Doen aansoek om finansiële bystand van NSFAS

Benodig jy finansiële bystand om aan ’n tersiêre instelling te studeer? Doen aansoek om ’n beurs van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS).

NSFAS is ’n beursskema wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding befonds word vir diegene wat nie oor die finansiële middele beskik om self vir hul studie te betaal nie en nie toegang kan verkry tot bankbefondsing, studielenings of beurse nie.

Doen aanlyn aansoek. Aansoeke is vir ’n beperkte tyd aan die einde van elke jaaroop. Indien jy hulp benodig, skakel die tolvrye nommer 08000 67327 of besoek jou naaste Kantoor van die Nasionale Jeugagentskap.

Let wel:

NSFAS se finansiële bystand was voorheen in die vorm van lenings en moet steeds terugbetaal word wanneer jy ná voltooiing van jou studie begin werk. Indien jy al jou vakke geslaag het, word 40% van die NSFAS-befondsing vir daardie betrokke jaar/semester in ’n beurs omgeskakel. Dit beteken dat jy slegs 60% van die lening moet terugbetaal wanneer jy begin werk.

Vir verdere inligting, kontak: Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente.

Share this page