Aansoek om internasionale maatskaplike diens

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor internasionale maatskaplike dienste

Indien jy, of ‘n buitelander van wie jy weet, persoonlike of maatskaplike probleme ondervind in Suid-Afrika, kan jy by jou naaste maatskaplike werker se kantoor aansoek doen vir interlandelike bystand.
 
Interlandelike bystand word gebied aan buitelanders wat persoonlike of maatskaplike probleme ondervind as gevolg van internasionale migrasie of verplasing. Die Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling verleen interlandelike maatskaplike dienste in samewerking met die Internasionale Maatskaplike Dienste (IMD).

Die IMD is ‘n internasionale organisasie sonder winsmotief, wat spesifiek toegespits is op kwesbare uitgeweke kinders. Die organisasie is bedrywig in ongeveer 140 lande deur middel van ‘n netwerk van nasionale takke, maatskaplike werkers, geaffilieerde buro’s en korrespondente.

Wat om te doen

  1. Indien jy in Suid-Afrika woon:
    • Doen aansoek by die kantoor van jou naaste maatskaplike werker.
    • Stel ‘n geval-opsomming op ooreenkomstig die formaat wat deur die IMD voorgeskryf word. Dieopsomming moet die omstandighede en die versoek vir die dienste benodig van die buiteland uiteensit.
    • Die voltooide opsomming moet gestuur word aan die provinsiale verteenwoordiger van die IMD by die hoofkantoor van die provinsiale departement vir maatskaplike ontwikkeling.
    • Die provinsiale verteenwoordiger sal vervolgens jou versoek stuur aan die Internasionale Maatskaplike Diens van Suid-Afrika (IMDSA) wat binne die nasionale Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling val. 
  2. Indien jy buite Suid-Afrika woon:          
  • Doen aansoek by die IMD-geaffilieerde buro of korrespondent in die oorsese land waar jy jou bevind.
  • Die buro sal jou versoek na IMDSA (ISS SA) aanstuur.

Tydsduur

  • Die provinsiale departement vir maatskaplike ontwikkeling hanteer versoeke by ontvangs. By ontvangs van ‘n verwysing van ‘n provinsiale departement, sal die IMDSA die versoek vir dienste verwys na die IMD se geaffilieerdeerde buro of korrespondent in die buiteland. Hulle respons sal afhang van hul plaaslike omstandighede.
  • Wanneer hulle ‘n verwysing uit die buiteland ontvang, verwys IMDSA die saak na die plaaslike provinsiale verteenwoordiger wat met ‘n plaaslike maatskaplike werker sal reël om die  saak te ondersoek en ‘n verslag te verskaf aan die provinsiale departement. Sodra dit ontvang is, word die verslag aan die IMDSA gestuur, wat die verslag sal bestudeer en saam met kommentaar, vrae en/of navrae na die belanghebbers sal aanstuur.
  • Die vlak van diensgehalte word verseker deur die plaaslike en provinsiale maatskaplike werkers asook deur die maatskaplike werker by die kantoor van IMDSA wat verantwoordelik is vir die saak. Regeringsamptenare volg die protokolprosedures soos voorgeskryf deur IMD: Algemene Sekretariaat.

Hoeveel kos dit

Die dienste is gratis in Suid-Afrika, maar in sommige lande mag daar van jou vereis word om vir sekere dienste te betaal. Hierdie fooie mag van land tot land verskil.

Vorms om in te vul

Daar is geen vorms om in te vul nie.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

 

International Social Services of South Africa
Tel 012 312 7790/ 012 312 7591
Fax 012 323 3733
City/town Pretoria
Province Gauteng
Physical address 7th Floor, HSRC Building, 134 Pretorius Street, Pretoria, 0001
Postal address The Director, International Social Services of South Africa, Private Bag X901, 0001
Web address https://www.dsd.gov.za/

 

Share this page