Aansoek om ’n nuwe posafleweringsdiens

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Beskrywing

Hierdie diens stel die publiek in staat om aansoek te doen om ’n nuwe posafleweringsdiens wat jaarliks van 1 Januarie tot 31 Desember geldig sal wees en voor Desember betaalbaar is.

  • Vul die aansoekvorm vir ’n nuwe posdiens in as jy ’n nuwe aansoek vir enige van die volgende dienste indien:
    • posbusse (eerste en tweede posadresse)
    • privaatsakke.
Let wel: Aansoekvorms wat per pos gestuur word, sal nie aanvaar word nie.
  • Slegs geregistreerde eienaars of geregistreerde huurders wat in gebiede woon waar dit onmoontlik is om ‘n straatafleweringsdiens te lewer, soos op plase of plotte, en in landelike en ontwikkelende gebiede, is geregtig op een gratis posbus by die naaste posversamelpunt of poskantoor soos deur die poskantoorafbakenings bepaal is. Bewys van eienaarskap of bewoning moet verskaf word.
  • Die poskantoor het die reg om die inligting op die aansoek te kontroleer.
  • Inligting oor verdere voorwaardes is by enige poskantoor of op die Poskantoor se webwerf te kry.

Stappe om te volg

  • Vra ’n kassier by jou naaste poskantoor vir ‘n aansoekvorm.
  • Jy kan ook ’n aansoekvorm op die Poskantoor se webwerf kry .
  • Vul die aansoekvorm in.
  • Gee ’n kopie van jou identiteitsdokument, of enige ander bewys van identiteit, soos ’n paspoort of rybewys, saam met jou aansoek by ’n kassier in jou naaste poskantoor in.

Diensstandaard

Tien tot 15 minute, afhangende van hoe besig die betrokke poskantoortak is.

Koste

Die tariewe is beskikbaar op die Poskantoor se webwerf.

Vorms om in te vul

Aansoekvorms is by alle poskantore landwyd verkrygbaar, of kan afgelaai word van die Poskantoor se webwerf.

Kontakbesonderhede

 

E-mail: customer.services@postoffice.co.za
Tel: 0860 111 502 

Share this page