Registreer as gemeenskapgebaseerde sorgverskaffer vir ouer persone

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie as  gemeenskapgebaseerde sorgverskaffer vir ouer persone

Indien jy ‘n gemeenskapgebaseerde sorg- en ondersteuningsdiens aan ouer persone wil bied in ‘n gebied die naaste aan waar hulle woon, kan jy ‘n aansoek rig aan die Direkteur-generaal by jou naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Gemeenskapgebaseerde sorg verseker dat ouer persone vir so lank as moontlik versorging en ondersteuning in die gemak van hulle eie huise binne die gemeenskap kry.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor.
  2. Voltooi Vorm 2.
  3. Dien die volgende in:
    • sakeplan van die organisasie en lys van dienste wat deur die organisasie gelewer word
    • name en gesertifiseerde afskrifte van die ID’s van lede van die organisasie
    • konstitusie van die organisasie
    • nie-winsgewende organisasie (NWO)-registrasiesertifikaat, indien geregistreer as ‘n NWO
    • geouditeurde finansiële state vir ten minste ses maande
    • name en kontakbesonderhde van ouditeure
    • agtergrondinligting oor vorige finansiële toekennings
    • verwysings en kontakbesonderhede van persone/organisasies wat die aansoek ondersteun
    • alle bronne van befondsing/inkomste
    • register van lys van begunstigdes
    • register van die name van personeellede wat die dienste verskaf.
  4. ‘n Maatskaplike werker sal ‘n besoek aflê om te verseker dat jy voldoen aan die verwagting dat jou organisasie in lyn met nasionale norme en standaarde bestuur word
  5. Indien jy aan die vereistes voldoen, sal ‘n registrasiesertifikaat – Vorm 3 – aan jou uitgereik word.
  6. Indien jy geregistreer is en jy versuim om aan die nasionale norme en standaarde te voldoen, kan die Direkteur-generaal enige tyd na ‘n maand kennis aan jou organisasie en ontvangers van jou dienste, jou organisasie termineer en deregistreer.

Neem asseblief kennis: Alle geregistreerde gemeenskapgebaseerde sorg- en ondersteuningsdienste word jaarliks gemonitor en geëvalueer om voortdurende voldoening aan nasionale norme en standaarde te verseker.

Tydsduur

Dit kan tot vyf dae duur om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Daar is geen koste nie.

Vorms om in te vul

Alle vorms is beskikbaar by jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor.

Wie om te kontak

 

Share this page