Bystandstoelae

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die bystandstoelae

Kan jy nie na jouself omsien nie al ontvang jy reeds ’n maatskaplike toelae? Jy kan ’n bykomende toelae ontvang om die persoon te betaal wat voltyds na jou omsien. 

Hoe weet jy of jy kwalifiseer?

Jy moet: 

  • reeds ’n ongeskiktheidstoelae, oorlogsveteraantoelae of toelae vir ouer persone ontvang
  • nie in staat wees om na jouself om te sien nie weens fisiese of geestelike gebreke, en dus voltydse sorg van iemand anders benodig
  • nie in ’n instansie versorg word wat ’n subsidie van die regering ontvang vir jou sorg of behuising nie.

Hoeveel sal jy kry?

Die bedrag  sal kry, is R500 per maand.

Hoe sal jy betaal word?

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) sal die toelae aan jou betaal op een van die volgende maniere:

  • kontant by ’n spesifieke betaalpunt op ’n spesifieke dag
  • elektroniese deposito na jou bank- of Posbank-rekening (die bank mag ’n fooi hef vir die diens)
  • instansies wat as administrateur van die toelae optree (bv. welsynsorganisasies).

Die toelae sal saam met jou ander maatskaplike toelae betaal word.

Nota: Indien jy nie self die geld kan afhaal nie, kan jy ’n gevolmagtigde by die SASSA-kantoor aanstel, of aan iemand volmag gee om die toelae namens jou af te haal.

Wanneer kan die toelae hersien word?

Jou toelae kan hersien word wanneer die maatskaplike toelae waaraan dit verbind is, hersien word.

Wat om te doen

  • Gaan na jou naaste kantoor van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) en neem die volgende saam:
    • jou 13-syfer- staafkode identiteitsdokument (ID)
    • bewys van jou huwelikstatus en jou eggenoot se ID, waar van toepassing
    • mediese verslag of asseseringsverslag (nie ouer as drie maande nie) wat aandui dat jy voltydse sorg benodig.

Let wel: Indien jy te oud of te siek is om na die kantoor toe te gaan om aansoek te doen, kan ’n familielid of vriend namens jou aansoek doen. Die persoon moet ’n brief van jou en/of ’n doktersbrief te neem wat aandui hoekom jy nie self die kantoor kan besoek nie.

  • Voltooi die aansoekvorm in die teenwoordigheid van die SASSA-amptenaar (let daarop dat slegs jy, as aansoeker, of ’n SASSA-amptenaar die aansoekvorm kan voltooi).
  • Jy sal ’n kwitansie ontvang. Hou dit as bewys dat jy aansoek gedoen het.

Wat as jou aansoek nie goedgekeur word nie?

Indien jou toelae nie goedgekeur word nie, sal SASSA jou in kennis stel dat die aansoek nie suksesvol was nie.

Indien jy nie met die besluit saamstem nie, kan jy appèl aanteken by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Jy moet binne 90 dae vanaf kennisgewing dat die aansoek onsuksesvol was, appèl aanteken

Tydsduur

  • Dit kan tot drie maande neem om ’n aansoek te verwerk.
  • Indien jou toelae goedgekeur word, sal jy betaal word vanaf die datum waarop die aansoek ingedien is.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Die aansoekvorm is nie aanlyn beskikbaar nie, maar jy kan dit by jou naaste kantoor van maatskaplike sekerheid (SASSA) kry.

Wie om te kontak

Die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA)

 

SASSA Toll free: 0800 60 10 11
Email:  GrantEnquiries@sassa.gov.za  

Share this page