Ondersteuning tydens dood in die buiteland

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking voorsien, in samewerking met die diplomatieke of konsulêre sendings in die buiteland, logistieke hulp en advies aan die naasbestaandes wanneer ‘n Suid-Afrikaanse burger in die buiteland sterf. 

Die bystand sluit in:

  • die verkryging van 'n permit vir die invoer van stoflike oorskot van die Departement van Gesondheid
  • om familielede in kontak te plaas met betroubare ondernemers in die land waar die sterfte plaasgevind het
  • die verkryging van kwotasies vir die vervoer van die stoflike oorskot en / of verassing en / of plaaslike begrafnis op versoek van die naasbestaandes
  • die verskaffing van inligting oor plaaslike omstandighede en prosedures rakende die oorledene. Daar moet in gedagte gehou word dat die omstandighede van die sterfte 'n invloed kan hê op hoe die plaaslike owerhede die geval hanteer

Indien die oorledene reisversekering gehad het, moet die versekeraar gekontak word om vas te stel of die oorledene gedek is in die geval van dood.  Die Suid-Afrikaanse regering verleen geen finansiële hulp met betrekking tot die dood van Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland nie.

Lees meer oor hulpverlening wanneer ‘n Suid-Afrikaner in die buiteland sterf.  Jy kan ook die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die buiteland kontak of die Departement van Gesondheid by telefoonnommer 012 395 8000.

 

Share this page