wat van 2 tot 27 November 2015 in Genève, Switserland gehou is. Suid-Afrika het die Afrika-groeponderhandelinge gelei, wat daartoe gelei het dat die streek bykomende spektrum vir mobiele breëband verseker en Afrika het daarin geslaag om die laer UHF-spektrum vir digitale terrestriële televisie te beskerm. Meer spektrumtoekennings is vir maritieme, lugvaart- en ruimtedienste bewillig.

Die Nasionale Radiofrekwensieplan (NRFP) sal bygewerk word om die besluite van die WRC-15, wat op 1 Januarie 2017 in werking tree, te weerspieël. Die toekenning van spektrum binne die NRFP sal opdragplanne fasiliteer vir die verskillende dienste wat noodsaaklik is om ekonomiese, kulturele en maatskaplike voordeel te trek deur die gebruik van die spektrum as 'n natuurlike hulpbron. Ter  ondersteuning van die Nasionale Ontwikkelingsplan se doelwitte, sal die spektrum gebruik word vir die implementering van die nasionale breëband, asook vir digitale terrestriële televisie, satellietkommunikasie en openbare beskerming en rampverligting, sowel as ander dienste.

2.3 Die Kabinet is ingelig oor Besluite wat deur die Afrika-unie (AU) se Beraad vir Staatshoofde en die Regering in Junie 2015 in Johannesburg geneem is om die vasgestelde jaarlikse bydraes deur die lidlande in 2016 te hersien ten einde sy vermoë om sy programme uit te voer te verbeter.

Die Kabinet het die implementering van Suid-Afrika se nuwe vasgestelde bydrae tot die AU goedgekeur ooreenkomstig die vergadering se besluit oor 'n nuwe assesseringskaal. Dit is gegrond op die beginsels van solidariteit, regverdige betaling en vermoë om te betaal, op 'n wyse wat verseker dat geen enkele land 'n buitensporige deel van die begroting dra nie.

3. Komende gebeure

3.1. President Jacob Zuma sal op 19 Mei 2016 'n staatsbesoek aan Doha, Katar onderneem om politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande te versterk.

3.2. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa, as President Jacob Zuma se spesiale gesant na Suid-Soedan, sal Juba op 16 Mei 2016 besoek. Dit is ’n belangrike datum vir die Suid-Soedanese aangesien hulle die dag van bevryding van die Sudan People's Liberation Army vier.

Die Adjunkpresident sal tydens sy besoek die implementering van die vredesooreenkoms monitor. Suid-Soedan het aan die einde van April 2016 'n mylpaal bereik met die inhuldiging van die oorgangsregering van nasionale eenheid.

3.3. President Jacob Zuma sal die nasionale en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) van die Universiteit van Fort Hare se eeufeesviering op 20 Mei 2016 lei. Die Universiteit se bydrae tot die opleiding van roemryke alumni in die land en in Suider-Afrika gee ’n hupstoot aan die Afrika-maandvieringe.

3.4. Die Kabinet moedig mense aan om deel te neem aan die Afrika-maand multidissiplinêre program, wat verskillende generasies en genres betrek onder die tema "Die Bou van 'n Beter Afrika en 'n Beter Wêreld". Alle aktiwiteite beklemtoon die sentrale rol van plaaslike gemeenskappe en bestaan uit verskeie dissiplines, insluitend musiek, poësie, dans, film, kookkuns, mode, handwerk en ontwerp, intellektuele verbintenisse en 'n paar gesamentlike werke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars en hul eweknieë op die vasteland assok die diaspora.

3.5. Die Internasionale Dag vir Gesinne word op 15 Mei 2016 gevier onder die internasionale tema "Gesinne, Gesonde Lewens en Volhoubare Toekoms", wat verband hou met die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling (in 2015 aangeneem). Die Internasionale Dag vir Gesinne is deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies geproklameer en fokus op gesinne: kinders en jeugdigdes se gesondheid en welstand; balans tussen werk en gesin; gesondheidsuitkomste; en 'n beter lewensgehalte vir ouer persone.

3.6. Die Departement van Water en Sanitasie sal Sanitasie- en Higiëneweek van 16 to 20 Mei 2016 lei onder die tema: "Dit gaan nie oor spoel nie". Die veldtog sal bewustheid oor die belangrikheid van sanitasie verhoog en sanitasie beste praktyke bevorder.

'n Belangrike program is die uitroei van die emmertoiletstelsel; vordering sluit in die algehele uitwissing van emmertoilette in formele nedersettings in KwaZulu-Natal, Noordwes, Mpumalanga en Gauteng. Die Wes-Kaap het 99,8 persent voltooiing bereik. Vordering in ander provinsies sluit die uitwissing van 20 560 emmertoilette in: Vrystaat (4 056); Oos-Kaap (2 672); Noord-Kaap (2 421) en Noordwes (398).

Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, sal van 15 to 20 Mei 2016 aan die 84ste Internasionale Komitee vir Groot Damme (ICOLD) by the Sandton-konvensiesentrum deelneem. Dié platform sal geleentheid bied om kennis uit te ruil oor die ontwerp, konstruksie, onderhoud en impak van groot damme. Dit sal ook besigtigingstoere van groot damme in Suider-Afrika insluit en sal ’n bydrae lewer tot ons pogings om water te bewaar. 

3.7. As deel van die Geïntegreerde Nasionale Strategie vir Geletterdheid en Syferkundigheid, sal die Departement van Basiese Onderwys gasheer wees vir die 2016 Spelling Bee om leerders se prestasie in tale te verbeter.

Die Kabinet doen 'n beroep op alle skole, onderwysers en ouers om laerskoolleerders aan te moedig om vir die 2016 Spelling Bee in te skryf voordat inskrywings op 31 Mei sluit. Vir meer inligting besoek www.education.gov.za.

4. Die Kabinet se standpunt oor belangrike kwessies in die omgewing

4.1. Die Kabinet veroordeel die blatante rassisme wat deur sommige individue in ons land getoon word, veral op sosiale netwerke, ten sterkste. Sulke gedrag is teenstrydig met die etos van ons Grondwet, verskanste verantwoordelikhede en waardes, en skend die regte van ons mense. Dit het geen plek in ons demokratiese samelewing nie. Die Kabinet betreur in die besonder die rassistiese opmerkings wat toegeskryf word aan 'n senior lid van die regbank, ‘n Regter van die Hooggeregshof, Mabel Jansen.

Die uitsprake, veral deur 'n gewaardeerde lid van die regbank, is nie in ooreenstemming met wat ons samelewing van lede van die regbank verwag nie. Die regbank moet altyd onpartydig en bo verdenking optree.

Verdraagsaamheid en respek was 'n hoeksteen van ons vryheidstryd en bly 'n noodsaaklike deel van Suid-Afrika se demokratiese grondslag. Laat ons weer saamstaan teen die verdeeldheid van rassisme in ons samelewing.

Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling beplan om sulke kwessies te hanteer deur die bekendstelling van wetgewing wat rassisme en in besonder haatspraak, pak.

Die Kabinet doen voorts ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om mekaar te respekteer ooreenkomstig ons Handves van Menseregte.

4.2. Die Kabinet beklemtoon President Jacob Zuma se veroordeling van die vernietiging van 24 skole deur mense wat na bewering inwoners van die Vhembe-distrik in Limpopo is. Die vernietiging van opvoedkundige infrastruktuur benadeel ons kinders en ondermyn die land se poging om gehalte-onderwys te voorsien.

Die Kabinet verwelkom President Jacob Zuma se ontmoeting met die Koning van die Vhavenda, Thovhele Toni Mphephu Ramabulana, wat op versoek van sy majesteit op 8 Mei 2016 plaasgevind het om kwessies in Vuwani op te los.

President Jacob Zuma het 'n taakspan onder leiding van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake aangestel om die proses te lei waarvolgens 'n pakket van sosiale infrastruktuur-projekte vir die Makhado Plaaslike Munisipaliteit ontwikkel word. Die Kabinet bedank die ministeriële taakspan onder leiding van Minister Desmond van Rooyen vir die vordering wat gemaak is om hierdie saak op te los en spreek sy waardering uit vir die rol wat die kantoor van Premier Stanley Mathabatha, en die Uitvoerende Burgemeester van Vhembe, Tshitereke Matibe; asook die Uitvoerende Burgemeester van Thulamela, Grace Mahosi, en die Uitvoerende Burgemeester van Makhado, David Mutavhatsindi gespeel het.

Tydens taakspanvergaderings, het die tradisionele leiers hulle daartoe verbind om met die Regering saam te werk om die krisis op te los. Hulle het die vernietiging van eiendom en geweld veroordeel en dring aan op ’n dringende oplossing vir die situasie. Tydens hierdie vergaderings het tradisionele leiers en die taakspan die uitkomste van die vergadering met die President herbevestig en onderneem om die President in te lig oor vordering. Die ministeriële taakspan is tans besig om samesprekings met alle belanghebbendes te voer as 'n deurlopende poging deur die Regering om die situasie in Vuwani en die omliggende dorpe te normaliseer.

Die Kabinet bedank die lede van die gemeenskap en tradisionele leierskap wat ingegryp het om die oorblywende skole te beskerm en 'n omgewing vir voortgesette dialoog te skep.

Daar kan geen geldige rede wees om die sinnelose vernietiging van kritieke openbare infrastruktuur soos skole te regverdig nie. Inwoners wat skuldig is aan die afbrand van ons openbare geriewe sal met die volle mag van die wet te doen kry.

Die Kabinet herinner Suid-Afrikaners daaraan dat ons demokrasie aan alle burgers verskeie platforms bied om hul besorgdheid uit te spreek en om deur konstruktiewe betrokkenheid vriendskaplike oplossings te vind. Inwoners van hierdie distrik word aangemoedig om enige elemente wat die toekoms van ons kinders vernietig, te isoleer en hulle aan die wetstoepassingsagentskappe te rapporteer.

In 'n afsonderlike, maar verwante voorval het die Kabinet met groot kommer kennis geneem van aanhoudende geweld, ontwrigting van onderwys en die afbrand van die verkeersdepartement se fasiliteite in die Grabouw-gebied van die Wes-Kaap. Die Kabinet benadruk dat diegene wat skuldig bevind word aan kriminele aktiwiteite aan die volle mag van die wet onderwerp sal word.

4.3 Die Kabinet dra sy meegevoel oor aan die familie en vriende van diegene wat gesterf het as gevolg van die vloede in gebiede van KwaZulu-Natal. Die Regering voorsien rampbestuurdienste en verligting aan die slagoffers.

4.4 Die Kabinet herinner Suid-Afrikaners om steeds water spaarsamig te gebruik om voldoende toevoer vir toekomstige gebruik te verseker, want daar is nog gebiede in die land wat droogte ervaar.

Regeringsbystand verlig steeds die vernietigende uitwerking van die droogte deur kort-, medium- en langtermyn begrotingstoewysings om interdepartementele programme te finansier wat op die spesiale behoeftes van gebiede wat deur die droogte geraak word, en die behoefte om waterverliese in 'n kritieke voorsieningsnetwerke, reageer.

Die Regering het 'n inter-ministeriële taakspan oor dienslewering aangestel, met verteenwoordiging vanuit verskillende sektore. As deel van die versagtende maatreëls om die gevolge van die droogte te verreken, is die reëls rakende dambedryfstelsels van toepassing op 35 damme en vier stelsels waar beperkings tans ingestel is met betrekking tot die waterbron (verpligte beperkings op plaaslike en landbougebruik).

Om die uitwerking van die droogte op watergebruikers te versag, het die Departement van Water en Sanitasie meer as R500 miljoen aan nood- en korttermyntussenkomste in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes, die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap bestee. Die medium- tot langtermyningrypings is daarop gemik om te verseker dat ons beter bestand is teen klimaatsverandering, wat die risiko's vir toekomstige droogtes verminder.

Die benadering wat deur die Regering gebruik word om die droogte en grondagteruitgang die hoof te bied, fasiliteer samehangende en geïntegreerde inter-regeringsreaksies, naamlik die Landcare-program, Werk vir Water, Werk op Vuur en Werk vir Vleilande, wat tot werkskepping, voedselsekuriteit, vaardigheidsontwikkeling, bewaring, grondrehabilitasie en herstel, sowel as landelike ontwikkeling bydra. Die koms van die huidige droogte noodsaak die gebruik van tegnologie wat veerkragtigheid bevorder.

As sodanig het Suid-Afrika in 2015 die gebruik van droogtebestande geneties gemodifiseerde mielies goedgekeur om aandag te gee aan die kwessie van voedselsekuriteit. Ons verbeter ook innoverende ontwerpe en tegnologieë wat nodig is vir die herstel van geaffekteerde gebiede om grondagteruitgang te stuit en grondproduktiwiteit in stand te hou.

As deel van hierdie geïntegreerde benadering het Suid-Afrika hom verbind tot ’n vennootskap met die Verenigde Nasies se Konvensie om Verwoestyning te Bekamp se Globale teiken-ondersteuningsprogram en om 'n begunstigde van die program te word. Deur hierdie tussenkomste sluit ons aan by die wêreldwye implementering van nasionale vrywillige teikens as deel van die bereiking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte. Die sleutelbeginsel van grondagteruitgangneutraliteit bevestig die rol van plaaslike gemeenskappe in die ontwerp- en implementeringsmaatreëls om grondagteruitgang te stuit en om te keer.

Die Strategie vir Aanpassing by Klimaatsverandering wat onlangs beslis is, identifiseer prioriteistussenkomste en harmonieer belangrike sektorale aanpassinsplanne vir water, landbou, biodiversiteit, gesondheid, menslike nedersettings, en ramprisikovermindering in 'n omvattende Nasionale Aanpassingplan. Die verwydering van indringerspesies deur die Werk-vir-Water-program uit besmette opvanggebied en waterlope dra by tot beter waterkwaliteit en-kwantiteit.

4.5 Die Kabinet het met kommer kennis geneem van die staking by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) waarvan die gevolge ’n uitwerking het op sy herposisionering om 'n beter diens aan Suid-Afrikaners te lewer.

Die Regering, deur die Departement van Telekommunikasie en Posdienste werk daaraan om die kwelpunte by SAPO die hoof te bied om stabiliteit te bring en die situasie om te keer. Verlede Augustus het die Departement 'n nuwe raad en uitvoerende hoof aangestel en die bestuur versterk om die bedrywighede te lei en SAPO te stabiliseer. SAPO se finansiële stabiliteit is steeds die hoogste prioriteit.

SAPO bly 'n strategiese entiteit as ’n verlenging van die Regering, asook vir e-handel en finansiële dienste aan Suid-Afrikaners deur sy ongeveer 2 448 afsetpunte. Ons is bemoedig dat die bestuur en leiers van die georganiseerde werkers verbind is tot onderhandelinge as 'n manier om hul verskille op te los.

4.3. Die Kabinet dra sy gelukwense oor aan die Suid-Afrikaanse span van leerders (Liam Baker, Dylan Nelson, SangEun Lee, Ralph McDougall, Timothy Schlesinger, Hannah Clayton, Rauseenah Upadhey, en Mpho Nkwana) vir hul oorwinning in die 24ste Pan Afrika Wiskunde Olimpiade in Senegal. Lee, 17, is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar as Afrika se Koningin van Wiskunde in die kompetisie vir meisies aangewys.

Navrae:
Donald Liphoko
Kontal: 082 901 0766

Share this page

Similar categories to explore