Aansoek om n televisielisensie (TV-lisensie)

Indien jy ’n televisiestel besit, moet jy te alle tye ’n geldige, opbetaalde televisielisensie hê. Jy kan om ’n TV-lisensie aansoek doen by jou naaste poskantoor of by ’n handelaar wat gemagtig is om nuwe TV-lisensies uit te reik. Wanneer jy die eerste keer om ’n TV-lisensie aansoek doen, moet jy die volle jaarlikse fooi betaal.

Vind meer uit oor TV-lisensies by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) of skakel die SAUK by 011 330 9555.

 

Share this page