Doen aansoek om 'n visum

Indien jy Suid-Afrika wil besoek moet jy ‘n geldige visum hê voordat jy die land sal kan binnekom.  ‘n Visum sal uitgereik word vir 'n besoek vir toerisme of besigheidsdoeleindes en is geldig vir ‘n tydperk van 90 dae.

Sekere lande is vrygestel van visumbeheer, wat beteken dat burgers van dié lande nie ‘n visum nodig het om Suid-Afrika te besoek nie.

Visums word nie uitgereik by Suid-Afrikaanse grensposte nie en amptenare van lugrederye sal aandring op visums voor passeriers aan boord toegelaat word. Indien jy sou arriveer sonder ‘n visum, sal immigrasiebeamptes verplig wees om jou op ‘n vlug te sit terug na jou land van oorsprong.

Afhangende van jou beoogde besoek, kan jy aansoek doen vir ‘n besoekersvisum of ‘n transitovisum.

Vind meer uit oor:

of kontak die Departement van Binnelandse Sake.

 

Share this page