Aansoek om toelating tot ouetehuis

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede  

 

 

Beskrywing

Hierdie diens is vir ouer mense wat 24-huur versorging in 'n ouetehuis benodig.

Wie kan aansoek doen?

  • Ouer mense wat voltydse aandag in 'n ouetehuis benodig.
  • Mense wat 'n ouderdomstoelaag ontvang.
  • Vroue wat 60 jaar of ouer is en mans wat 65 jaar of ouer is.

Stappe om uit te voer

  1. Toon u Suid-Afrikaanse identiteitsdokument. 
  2. U sal 'n keuringstoets ondergaan om vas te stel of u vir toelating en 'n subsidie kwalifiseer.
  3. Indien u aansoek suksesvol is, is die vereiste dat u met u toelating 'n ooreenkoms met die ouetehuis moet onderteken.
  4. Indien u aansoek nie goedgekeur word nie, kan u binne 90 dae 'n appél aan die minister van maatskaplike ontwikkeling of lid van die uitvoerende raad (LUR) rig.

Diensstandaard

Dit kan 35 dae neem om u aansoek te prosedeer. Die tydsraamwerk hang af van die hoeveelheid mense op die waglys.

Koste

Die koste word deur die ouetehuis vasgestel.

Vorms om in te vul

'n Keuringsvorm vir kwalifiseringsdoeleindes of vorm DQ 98 is by ouetehuise beskikbaar.

Kontakbesonderhede

Share this page