Sluit 'n residensiële fasiliteit vir ouer persone

Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Meer oor die sluiting van ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone

Wil jy ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone sluit en jou registrasiesertifikaat kanselleer? Jy moet die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en die inwoners binne 90 dae  na jou besluit in kennis stel van jou voorneme om die residensiële fasiliteit te sluit.

Die residensiële fasiliteit moet verseker dat behoorlike berading aan die ouer persone gebied word voor die residensiële fasiliteit toemaak.

Jy moet geskikte akkommodasie vir die ouer persone by ‘n ander geregistreerde residensiële vind en die registrasiesertifikaat aan jou naaste kantoor van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling terugbesorg. 

Wat om te doen

  1. Voltooi aansoekvorm 12 by jou naaste kantoor van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.
  2. Nadat jy jou aansoek ingedien het sal jy as bewys van jou aansoek ‘n erkenningsvorm (vorm 13) kry.
  3. Die Departement moet die geïdentifiseerde alternatiewe akkommodasie  waarheen die ouer persone oorgeplaas sal word, assesseer.
  4. Jy moet ‘n verslag by die Departement indien waarin jy die stappe uiteensit wat jy geneem het om alternatiewe akkommodasie vir die ouer persone te vind.

Tydsduur

Daar is geen diensstandaard nie.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Aansoekvorms is beskikbaar by jou naaste kantoor van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

  • Vorm 12: Kennisgewing van voorneme om ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone te sluit
  • Vorm 13: Erkenningsvorms

Wie om te kontak

 

Share this page